Bloedsuiker en Gewigsverlies

How to Fight Insulin Resistance and Get Rid of Belly Fat

Deur te leer hoe om jou bloedsuiker te stabiliseer sal jou help gewig verloor en dit af hou!

Een van die grootste geheime van gewigsverlies is om te leer hoe om jou bloedsuiker natuurlik te reguleer.

Wanneer ons eet, skakel ons liggaam koolhidrate om na glukose, wat ons hoofbron van energie is. Glukose in die bloed, ook bekend as bloedsuiker kan ‘n invloed hê op hoe honger en energiek ons voel. Glukose bepaal ook of ons vet verbrand of stoor.

Ons pankreas vervaardig ‘n hormoon wat insulien genoem word en verantwoordelik is om glukose na die selle te vervoer waar dit vir energie gebruik word. Wanneer ons verfynde grane, suikers of ander koolhidraatryke kosse eet wat min vesel bevat, moet die pankreas oortyd werk om insulien te vervaardig. Hierdie oormaat insulien sê vir jou liggaam dat baie energie geredelik beskikbaar is en dat dit moet ophou vet verbrand en dit eerder stoor.

‘n Oormaat insulien veroorsaak dat te veel bloedsuiker uit jou bloed vervoer moet word en dit lei daartoe dat jou bloedsuiker en insulienvlakke tot onder normaal daal. Dit laat ons moeg en lusteloos voel en meer lus wees vir eet. Ongelukkig is die gevolg dan dat ons iets anders met ‘n hoë suikerinhoud wil eet. Wanneer ons dit doen, begin die siklus weer van voor af.

Insulien is die vetstoringshormoon, so wanneer jou insulienvlakke styg, hou jou liggaam op om vet te verbrand. Dit is onmoontlik om liggaamsvet te verbrand as insulien in die liggaam teenwoordig is. Dit beteken dat daar meer aan die teorie is as bloot “kalorieë in en kalorieë uit”.

Wat Jy Kan Doen

Eerstens is dit belangrik om te verstaan wat gebeur as jy ‘n ete oorslaan of op ‘n kitsdieet gaan. As jy vir meer as 4-5 ure nie eet nie, daal bloedsuiker te laag. Almal ken die gevoel; jy is moeg, jou brein funksioneer nie reg nie, en jy is buierig.

Die volgende keer wat jy eet sal jou insulien die hoogte inskiet en alles wat jy eet, selfs al is dit net ‘n heerlike gesonde slaai, sal heel waarskynlik in vet omgeskakel word. Dit is nie jou liggaam se skuld nie, dit word bloot gedreig met hongersnood en skakel oor na oorlewings rat. Die liggaam veg om jou vet reserwes te behou. Dis net wat jy nodig het, reg?

So wat jy moet doen is om die selle in jou liggaam meer sensitief te maak vir die hormoon insulien. Jy moet jou liggaam voed en leer om emosionele en sielkundige hindernisse te hanteer.  Haal asem en ontspan, moenie so bekommerd wees oor wat jy eet, as wanneer jy eet nie. Dit is uiters belangrik om spanning te verlaag, want spanning veroorsaak kortisol afskeiding wat insulien weerstandigheid bevorder.

Kosse Wat ‘n Insulien Oplewing (“spike”) Veroorsaak

Alle eenvoudige koolhidrate – enige iets wat met “-ose” eindig – fruktose, sukrose, dekstrose, ens.: Weens hul klein molekulêre grootte kan eenvoudige koolhidrate vinnig gemetaboliseer word en dus waarskynlik ‘n insulien oplewing (“spike”) veroorsaak.

  • Tafelsuiker (sukrose)
  • Vrugtesuiker (fruktose)
  • Melksuiker (laktose)
  • Tamatiesous
  • Brood
  • Vetvrye slaaisouse (Deur die vet uit te haal is al klaar erg, maar wanneer dit met suiker vervang word, neem jou liggaam nie meer vet in met jou ete nie en word die verteringsproses versnel. Dit veroorsaak dat insulien die hoogte inskiet.)
  • Geblikte vrugte
  • Grondboontjiebotter
  • Geblikte sop
  • Gaskoeldrank
  • Ontbytpap wat na bewering minder suiker bevat
  • Geen bygevoegde suiker (Dit beteken gewoonlik vrugtesap, fruktose, is teenwoordig wat jou bloedsuiker sal laat styg)

Oplossing

Om jou bloedsuikervlak te reguleer is die mees effektiewe manier om jou vet verbrandings kapasiteit te handhaaf. Moet nooit ‘n ete oorslaan nie, veral nie ontbyt nie, en eet gesonde peuselhappies tussen etes. Deur gereeld te eet kan jy hongerpyne en die daaropvolgende ooretery vermy, en dit is die mees effektiewe manier om metabolisme doeltreffend te handhaaf.

Buiten ‘n hoë-vesel dieet en lae GI kosse, is die beste dieetaanvulling om bloedsuiker en insulienvlakke stabiel te hou die Manna Blood Sugar Support produk.  Deur hierdie produk saam met etes te neem word die opname van glukose van die kos na die bloedstroom vertraag, en word die bloedsuikerkurwe uitgebalanseer en hoë insulienvlakke verlaag.

Die produk kan kosdrange bekamp en eetlus onderdruk, en sodoende gewigsverlies aanhelp sonder enige newe-effekte. Jy kan ook die Manna Diet eBook aflaai vir ‘n effektiewe en gesonde gewigsverlies leefstyl.

Close
afrikaans-dieet-07-3

Blood Sugar Support Gewigsverlies

Print Friendly

Comments