12 Gevare van Dieët en Hoe Om Dit te Vermy

12 Gevare van Dieët en Hoe Om Dit te Vermy

Wanneer dit by dieët kom, is dit belangrik om te weet wat help, en wat gewigsverlies kan benadeel.

Jy het omtrent al alles probeer, en jy kan net nie van daardie ekstra gewig ontslae raak nie. Wel, hier is 12 van die mees algemene foute wat mense maak wanneer hulle op ‘n dieët is, plus ‘n paar wenke oor hoe ‘n mens dit kan vermy.

  1. Kitsdiëte

Een van die grootste foute – en ons almal maak dit – is om al die gewig DADELIK te wil verloor. Die voor die hand liggende oplossing sal dus wees om vir ‘n paar weke ‘n streng kitsdieët te volg. Hoewel dit jou kan help om gou ‘n paar kilogramme te verloor, maak dit jou metabolisme stadiger. Dit beteken dat, wanneer jou dieët verby is, jou liggaam nie in staat is om kalorieë so vinnig te verbrand soos dit moet nie, en jou gewig stagneer of neem selfs toe.

Wil jy gewig verloor? Probeer die Manna Dieet in die Gratis Dieet eBoek!

  1. Nie Ontbyt Eet nie

Om jou etery te los vir later in die dag klink na ‘n maklike manier om jou daaglikse kalorie-telling te verminder, maar dit kan daartoe lei dat jy later in die dag vreeslik honger is en jouself ooreet of heeltyd peusel.

As jy ‘n gesonde ontbyt van proteïen en vesel eet, bly jy vir langer versadig en sal jy nie sommer ooreet of ongesonde peuselhappies eet nie. Dit sal ook meer energie regdeur die dag gee en jy sal dus meer produktief wees!

  1. Nie Tred Hou Met Jou Peuselhappies Nie

Jy tel dalk elke kalorie aan tafel, maar wat van dít wat jy tussen-in eet? En wat van daardie koekie wat jy saam met jou wegneem-koffie gekry het? En wat van selfs die koffie? Ons vergeet dat al hierdie klein goedjies jou kalorie-telling kan opstoot! Die beste manier om seker te maak dat jy tred hou van jou kalorieë is om dit in ‘n boekie neer te skryf of ‘n program op jou selfoon gebruik waar jy kan tred hou van ALLES wat jy eet.

  1. Glad Nie Peuselhappies Eet nie

Hoewel ongesonde peuselhappies jou gewig kan laat aansit, kan die regte peuselhappies jou in werklikheid help gewig verloor! Dit is die beste as jy jou peuselhappies so beplan dat hulle deel vorm van jou totale kalorie-inname vir die dag, veral as jy hulle dan strategies tussen etes eet sodat jy nie té honger raak voor etenstyd nie. Voorbeelde van goeie peuselhappies is neute, vars vrugte of vars groente soos wortelstokkies of seldery.

  1. Oorboord gaan Met Lae-Vet Kos

Lae-vet beteken NIE lae-kalorie nie en dit is nie ‘n teken dat jy ‘n tweede en derde porsie kan skep nie. Lees die etiket van lae-vet kosse baie deeglik om te sien hoeveel kalorieë hulle bevat. Deur baie hiervan in te neem kan jy dalk meer kalorieë inkry as wat jy met gewone kos sou inkry.

  1. Kalorieë Opdrink

Dis gevaarlik as ‘n mens vergeet om die kalorieë te tel wat skuil in wat ons drink. Dit is glad nie bevorderlik vir jou dieët as jy suikerbevattende koeldranke of alkoholiese drankies drink nie. Selfs dinge soos vrugtesap of gegeurde koffies kan baie suiker gevat, en dit laat jou kalorietelling baie vinnig toeneem!

  1. Nie Genoeg Water Drink Nie

Hoewel dit een van die maklikste dieët-truuks is, doen baie min mense dit. Wanneer jy nie genoeg water drink nie, dehidreer jy; en wanneer jy gedehidreer is, raak jou metabolisme stadiger, en verloor jy minder gewig. Die beste is om ‘n glas water voor en gedurende elke ete te drink. Probeer om ten minste 1.5 liter water per dag te drink.

  1. Suiwel Vermy

Baie mense glo dis sonde om volroom suiwelprodukte te eet as hulle op ‘n dieët is. Die waarheid is egter dat, deur suiwel uit te sny, gewigsverlies in der waarheid vertraag kan word. Navorsing het bevind dat die liggaam meer vet kan verbrand as dit genoeg kalsium het, maar kalsium-aanvullings bied nie dieselfde voordele as die Ware Jakob nie.

  1. Die Kitskos Krisis

Wanneer jy die hele dag op kantoor was, kan wegneem-etes vir aandete ‘n aanloklike opsie wees. Dit is vinnig, relatief goedkoop en daar is boonop geen skottelgoed om te was nie. Maar is dit alles die moeite werd?

Daar is min dinge wat jou so gewig kan laat aansit soos kitskos. Dit is propvol kalorieë en bevat baie min voedingswaarde. Beperk dus jou wegneem-ete aande tot ‘n minimum, en wanneer jy dit wel eet, kies die gesonder opsies op die spyskaart, moenie die grootste porsie bestel nie, en bly weg van die gaskoeldrank.

  1. Daagliks Weeg

Om jouself elke dag te weeg, kan net lei tot frustrasie. Jou gewig kan van dag tot dag verskil, so dit is die beste om jouself op ‘n weeklikse basis te weeg. Jou doelwit moet wees om so 0.5kg – 1kg per week te verloor.

  1. Onrealistiese Gewigsdoelwitte hê

Dit is goed om positief te wees, maar om ‘n onrealistiese doelwit te hê, kan net teleurstelling tot gevolg hê. Die beste manier om jou doelwit te bereik, is om te besluit wat jou doelgewig moet wees, en dit dan in maandelikse, en dan weeklikse, mylpale op te deel. Wanneer jy dit gedoen het, hoef jy net op weeklikse mylpale te fokus en kan jy jou einddoelwit as motivering gebruik.

  1. Nie Oefening Kry nie

Sonder oefening kom al die druk om gewig te verloor, op jou dieët neer. Oefening help om kalorieë te verbrand, en dit beteken dat jy vet verbrand en gewig verloor. Die ideale oefenplan sluit kardio- en weerstandsoefeninge in, omdat hierdie kombinasie die beste vet-verbrandende potensiaal in jou liggaam ontsluit. Probeer om ten minste 4 keer per week, vir ongeveer 30 minute lank, te oefen.

Vermeerder dit soos jy fikser word, sodat jy steeds gewig kan verloor en vet met spiere te vervang.

Manna help

Om minder kalorieë in te neem is die hoofgeheim van gewigsverlies. Wanneer jy op die Manna Dieet (nou in afrikaans) of enige ander dieët is, neem die Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met elke ete om kosdrange te keer en eetlus op ‘n natuurlike manier te onderdruk, want dit sal help dat jy minder kalorieë per dag inneem. Deur 1 tot 2 maaltye per dag met die Manna Low GI Shake te vervang, kan jy ook jou kalorie inname halveer, sonder om jouself te verhonger.

Close
afrikaans-dieet-07-3

Blood-Sugar-Support-Afrikaans-2017

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>