3 Redes Waarom Koolhidrate Jou Vet Maak

3 Redes Waarom Koolhidrate Jou Vet Maak

Die algemene wanopvatting “vet maak jou vet” is intussen verkeerd bewys. Inteendeel, navorsing het bewys dat koolhidrate die eintlike sondebok is wat gewigstoename veroorsaak.

Koolhidrate kom voor in baie van die kosse wat ons op ‘n daaglikse basis eet, soos ontbytgrane, roosterbrood, konfyt, melk, joghurt, gesondheidstafies en vrugte, tot dinge soos brood, pizza, rys, aartappels en pasta.

Hier is die 3 basiese redes waarom koolhidrate jou vet maak…

Toename in Eetlus –

Dit is eintlik eenvoudig: As jy koolhidrate eet, veroorsaak dit dat jou liggaam insulien afskei, wat die voedingstowwe uit jou bloedstroom verwyder omdat dit verwag dat meer voedingstowwe op pad is, en dit laat jou voel asof die ete nie groot genoeg was nie. Jy is dus lus om nog meer te eet. Deur nie versadig te voel nie, veroorsaak dat jy meer kos inneem en dit veroorsaak gewigstoename.

Koolhidraatverslawing –

As jy koolhidrate eet word ‘n chemiese stof, serotonien, in die brein afgeskei wat jou bui lig en jou laat ontspan omdat dit spanning, angstigheid en pyn verlig. Dit is egter moontlik om verslaaf te raak aan hierdie serotonienvrystelling, wat maak dat jy al hoe meer ‘n behoefte aan koolhidrate het om weer daardie “goedvoel”-gevoel te kry. Deur meer koolhidrate te eet kan dus veroorsaak dat jy gewig optel.

Vetstoring –

Die eet van koolhidrate veroorsaak dat die pankreas insulien, ‘n hormoon wat die suiker in die bloedstroom reguleer, afskei. Insulien bepaal of die suiker in die kosse wat ons eet gebruik gaan word vir onmiddellike energie, en of dit gestoor gaan word vir latere gebruik. Wanneer daar meer suiker in die bloedstroom is as wat die liggaam dadelik nodig het vir energie, word die oortollige suiker as vet gestoor. Hoe meer oortollige suiker daar is, hoe meer vet word gestoor.

‘n Lae-koolhidraat Dieët om Gewig te Verloor

Navorsing beweer dat ‘n lae-koolhidraat dieët jou kalorie-inname en koolhidraat-drange sal verlaag, en dat jy vir langer versadig sal wees. Selfs al probeer jy net om jou huidige liggaamsgewig te behou, sal ‘n dieët-leefstyl met matige koolhidraat-inname dit soveel makliker maak.

As jy gewig wil verloor, volg die Manna Diet in hierdie gratis e-boek. Hierdie program is alles oor Lae GI. As jy die Manna Blood Sugar Support kapsules saam met elke ete neem, sal dit help om jou bloedsuikervlakke en kosdrange te beheer, want hierdie produk verminder die Glukemiese Indeks van alles wat jy eet met tot 43%.

Blood-Sugar-Support-Afrikaans-2017

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>