10 Kosdrange Wat Gevaarlik vir Jou Dieët is

Cravings That Kill Your Diet

Kosdrange is ‘n dieët se grootste vyand.

Soms is jy net lus om ‘n hap van ‘n sappige burger te vat. Of om pizza te eet terwyl jy op die bank sit en fliek kyk. Of om ‘n stuk romerige sjokolade in jou mond te laat wegsmelt.

Wat is die algemeenste kosdrange? En wat kan ek in plaas daarvan eet?

  1. Roomys:

Roomys is ‘n klassieke slaggat in enige dieët – op flieks en in die regte lewe. ‘n Enkel porsie roomys bevat omtrent 230 kalorieë. En wie stop na net een porsie?

Eet Eerder: Bevrore joghurt bevat minder vet en die helfte van die kalorieë. En deesdae kry ‘n mens ‘n onbeperkte klomp keuses van geure!

  1. Aartappelskyfies:

Hierdie kan ‘n absolute pes wees. As jy eers een geëet het, kan jy nie jou hand uit die pak hou nie. ‘n Klein pakkie aartappelskyfies bevat meer as 150 kalorieë. Dit kan regtig ‘n probleem word as jy jou gunstelingprogram op TV kyk terwyl jy weglê aan ‘n pak skyfies en ‘n bakkie doopsous.

Eet Eerder: Seldery of wortelstokkies. Hummus of avokado maak heerlike doopsouse en dit is die beste gesonde alternatief vir TV-kyk peuselhappies. 

  1. Sjokolade:

Mans wys dalk vinger en sê dat vroue daaraan skuldig is om groot hoeveelhede sjokolade in te prop om hul drange in toom te hou. Maar ons weet dat hierdie mans in die geheim ook nou en dan weglê aan ‘n stafie soet, romerige sjokoladegenot.

Eet Eerder: Donker sjokolade. Dit is ‘n eenvoudige bederfie. Maak seker dit bevat ten minste 60% kakao – hoe meer, hoe beter. Hou ook by 1-3 klein blokkies per dag.

Verslaaf aan suiker? Oorkom dit in 6 eenvoudige stappe

  1. Fliek Springmielies:

Springmielies wat sonder olie gemaak word, is ‘n gesonde peuselhappie wat min kalorieë bevat. Die springmielies wat by die fliekteaters verkoop word, is egter alles behalwe gesond. Dit word in ongesonde olie en botter gespring. ‘n Groot houer fliek springmielies bevat nagenoeg 1000 kalorieë.

Eet Eerder: Soos reeds genoem, is springmielies wat sonder olie gemaak word, ‘n wonderlike peuselhappie. Gebruik natuurlike kruie en speserye vir geur.

  1. Pizza:

Ons hou almal van goeie Italiaanse pizza. Maar pizza voeg baie kalorieë by ons dieët. ‘n Sny pizza bevat tussen 250 – 350 kalorieë of selfs meer – hang af van wat jy alles daarop sit.

Eet Eerder: Maak jou eie pizza deur ‘n volgraan basis te maak. Sit dan gesonde groente en ‘n bietjie vleis bo-op, asook ‘n bietjie laevet kaas.

  1. Pasta:

Nog ‘n gunsteling van Italiaanse oorsprong is ‘n groot bak ryk, romerige pasta. Hoewel baie pastasouse taamlik ongesond is, is die grootste probleem egter die feit dat ons dit bo-op ‘n groot hoop verfynde pasta skep. Die koolhidrate hierin sal jou kalorie-telling die hoogte laat inskiet.

Eet Eerder: Volgraan pasta en sous met ‘n groente-basis.

Eet die 3 Tipes Groente vir Maklike Gewigsverlies

  1. Slaptjips:

Dit kan baie moeilik wees om kos by ‘n restaurant te bestel en te sê dat jy nie slaptjips daarmee saam wil hê nie. Slaptjips bevat egter genoeg kalorieë om ‘n hele ete op sy eie te wees.

Eet Eerder: Probeer om soet te wees en (indien dit ‘n opsie is) eerder slaai of vrugte te bestel as bykos.

  1. Gesoute en Geroosterde Neute:

Dit is belangrik om te onthou dat nie alle neute goeie neute is nie. Neute wat gesout en gerooster is, kan baie vinnig die kalorieë laat saampak. En, soos met aartappelskyfies, kan dit moeilik wees om op te hou eet as jy eers begin het.

Eet Eerder: Rou amandels, okkerneute en pekanneute is baie gesonder, maar bevat steeds baie kalorieë, so hou dit in gedagte.

  1. Koffie:

Koffie self bevat min kalorieë. Die probleem is egter die suiker, volroommelk, room of selfs geklopte room wat ons by ons boeretroos voeg. Nadat jy dit alles bygevoeg het, sit jy dalk met ‘n koppie wat omtrent 400 kalorieë bevat. En dit maak jou nie eers versadig nie.

Eet Eerder: Die beste opsie is om koffie sonder melk of suiker te drink. As dit vir jou te drasties is, kies dan laevet melk of sojamelk en bly steeds weg van die suiker.

  1. Die 3-uur Peusel-aanval:

As jy gewoonlik smiddae lus is om iets by die kiosk te gaan koop, ervaar jy heel moontlik ‘n daling in bloedsuiker tussen etes. Ongelukkig is ‘n pakkie sjokoladekoekies net ‘n korttermyn oplossing – met boonop baie kaloreë.

Eet Eerder: Eet peuselhappies wat ‘n proteïen met heelgraan kombineer, soos ‘n laevet kaas op heelgraan kraakbeskuitjies. Gesonde peuselhappies kan kosdrange in bedwang hou en help dat jy by jou dieët hou.

Hoeveel gewig moet ek per week verloor?

So wat kan ek doen om kosdrange te keer?

  1. Eet Gesonde Peuselhappies

Kosdrange vind gewoonlik tussen etes plaas wanneer jy begin honger word. Om klein, gesonde peuselhappies tussen etes te eet kan die drange help verminder. Maak seker dat jou peuselhappies nie meer as 200 kalorieë bevat nie. 

Goeie opsies is vars vrugte, ‘n hardgekookte eier of vars groente soos baba ertjies.

  1. Gaan Stap ‘n Ent

Dit is algemene kennis wat jy genoeg oefening moet inkry saam met ‘n gesonde dieët as jy jou figuur wil behou. Wat meeste mense egter nie weet nie, is dat ‘n kort entjie se stap (10-15 minute) jou kosdrange kan help wegneem. Maak net seker jy stap nie verby die lekkergoedmasjien nie!

  1. Lae-koolhidraat Dieët

Hoewel baie mense skepties oor lae-koolhidraat diëte is en daarna verwys as ‘n “foefie”, het studies egter al bewys dat mense wat so ‘n dieët al vir 1 – 2 jaar volg, wel baie minder kosdrange het as ooit vantevore. Dit sluit ‘n lus vir soetgoed en koolhidrate sowel as vetterige kosse in.

 

13 Wenke oor Hoe om die Regte Koolhidrate te Kies

  1. Die Manna Oplossing

As jy sukkel met kosdrange, probeer die Manna Diet. As jy probleme met vertering het, soos opgeblasenheid, winderigheid of hardlywigheid, kan dit ‘n teken wees dat jy jou verteringsgesondheid moet aanspreek. Dit sal ook help om kosdrange hok te slaan. Die Manna GUT Support kan help om die gesonde bakterieë in jou verteringskanaal te herstel en jou dus van binne af gesond te maak en kosdrange op die langtermyn te stop.

Gebruik ook die Manna Shake om maklik en vinnig gewig te verloor op ‘n gesonde manier. Manna Shake is geformuleer om jou toe te laat om ‘n ete oor te slaan sonder om die nodige voeding en energie te verloor. Dit help ook om jou bloedsuikervlakke te beheer.

Voordele van die Manna Shake

  • Hoog in vesel
  • Lae GI
  • Stop kosdrange
  • Hoë Voedingswaarde wat beskou word as ‘n maaltydvervanging
  • Die enigste shake wat essensiële suikers bevat (“Glyco-Nutrients”)
  • Cholesterol vry
  • Glutenvry
  • Verskaf energie, sonder om jou vet te maak
  • Help om bloedsuikervlakke te beheer
  • Organiese en natuurlike

Kyk wat ons kliënte sê oor ons NUWE Manna Shake

“I’ve tried it with water, milk, yogurt, and muesli and it comes out on top every time! The flavour is great, with no after taste. And I like the consistency of the powder in the container. It seems soft and the particles are separate, less likely to congeal.” – Paul von Wildenrath

“Thank you for the new Manna Shake in Strawberry, I received yesterday!!  I had it for lunch and I was so happy that the flavour and texture as probably even better than the old Strawberry product!!  I will definitely be ordering this again!!  I will also tell my friends how Manna listened to their customers and resolved an issue.” – Marge

“I just had the new Chocolate shake with milk instead of yogurt… absolutely delicious!” – Joan

Koop Nou Button Large

Manna-Shake-2017-afrikaans

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>