6 Wenke Vir Hoe Om Minder Suiker In Te Neem En Gewig Te Verloor

6 Wenke Vir Hoe Om Minder Suiker In Te Neem En Gewig Te Verloor

Om gewig te verloor is al klaar ‘n stryd, maar ‘n liefde vir suiker maak dit net soveel moeiliker. Die probleem is dat suiker so ‘n groot deel van ons daaglikse dieët word dat ons nie eers weet in watter kosse dit voorkom en in watter kosse nie.

Baie mense is onder die indruk dat jy suiker heeltemal moet uitsny, maar dit is nie noodwendig nodig nie. Deur net minder daarvan in te kry, sal al klaar baie help.

Wanneer dit kom by die uitsny van suiker is dit meestal makliker gesê as gedaan, so hier is 6 maklike wenke wat jou sal help in jou gewigsverlies proses…

Stap 1: Lees die kos etikette vir suikerinhoud.

Die voedingstabel op kos etikette is jou vriend. ‘n Maklike manier om jou kos te kies is om uit te kyk vir kosse wat minder as 10 g suiker per 100 g bevat. Kyk ook uit vir die ander name vir suiker, soos sukrose, maltose en dekstrose.

Stap 2: Verminder jou suikerinname geleidelik.

Dit is beter om geleidelik minder suiker te begin eet as om dit dadelik uit jou dieët te sny. Probeer die hoeveelheid suiker wat jy by kos en koeldrank voeg halveer, sodat jou smaakknoppies en brein kans kan kry om aan te pas by kosse wat minder soet is.

Stap 3: Bly weg van versoete gaskoeldrank en vrugtesappe.

Ons fokus gewoonlik so op wat ons eet dat ons heeltemal vergeet van wat ons drink. Gaskoeldrank en vrugtesappe kan geweldig baie suiker bevat, en bevat soms dieselfde hoeveelheid kalorieë as ‘n hele ete! Maak dus seker dat jy hierdie tipe drankies beperk.

Stap 4: Verruil jou ontbytpap vir hawermout.

Ontbytpappe is gewoonlik vol bygevoegde suiker en dit bevat gewoonlik nie so baie vesel as wat hulle beweer nie. ‘n Beter opsie vir ontbyt is ‘n bakkie warm hawermout, omdat dit min suiker en baie vesel bevat. As jy iets soets wil hê, eet ‘n vars vrug daarmee saam.

Stap 5: Eet lae-kalorie peuselhappies.

Peuselhappies is ‘n belangrike deel van ‘n gewigsverlies dieët, omdat dit keer dat jy tussen etes honger word. Dit is belangrik om seker te maak dat dit gesond is en so min as moontlik kalorieë bevat. Maak seker dat jy vooraf beplan en jou peuselhappies vir die dag inpak sodat jy nie nodig het om na ‘n hoë-suiker peuselhappie te gryp as jy deur die loop van die dag honger voel of energie nodig het nie.

Stap 6: Verminder suiker in resepte.

Probeer die hoeveelheid suiker in jou kos verminder deur dit te vervang met dinge soos appelsap en soet speserye soos kaneel, neutmuskaat en appeltert spesery te vervang.

Aanbeveling

Probeer om die Manna Diet in die gratis e-boek te volg. Hierdie program kan help om bloedsuiker- en insulienvlakke te verminder, wat jou selle se insuliensensitiwiteit verhoog ten einde gestoorde vet as energie vry te stel.

Neem die Manna Blood Sugar Support tablette in die vorm van kapsules saam met elke ete om bloedsuiker- en insulienvlakke te verlaag.

Blood-Sugar-Support-Cravings-afrikaans

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>