10 Nee’s Vir Dieët!

10 Nee’s Vir Dieët!

Ons almal weet dat ons moet oefen en gesond eet as ons gewig wil verloor, maar wat van die dinge wat ons nie moet doen nie? Hier is 10 van die grootste dieët-hindernisse…

Vertrou op Kitsdiëte

Deur te glo dat jy ‘n kortpad vir gewigsverlies gevind het, is een van die ergste dinge wat jy kan doen. Jy kan miskien baie gewig binne ‘n paar dae of weke verloor, maar kitsdiëte kan gevaarlik wees vir jou gesondheid. Wat meer is, die gewig wat jy met ‘n kitsdieët verloor, word gewoonlik baie vinnig weer aangesit, omdat kitsdiëte nie ‘n volhoubare manier is om jou doelgewig te bereik nie.

Slaan Ontbyt Oor

Soos die gesegde lui, is ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag. Hoewel jy dalk mag dink dat dit ‘n maklike manier is om kalorieë uit te sny, sal jy eerder later in die dag so honger wees dat jy jou ooreet.

Tel nie Peuselhappie-kalorieë nie

Jy is dalk baie ywerig wanneer dit kom by maaltyd-kalorieë tel, maar jy vergeet van die kalorieë in jou peuselhappies en drinkgoed. Saam kan dit net genoeg wees om te keer dat jy gewig verloor.

Peusel Gladnie Tussen-in Nie

Hoewel gedurige tussen-in etery nadelig kan wees vir gewigsverlies, kan dit net so sleg vir jou wees as jy glad nie tussen-in peusel nie. Gesonde peuselhappies tussen etes kan help om jou metabolisme aan die gang te hou. Dit kan ook verhoed dat jy etenstye ooreet omdat daar té lang tye tussen etes is.

Slaan oor na Lae-Vet

Dit is belangrik om te weet dat lae-vet nie dieselfde as lae-kalorie is nie. Dit is nie ‘n vrypas om ‘n ekstra porsie te eet nie en jy moet seker maak dat jy noukeurig tred hou met wat jy eet.

Drink Té Veel Kalorieë

Ons vergeet soms dat daar kalorieë in ‘cocktails’, bier, wyn, energiedrankies en koeldrank is. Dit word “leë kalorieë” genoem omdat dit nie enige voedingswaarde het nie, maar jou daaglikse kalorie-telling opstoot.

Drink nie Genoeg Water Nie

Dit is ‘n fout wat maklik reggestel kan word, en jy moet probeer om te hou by die goue reël om 8 glase water per dag te drink.

Sny Suiwel Uit

Baie mense dink dat suiwel sleg vir jou is omdat dit vet bevat, maar dit is in der waarheid goeie vette wat jou eintlik kan help gewig verloor. Suiwel het ook baie ander gesondheidsvoordele, omdat dit hoog is in kalsium.

Té vinnig, té gereeld

Kitskos-restaurante kan jou ondergang wees. Ja, dit is gerieflik. Ja, jy is moeg na werk. Maar is dit dit werd? Kitskos bevat baie kalorieë en kan nadelig wees vir jou dieët. As jy jouself wel in ‘n kitskos-restaurant bevind, kies die gesonder opsies soos geroosterde hoender en slaai – geen skyfies nie! Maar die beste is om dit heeltemal te vermy, omdat jy dalk in die versoeking kan kom as jy die watertand-prentjies op die spyskaart sien!

Stel Belaglike Mikpunte

Moenie vir jouself sê jy wil 10 kilogram in ‘n week verloor nie – dit gaan nooit gebeur nie. Dit gaan net jou moed breek en jy gaan teleurgesteld wees. ‘n Realistiese mikpunt is ongeveer 1 – 2 kilogram per week, en met die regte dieët en oefening kan dit bereik word.

As jy gewig wil verloor, volg die Manna Diet in hierdie gratis e-boek. Hierdie program is alles oor Lae GI. As jy die Manna Blood Sugar Support kapsules saam met elke ete neem, sal dit help om jou bloedsuikervlakke en kosdrange te beheer, want hierdie produk verminder die Glukemiese Indeks van alles wat jy eet met tot 43%.

Blood-Sugar-Support-Afrikaans-2017

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>