12 Dieet Foute! (EN hoe om dit te voorkom)

12-dieet-foute-en-hoe-om-dit-te-voorkom

Eenvoudige dieet foute kan jou BESTE probeer in die wiele ry, en jou weerhou om  weer in jou gunsteling jeans te pas!

Indien jy dink die skaal haak vas, of wanneer jy net weer vinnig gewig optel is daar ‘n kans dat jy een van die volgende foute maak:

1. Maak jy staat op kits diëte “crash diets”?

Jy is vasbeslote om vinnig 10kg te verloor, jy gaan op ‘n kits dieet! Dalk mag jy net pomelo eet of kool sop elke dag drink? Jy sny jou daaglikse kalorie inname tot minder as ‘n 1000, en JA die kilogramme smelt weg. Maar soos jy minder eet leer jy jou metabolisme om ook stadiger te werk, hoe dan anders want jou lyf kry dan so min kalorieë in.  Wanneer jy klaar is met die “crash diet” verbrand jou liggaam kalorieë stadiger, en jy tel net weer die kilogramme op!

Leer hoe jy vinnig maar veilig kan gewig verloor…

2. Ek eet nie ontbyt nie!

Dit mag dalk klink na ‘n maklike manier om kalorieë te vermy, maar dit is nie.  Dink net hoe honger voel jy die res van die dag indien jy NIE ontbyt geëet het nie? Hier by 10 uur se kant raak jy lus, jy is nie net lus nie maar ook honger en jy soek iets vinnig en heel waarskynlik nie gesond om aan te peusel nie! Jy hou uit tot middagete, en dan laat waai jy, jy skep sommer ‘n groot bord kos op, jy HET mos nie vanoggend geëet nie . . . jy laai jou bord met te veel kalorieë!

‘n Ontbyt wat genoeg proteïne bevat en genoegsame vesel kan jou honger verhoed reg deur die dag. Navorsing het bewys dat mense wat elke oggend ontbyt eet meer geneig is om ‘n gesonde gewig te behou.

3. Hoeveel peusel jy? Waaraan peusel jy?

Jy mag dalk kalorieë tel met elke ete, maar wat van al daardie knibbel tussenin? Daardie sakkie pretzels in jou lessenaar se boonste laai, daardie pakkie chips? ‘n Snytjie koek by die kantoor verjaardagpartytjie, ‘n proe aan jou seuntjie se roomys? as jy al hierdie peusel se kalorieë optel kan jou goeie eetgewoontes kelder. Indien jy ernstig is oor kalorieë tel is dit wys om liewer neer te skryf presies wat jy alles eet.  Jy sal verbaas wees hoeveel jy regtig eet!

Oorwin die “cravings” met Manna Blood Sugar Support en verloor maklik gewig! Leer meer…

4. Glad nie peusel nie?

Alhoewel peusel sonder om te dink jou middel lyf kan laat uitsit is “beplande peusel” ‘n goeie begin om dit kleiner te maak. Mense wat ‘n paar kleiner maaltye eet kan hul honger beter beheer en ook sodoende gewig verloor. Peusel sorg dat jou metabolisme aan die gang bly, en veral wanneer die peuselkos reik is aan proteïne. Neute is ‘n goeie hoë proteïen keuse, en studies het bewys dat mense wat aan neute peusel beter vaar met gewig as die wat dit nie doen nie.

5. Wat van lae vet kos?

Hierdie kos kan ‘n belangrike rol speel in jou dieet, maar onthou dit is nie ‘n verskoning om ‘n tweede en derde porsie daarvan te neem nie.  Indien jy jou bordjie stapel met lae vet koek, mag jy dalk meer kalorieë inneem as wat jy nodig het.  Eet ‘n kleiner snytjie koek.  Kyk wat op die etiket staan en jy sal presies weet hoeveel kalorieë jou porsie bevat.

6. Wat is in jou gunsteling drankie?

Wanneer ‘n mens kalorieë tel is jy geneig om nie te kyk WAT jy drink nie. Dit is ‘n groot nee-nee wanneer jy dink hoeveel “ontwerperskoffie” en alkoholiese drankies tot 500 kalorieë bevat. Selfs die kalorieë in vrugtesap en koeldrank kan vinnig die hoogte in skiet as jy dit bymekaar tel. Wat nog erger is, is dat kalorieë in vloeistof NIE honger stil nie. Jy gaan nie minder eet na ‘n hoë kalorie drankie nie.

7. Hoeveel water drink jy?

Water is belangrik om kalorieë te verbrand. Indien jy jou liggaam nie genoeg water gee nie gaan jy gedehidreer wees en jou metabolisme gaan stadiger word, dit beteken minder gewigsverlies. Navorsing het bewys dat volwassenes wat ag of meer glase water drink meer kalorieë verbrand as die wat minder as dit drink. Drink ‘n glas water as deel van jou ete asook deel van jou peusel!

8. Ek verban suiwel?!

Volroom melk, kaas, en roomys om ‘n paar te noem is ‘n groot taboe op heelwat verslankers se koslysie, maar om suiwel produkte heeltemal uit te sny kan dalk nie SO goed wees nie. Daar is wel studies wat bewys  dat die liggaam verbrand meer vet wanneer dit genoeg kalsium kry en produseer meer vet wanneer dit ontneem word van kalsium. Kalsium aanvullings gee nie dieselfde resultate nie.  Suiwel het ander elemente wat beter werk.  Probeer lae vet en lae suiwel produkte.

9. Dit is maklik, ons stop sommer by die “drive through”!

Jy is moeg en die “drive through” is gerieflik, en . . . jy kan altyd ‘n slaai of ‘n gesonder iets te ete bestel, MAAR die versoeking is daar vir ‘n melkskommel of ander bederf? In ‘n langtermyn studie is bewys dat mense wat twee keer ‘n week wegneem kos eet 10 kg meer optel as die wat dit net eenkeer ‘n week eet.  Hoekom die “risiko” vat? Doen iets aan die gewoonte voor dit jou gesondheid beïnvloed!

Leer meer oor ons nuwe Low Gi Shake wat gemaak kan word in n kits!

10. Ek weeg myself elke dag!

Deur jouself elke dag te weeg is jy verseker van erge frustrasie en jy kry ook nie motivering daardeur nie! Kyk na ‘n langtermyn weegprogram, want weekliks weeg is beter as daagliks weeg. Indien jou doel is om 1 tot 2kg per week te verloor sal jy DAN resultate sien.  Jou gewig mag dalk daagliks wissel.

11. Is jou doel realisties?

Deur jouself te vertel dat jy ‘n onmenslike hoeveelheid gewig in die eerste week of so gaan verloor is om jouself te verseker van ‘n ramp! Jy mag dalk GLAD NIE jou dieet begin met so ‘n doel nie.  Jy mag dalk moed opgee as jy so ‘n doel stel en dit nie bereik nie. ‘n Realistiese doelwit is belangrik vir suksesvolle gewigsverlies.  Indien jy nie seker wat jou doel moet wees nie, gesels met ‘n dieetkundige.

12. GEEN oefening nie!

Indien jy nie oefening inkry nie, plaas jy die hele las van gewigsverlies op jou dieet! Indien jy meer aktief is kan jy meer eet wat jy van hou en nog steeds gewig verloor.  Die geheim is om die oefening te KRY wat jy van hou.  Indien die stapmasjien vervelig is wat van swem, ballet, fietsry, tafel tennis? Al hierdie beweeg sal help met vet verbrand. Probeer verskeie oefeninge tot jy een kry waarvan jy hou!

Blood Sugar Support Gewigsverlies

Print Friendly