5 Duidelike Tekens van Insulien Weerstand en Hoe om dit te Stop

5-Duidelike-Tekens-van-Insulien-Weerstand-en-Hoe-om-dit-te-Stop

Soos met enige gesondheidskwessie, moet ‘n mens eers verstaan wat dit in werklikheid is voordat die probleem opgelos kan word.

Wat is insulien weerstand?
Kos word gewoonlik in die vorm van suiker in die bloedstroom opgeneem. Hierdie toename in bloedsuiker veroorsaak dan dat die pankreas ‘n hormoon, insulien, afskei. Insulien klou dan vas aan die selle en verwyder suiker uit die bloedstoom sodat dit vir energie gebruik kan word.

In die geval van insulien weerstand kan die liggaam se selle nie so effektief op die insulien reageer nie soos dit moet nie, en dit beteken dat die suiker nie vir energie gebruik kan word nie. Die liggaam stoor dit dan in die selle as vet.

Die 5 Tekens van Insulien Weerstand:
Die tekens en simptome van insulien weerstand verskil van persoon tot persoon, maar die 5 mees algemene en gevaarlikste tekens is:
1. Hoë bloeddruk.
Dit is nog nie seker presies hoe en wanneer dit plaasvind nie, maar studies het bewys dat hoe hoër die bloeddruk, hoe erger insulien weerstand.

2. Hoë cholesterolvlakke.
Mense met insulien weerstand het gewoonlik hoë vlakke van slegte cholesterol (LDL) en lae vlakke van goeie cholesterol (HDL).

3. Hartsiekte.
As jy aterosklerose (die verharding van die are) en ander hartprobleme het, is dit ‘n besliste waarskuwingsteken dat jy insulien weerstand het en dat jy dringend daarna moet laat kyk.

4. Vetsug.
Insulien weerstand en vetsug gaan hand aan hand. Dit word gewoonlik gesien as groot hoeveelhede oormaat liggaamsvet, veral rondom die maag. Vetsug en insulien weerstand vorm ‘n bose kringloop, waar vetsug tot insulien weerstand kan lei, en andersom.

5. Nierskade.
Proteïen in die uriene is ‘n teken van nierskade, hoewel dit gewoonlik nie die eerste teken van insulien weerstand is nie.

Hoe Word Insulien Weerstand Gediagnoseer?
Daar is nog nie ‘n eenvoudige toets om insulien weerstand te diagnoseer nie. Hier is egter ‘n paar van die faktore wat jy in gedagte moet hou wanneer jy insulien weerstand diagnoseer:

  • Bloeddruk van 130/85 of hoër.
  • ‘n Middellyf omtrek van 100cm of meer by mans of 88cm of meer by vroue.
  • Trigliseriedevlakke hoer as 2.2mmol/L.
  • ‘n HDL (goeie cholesterol) vlak van minder as 1.3mmol/L vir mans en 1.5mmol/L vir vroue.
  • Bloedglukosevlakke tydens vas van 5.5mmol/L of hoër.

Hoe om Insulien Weerstand te Behandel:
Die beste is om ‘n gesonde gewig te bereik en te handhaaf deur die regte dieët en oefening. Hierdie leefstylveranderinge kan ook die kanse dat jy diabetes of hartsiektes kry, verklein. Aanvullings soos Manna Blood Sugar Support kan help om die voorkoms van diabetes te verminder by mense wat ‘n hoë risiko is. Dit is egter bewys dat leefstylveranderinge die beste is om die kans op diabetes te verminder.

Voorkoming is Beter as Genesing:
Hoewel insulien weerstand beheer en selfs genees kan word, is dit die beste om dit van die begin af te vermy. Hier is ‘n paar wenke hoe om dit te doen:

  • Oefening – Oefen vir ten minste 30 minute per dag, vyf dae ‘n week.
  • Gewig – Bereik en behou ‘n gesonde gewig.
  • Dieët – ‘n Gesonde, gebalanseerde en kalorie-beperkte dieët word aanbeveel.

Die maklikste manier om dit te bereik is om die Manna Diet in die GRATIS Gewigsverlies e-boek te volg.
Neem 2 Manna Blood Sugar Support kapsules saam met elke ete om kosdrange en bloedsuikervlakke te beheer.

Blood-Sugar-Support-Afrikaans-2017

Print Friendly

Comments

  1. Ans says

    Hallo almal ek moet se die Manna blood sugar support het my baie gehelp met my insulien wat so styg Ek drink dit elke dag 2 tab 3 x per dag voor ete en ek het al gewig verloor 500gram per week ek drink ook die Manna shake 1x per dag grwoomlike vervang ek middag ete met shake Ek stem vir Manna produkte die is n puik produk.Ans

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>