4 Maniere om Verteringsprobleme Natuurlik te Behandel

Treating Digestive Problems Naturally

Maagprobleme kan ongemaklik en vernederend wees.

Verteringsprobleme soos prikkelbare derm sindroom, hardlywigheid, sooibrand en suur begin alles by wat ons in ons mond sit. Ons dieët kan ‘n groot uitwerking op ons ingewandsgesondheid hê.

Soms los die regte dieët alleen egter nie die probleem op nie. Hier is ‘n paar eenvoudige natuurlike hulpmiddels wat kan help met jou verteringsprobleme:

  1. Tee:

Buiten dat ‘n koppie tee jou kan help ontspan na ‘n lang dag, kan sommige soorte tee voordelig vir jou maag wees.

Gemmer tee –

Daar word gereeld hierna verwys as die tonikum van die maag. Gemmer tee kan help met omgekrapte maag, maagkrampe en naarheid.

Kamille tee – 

Kamille tee is ‘n tee wat help met ontspanning. Dit kan help met dinge soos gas, opgeblasenheid, krampe, diarree en hardlywigheid.

Peperment tee –  

Dit is ‘n wonderlike opsie om sooibrand te verlig en gas te verminder.

Leer meer oor die 6 hoofoorsake van slegte ingewandsgesondheid…(eng)

  1. Aloe Vera:

Aloe vera sap is ‘n goeie bron van baie vitamiene, minerale en ander voedingstowwe. Dit is baie effektief om maag- en verteringsprobleme te behandel.

Aloe vera is ‘n wonderlike manier om sooibrand en suur te voorkom. Dit vorm ‘n dun, beskermende lagie aan die binnewande van die slukderm.

Jy word aangeraai om ‘n glas hiervan soggens na ontbyt te drink, en dan weer saans net voor jy gaan slaap.

  1. Probiotika:

Hulle is klein mikro-organismes wat in die spysverteringstelsel leef. Daar word gereeld na hulle verwys as “goeie bakterieë”. Baie verteringskwessies is geneig om sommige van hierdie probiotika te vernietig, en dus kan infeksies en ander gesondheidsprobleme makliker hul voet in die deur kry. Dit is belangrik om hierdie probiotika te vervang deur kosse soos joghurt, kefir, maaskas, verouderde kase, miso, koring gras en spirulina te eet.

  1. Papaja en Pynappel Vrugte Ensieme:

Papaja bevat ensieme wat papaien en chymopapain genoem word. Hierdie ensieme help baie met vertering. Hulle help om die spysverteringstelsel skoon te maak en dus opgeblasenheid, winderigheid, naarheid en krampe te beveg.

Die belangrike ensiem in pynappels word bromelien genoem. Dit kan help om die proteïen af te breek in die ander kosse wat ons eet. Dit maak dit dus vir die liggaam makliker om ons kos te verteer, en dit los ons met minder verteringsprobleme.

Wil jy minder suiker gebruik? Hier is 6 eenvoudige wenke om jou te help…

Vinnige Wenke

  1. Kou anyssade vir spysvertering.
  2. Drink houtskoolkapsules vir gas en diarree.
  3. Swart pruim (jamun vrug) help met spysvertering.
  4. Verhoog jou veselinname vir diarree en hardlywigheid.
  5. Drink baie water tussen etes.

Om die “goeie” bakterieë in jou ingewande te herstel, het ons Manna GUT Support geformuleer, wat nie net die beste en noodsaaklikste probiotika bevat nie, maar ook die belangrikste verteringsensieme en ‘n aminosuur, L-Glutamien, insluit om die binneste wand van die dermkanaal te herstel. Dit help om jou immuunstelsel te verbeter en opgeblasenheid te verminder en is ‘n uitstekende aanvulling om verteringsprobleme te help verlig.

Kyk wat sê ons kliënte oor Manna Gut Support

“Ek het Manna Gut Support gekoop vir die opgeblasenheid en pyn oor my buik as ek iets eet of drink. Was al moedeloos gewees en het dit probeer. Gebruik Gut support omtrent 2 weke en al die pyn en ongemak het verdwyn. Selfs ‘n groot glas water het pyn en ongemak veroorsaak. Voel net weer goed om nie meer met pyn en ongemak saam te leef nie. Baie dankie vir Manna Gut Support.” – Lawie Smithers

“Ek is 83 jaar oud en gebruik reeds ‘n geruime tyd lank Manna se uitstaande produkte met ongelooflike welslae. ‘n Ruk gelede het ek ‘n ernstige maag aandoening beleef wat op geen voorgeskrewe,(en baie duur!) middels gereageer het nie en na 3 weke het ek 7 kg veloor en was raad op. Toe kry ek ’n nuusbrief oor GUT SUPPORT, bestel dit toe en na drie dae is die kwaal iets van die verlede! Ek kan regtig met groot vertroue hierdie produk aanbeveel, ek neem dit nou gereeld en beleef wonderlike maag hemel!! – Douw Steyn

Gut Support

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>