7 Eet Wenke om Menopousale Simptome te Beveg

How to eat your way through the menopause

Hoewel dit nie moontlik is om menopouse heeltemal te omseil nie, is daar ‘n paar handige wenke om die effek daarvan te verminder.  

Raad oor wat om te doen wanneer jy ‘’n sekere ouderdom’ bereik, neem al hoe meer toe. ‘n Nuwe boek gee raad oor hoe om menopouse te beveg. Hier is die 7 topwenke om jou menopouse weg te eet…

  1. Jou Dieët

Dit is nie ‘n ‘dieët’ soos die Atkins of die 5:2 nie. Dit is jou daaglikse dieët, en net omdat jy deur menopouse gaan, beteken nie dat jy jouself moet laat honger ly of jou maaltye in eienaardige vorms moet verdraai net omdat jou liggaam besig is om te verander nie.

Sommige mense sê dat jy jou pad uit menopouse kan eet om ‘n manier wat die hormonale veranderinge wat in jou liggaam plaasvind, aan te help, en jou sodoende toelaat om in beheer te wees.

Die plan is gebaseer op die idee dat jy ‘n gesonde dieët handhaaf. Hoewel sommige mense skepties is oor net nog ‘n dieët-teorie, kan dit net voordelig wees om bewus te wees van hoe die kosse wat jy in jou liggaam sit, jou hormoonvlakke kan beïnvloed.

Lees meer oor kos wat Menopausal Warm Gloede beveg…

  1. Knibbel op klein hoeveelhede kos deur die loop van die dag

Hou daarby om iets kleins elke drie of vier ure te eet. Sodoende bly jou suikervlakke gebalanseerd en jou insulienvlakke sal nie die hoogte inskiet nie.

Indien jou insulien wel te hoog is, het dit ‘n domino-effek en kan dit jou streshormone, kortisol, laat toeneem en ‘n wanbalans van jou estrogeen en progesteroon teweegbring. Neem die Manna Blood Sugar Support aanvulling met elke maaltyd om bloedsuikervlakke te help beheer.

  1. Eet voor 8.30pm

Dit sal jou kos tyd gee om te verteer. Jou aandete moet ook klein wees, sodat jy rustig kan slaap.

  1. Pak jouself vol met groente

Groente bevat vesel wat jou hormone help en ons beskerm teen die verouderingsproses waartydens bloedsuiker styg en daal en sodoende ons insulienvlakke deurmekaar maak. Vesel verminder ook inflammasie, en soos ons oud word kan simptome hiervan begin verskyn in verskeie vorms, en nie net in die swelling van gewrigte wat verband hou met waterretensie nie. As jy ‘n baie goeie bron van vesel wil hê, probeer om een of twee maaltye per dag met die Manna Low GI Shake te vervang, aangesien dit hoog is in natuurlike vesel.

  1. Bly weg van suiker

Verfynde suikers – wat voorkom in soetgoed soos koekies en koek – het ‘n impak op ons hormonale balans as gevolg van hul effek op ons insulienvlakke. By vroue wat deur menopouse gaan, kan dit migraines en warm gloede veroorsaak, en vir sommige seer gewrigte. Vermy dit dus eerder. Eet eerder volgraan brode, sade en bone in plaas van hierdie suikers.

  1. Kies proteïene

Dit help om spiere te bou en sterk te bly – hoewel ons jou seker nie dit hoef te vertel nie. Hoender, vis, neuter en sade is vol proteïene en kan maklik by ‘n gesonde dieët gevoeg word. Probeer om vleis en suiwel tot ‘n minimum te beperk.

  1. Moenie drink vir energie nie

As jy ‘n ernstige koffiedrinker is, beperk jouself tot een koppie ‘n dag, of probeer tee wat laer is in kafeïene. Kafeïene is in die verlede verbind tot osteoporose en kan ‘n negatiewe effek op die senuweestelsel hê.

Leer hoe verminderde Kafeïen gebruik jou menopause kan help…

As jou eetplan uitgesorteer is, neem ekstra vitamiene indien nodig.

Dit is moontlik om ‘n groot verskeidenheid pille te drink sonder om werklik te weet waarvoor hulle help, maar met die regte mengsel kan jy jouself optimaal beskerm teen die nadelige elemente van menopouse.

  • Vitamien E: verminder die risiko vir hartsiektes en verbeter geheue
  • Vitamien C: goed vir immuunfunksie en verminder die risiko van aterosklerose (verkalking van die are)
  • Vitamien D: neem vir ‘n beter gemoedstoestand, bui en sterker bene
  • Foliensuur: kan help om pre-menstruele spanning te verlig
  • Vitamien B6: nuttig om warm gloede, gemoedskommelinge en spierpyne te verminder
  • Magnesium: neem om PMS te verlig en bene te versterk. Kan help om bloeddruk te verminder en spiere te laat onstpan.

Omdat die afname van estrogeen die hoofoorsaak van menopousale simptome is, beveel ons aan dat jy Manna Menopause Support ook neem, omdat dit gepak is met fito-estrogene wat estrogeen op ‘n natuurlike manier laat toeneem, sonder enige newe-effekte.

Menopause Support 2016 Afrikaans

Print Friendly