Beheer Bloedsuiker vir Natuurlike Gewigsverlies

Beheer Bloedsuiker vir Natuurlike Gewigsverlies

Dieët en Gewigsverlies Handleiding

Wanneer ons eet, skakel ons liggame verteerbare koolhidrate om in bloedsuiker (glukose), ons hoofbron van energie. Ons bloedsuiker kan ‘n invloed hê hoe honger en hoe energiek ons voel, wat albei belangrike faktore is wanneer ons let op hoe ons eet en oefening. Dit bepaal ook of ons vet verbrand of stoor.

Ons pankreas vervaardig ‘n hormoon, insulien, wat bloedsuiker na ons liggaam se selle vervoer waar dit gebruik word vir energie. Wanneer ons verfynde grane eet waarvan die meeste vesel verwyder is, asook suiker of ander koolhidraat-ryke kosse wat vinnig in bloedsuiker omgeskakel word, werk die pankreas oortyd om die nodige insulien te produseer wat nodig is om al hierdie bloedsuiker as energie te stoor.

Wil jy gewig verloor? Probeer die Manna Dieet in die Gratis Dieet eBoek!

Hierdie oormaat insulien sê vir jou liggaam dat baie energie beskikbaar is en dat dit moet ophou vet verbrand en dit eerder moet begin stoor.

Die groot bekommernis is dat die oormaat insulien veroorsaak dat te veel bloedsuiker uit jou bloed vervoer word en dat jou bloedsuiker en insulienvlakke tot onder normaal daal. Dit veroorsaak dat ons iets anders wil eet met ‘n hoë suikerinhoud. Wanneer ons dit doen, begin die siklus van voor af.

Waarvoor om Uit te Kyk

  • Eenvoudige Koolhidrate: Eenvoudige koolhidrate kan vinnig gemetaboliseer word weens hul klein molekulêre grootte, en kan dus heel moontlik ‘n insulien oplewing veroorsaak.

Eenvoudige koolhidrate sluit verskeie vorme van suiker in, soos sukrose (tafelsuiker), fruktose (vrugtesuiker), laktose (suiwel suiker) en glukose (bloedsuiker). Let op hoe almal op –ose eindig.

  • Verskuilde Suiker in Verwerkte Kosse: Wees op die uitkyk vir “versteekte” suiker in verwerkte kosse soos brood, tamatiesous, slaaisous, geblikte vrugte, appelsous, grondboontjiebotter en sop.
  • Suiker in Drankies: Wees bewus van die hoeveelheid suiker in drankies, veral koffie, vrugtesappe en koeldrank. Dit kan vinnig optel en meer word, en meeste drankies maak jou nie versadig nie.
  • Vet-Vrye Produkte: Suiker word soms gebruik om geur te gee aan kosse waarvan die vet verwyder is. En asof dit nie genoeg is nie, word suiker vinniger in jou bloed geabsorbeer as daar nie vet is om die proses stadiger te maak nie.
  • Ontbytpap Bokse Beweer Minder Suiker: Baie nuwe soorte ontbytpap bevat minder suiker, maar die kalorieë, koolhidrate, vet, vesel en ander voedingstowwe is amper identies dieselfde as die vol-suiker ontbytpappe. Die vervaardigers het eenvoudig die suiker met ander verfynde, eenvoudige koolhidrate vervang.
  • Geen Suiker Bygevoeg: Dit beteken nie dat die produk nie in sy natuurlike vorm baie suiker bevat nie. 100% van alle vrugteprodukte bevat gekonsentreerde vrugtesap, wat ‘n ander vorm van fruktose of suiker is.

Tafelsuiker (sukrose) voorsien meestal “leë kalorieë”, omdat dit geen voedingswaarde het buiten om brandstof vir energie te verskaf nie. Heuning en ander meer natuurlike suikers, aan die ander kant, word as gesonder beskou weens die spoorvitamiene en minerale wat dit voorsien. Vir gewigsverliesdoeleindes kan al hierdie versoeters egter net soos suiker hanteer word.

Wat Jy Kan Doen

Dit is ook belangrik om te verstaan wat gebeur wanneer jy ‘n ete oorslaan of op ‘n kitsdieët gaan. Wanneer jy ‘n ete oorslaan, werk jou metabolisme stadiger om jou energie te bespaar. En wanneer jy vir ‘n paar dae te vinnig gewig verloor, dink jou liggaam dat hongersnood dit bedreig en gaan dit oor in oorlewingsmodus. Dit veg om gestoorde vet te behou en enige gewig wat dus verloor word, is hoofsaaklik water en spiere.

Die regulering van jou bloedsuikervlak is die mees effektiewe manier om jou vet-verbrandingskapasiteit te behou. Moet nooit ‘n ete oorslaan nie, veral nie ontbyt nie, en eet gesonde peuselhappies tussen etes. Deur gereeld te eet kan jy hongerpyne en episodes van ooreet voorkom, jou liggaam van volgehoue energie voorsien en kan dit die mees effektiewe manier wees om jou metabolisme effektief te beheer.

Wanneer jy weg van die huis of werk gaan wees, beplan jou peuselhappies en neem dit saam sodat jy gereeld sal kan eet en nie in die versoeking sal kom om kitskos te koop nie. Dit is selfs goeie raad vir mense wat tuis bly.

Maar onthou dat dit heel waarskynlik jou etery tussen etes was wat aanvanklik veroorsaak het dat jy gewig opgetel het. Dit is baie belangrik dat peuselhappies gesond moet wees; dat dit reeds in porsies verpak is sodat jy nie in die versoeking kom om jou te ooreet nie; en dat die porsies van jou maaltye verminder sal word om te kompenseer vir die bykomende kalorieë wat jou peuselhappies bevat.

Hoë vesel peuselhappies en etes help ook om jou bloedsuikervlak te reguleer. Die vesel vertraag die opname van glukose en die tempo van vertering, en dit help om jou bloedsuikervlak meer konsekwent te hou en om hongerpyne weg te hou. Dit is waarom dit beter is om ‘n appel of lemoen te eet as om appel- en lemoensap (sonder pulp) te drink.

Laai die Manna Diet e-book af, want dit bevat ‘n 7-dag skadebeheer program, gesonde resepte en wenke vir natuurlike gewigsverlies.
Byvoeging om Bloedsuikervlakke te Beheer

Die Manna Blood Sugar Support aanvulling is by verre die mees effektiewe, natuurlike aanvulling om bloedsuikervlakke te beheer en diabetes te voorkom.

Close
afrikaans-dieet-07-3

Blood-Sugar-Support-Afrikaans-2017

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>