9 Redes Waarom Jy Heeltyd Honger Is

9 Redes Waarom Jy Heeltyd Honger Is

Dit is natuurlik om elke paar uur honger te wees, want dit is hoe jou liggaam vir jou laat weet dat jy meer brandstof vir energie nodig het.

Die probleem kom in wanneer jy heeltyd honger is, selfs al het jy pas geëet. Dit is meestal ‘n teken dat jy gesondheidsprobleme het, en dit kan beteken dat jy jou dokter moet raadpleeg.

Maar wat kan die rede vir hierdie honger wees?

Vir ‘n gratis Dieet eBoek – klik hier

Hier is 9 algemene gesondheidskwessies wat kan veroorsaak dat jy gedurig honger is…

  1. Diabetes

Omdat jou liggaam die suiker in die kosse wat jy eet in energie omskakel, verhoed diabetes dat hierdie suiker jou selle bereik, en dus word hierdie suiker vermors in plaas daarvan dat dit as energie gebruik word. Wanneer hierdie suiker vermors word, voel jou liggaam dat dit meer kos moet eet om meer energie te kry.

Dit kom veral voor by mense met tipe-1 diabetes, wat aanhou gewig verloor al eet hulle baie kos. Ander simptome van diabetes kan insluit:

  • Konstante, geweldige dors
  • Probleme met sig en vae/dowwe visie
  • Snye en kneusplekke wat baie lank vat om gesond te word
  • Tinteling, pyn of ‘n dooie gevoel in jou hande of voete
  • Uiterse moegheid

Afrikaans eBoek Banner

  1. Lae Bloedsuiker

Wanneer die suikervlakke in die liggaam baie laag val, kan dit verskeie ander probleme veroorsaak. Lae bloedsuiker is baie keer weens ‘n ander onderliggende gesondheidsprobleem soos diabetes, hepatitis, niersiekte, probleme met die byniere en probleme met pituitêre kliere.

Lae bloedsuiker kan ‘n punt bereik waar jy begin onduidelik praat en van balans af voel. Dit kan ook simptome veroorsaak soos:

  • Angstigheid
  • Abnormale hartklop
  • Kleurverlies in die vel
  • Rukkings en bewerasie
  • Oormatige sweet
  • Tinteling rondom die mond
  1. Te min slaap

As jy nie genoeg rus kry nie, kan dit nadelig wees vir die hormone in jou liggaam, insluitend daardie hormone wat eetlus beheer. As jy min geslaap het, het jy gewoonlik ‘n groter eetlus, en dit veroorsaak gewoonlik drange na kosse wat baie suiker of kalorieë bevat, omdat jou liggaam dan meer energie nodig het om te funksioneer.

Ander simptome van te min slaap is:

  • Buierigheid
  • Lompheid
  • Nie so op en wakker wees soos wat jy veronderstel is om te wees nie
  • Sukkel om deur die dag wakker te bly
  • Onverklaarbare gewigstoename
  1. Stres

Stres veroorsaak dat die liggaam ‘n hormoon, kortisol, afskei, wat jou meer honger kan laat voel as wat jy werklik is. Jy is ook dan lus vir kosse wat baie suiker en vet bevat, omdat jou liggaam “trooskos” wil hê om die stres te bekamp.

Ander simptome van stres kan insluit:

  • Skielike woede-uitbarstings
  • Moegheid
  • Gereelde hoofpyne
  • Slaapprobleme
  • ‘n Omgekrapte maag
  1. Jou Dieët

Nie alle kosse is ewe vullend nie, en die sleutel om langer versadig te voel, is om kosse te eet wat hoog in proteïen en vesel is. Maer vleis, vis, suiwelprodukte, vrugte, groente en heelgrane is kosse wat in jou dieët moet wees.

Bly weg van pasteie, wit brood en wegneem etes, omdat dit jou nie lank versadig sal hou nie en hulle bevat boonop baie kalorieë.

Ander tekens van swak dieëtkeuses is:

  • Hardlywigheid
  • Klein, harde stoelgange
  • Maagpyn
  1. Jou Medikasie

Sekere medikasie kan veroorsaak dat jy meer eet, soos: Antihistamine, SSRIs (anti-depressante), steroïede, sommige diabetes medikasie, en antipsigotiese medikasie.

  1. Swangerskap

Meeste swanger vroue sal agterkom dat hulle skielik ‘n groter aptyt het. Dit is die liggaam se manier om seker te maak dat die baba genoeg voedingstowwe kry en nie honger word nie. Dit is waarom so baie vroue sê: “Ek eet vir twee”.

Ander tekens dat jy swanger is:

  • Jy slaan jou maandstonde oor
  • ‘n Gereelde drang om toilet toe te gaan
  • Naarheid en vomering
  • Seer borste of borste wat groter word
  1. Skildklierprobleme

Die skildklier, wat in jou nek is, vervaardig hormone wat die tempo beheer waarteen elke orgaan in die liggaam funksioneer. Soms werk dit te vinnig, en dit veroorsaak ‘n siekte wat hipertireose genoem word. Tekens van hipertireose is:

  • Vinnige polsslag
  • Op jou senuwees sonder rede
  • Oormatige sweet
  • Spierswakheid
  • Konstante dors
  1. Dieët gaskoeldrank

Baie mense glo dat dieëtdrankies hulle sal help gedurende hul gewigsverlies pogings, maar dit het meestal die teenoorgestelde uitwerking. Hoewel die versoeters daarin nie suiker bevat nie, laat dit die brein glo dat dit suiker kry vir energie. Wanneer dit egter nie gebeur nie, wil die liggaam meer kos of suiker hê om vir energie te gebruik. Dit kan veroorsaak dat jy honger is en lus is vir soet kosse.

Dieëtdrankies kan ook die volgende veroorsaak:

  • Hoofpyne
  • Suikerdrange
  • Gewigstoename

Bekamp kosdrange op ‘n natuurlike manier

Jy kan kosdrange bekamp deur ‘n lae GI-dieët te volg. Probeer die Manna Diet, wat kan help om suiker en verfynde koolhidrate uit te sny.

Drink ‘n natuurlike aanvulling soos die Manna Blood Sugar Support om bloedglukose vlakke te help beheer, om aptyt te onderdruk en om kosdrange te bekamp sonder enige newe-effekte.

Een ander probleem wat ook ‘n konstante drang na kos kan veroorsaak, is té veel “slegte” flora in die spysverteringskanaal weens die gebruik van sekere medikasie en hoë stresvlakke. Om gesonde verteringsflora te herstel, kan jy ‘n baie goeie probiotika soos die Manna GUT Support gebruik om die brandstoftoevoer na die “slegte” flora af te sny en deur ‘n dieët te volg wat geen suiker en verfynde koolhidrate bevat nie, soos die Manna Diet.

Close
afrikaans-dieet-07-3

Blood-Sugar-Support-Cravings-afrikaans

Print Friendly

Comments

  1. Wilna says

    Dit was n baie leersame stukkie inligting en n bonus punt oor dit in Afrikaans was. Sal meer van dié artikels wil sien. Ek is al 15 jaar n tipe 1 diabeet en woon op di platteland.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>