Beheer jou Bloed Suiker vir Natuurlike Gewigsverlies!

Blood Sugar1

Wat gebeur in jou liggaam?

Wanneer ons eet, verander ons liggame verteerbare koolhidrate na bloedsuiker (glukose), dit is ons hoofbron van energie. Jou bloedsuiker vlak bepaal hoe honger jy is en hoe energiek jy voel.  Altwee is belangrike faktore wanneer ons kyk na wat ons eet en hoe ons oefen.  Dit bepaal ook of ons vet verbrand of stoor.

Ons pankreas vervaardig ‘n hormoon met die naam insulien.  Hierdie hormoon vervoer bloed suiker na die liggaam se selle waar dit gebruik word vir energie.

Wanneer ons verfynde graan eet, waarvan die meeste vesel weggeneem is, suiker of ander koolhidraatryk kos wat vinnig omgeskakel word tot bloed suiker, gaan die pankreas hard aan die werk om die nodige insulien te vervaardig wat nodig is om al die bloed suiker om te skakel en as energie te gebruik.

Hierdie insulien “surge” (inspuiting) vertel ons liggame dat daar genoegsame energie beskikbaar is en dat dit moet ophou om vet te verbrand en dit liewer stoor.

‘n Rede tot kommer is dat die insulien inspuiting (surge)  te veel bloed suiker uit ons bloed neem en die resultate is dat ons bloed suiker en insulien vlakke onder normaal val. Dit los ons moeg, honger en met die begeerte om nog en nog en nog te eet! Nog ‘n nare gevolg is dat dit ons daarna dryf om kos met ‘n hoë suikerinhoud te eet.  (Ook koolhidraatryke kos!) Die bose kringloop begin dan net weer van voor af! 

Gratis Dieet eBoek – Klik hier om na die aflaai blad te gaan.

Gevare!

Eenvoudige Koolhidrate 

As gevolg van hul klein molekulêr grootte, kan dit makliker in die metabolisme opgeneem word en om die rede is dit heel waarskynlik dat dit ‘n insulien inspuiting (surge) kan veroorsaak.  Eenvoudige koolhidrate sluit in verskeie vorms van suiker soos sukrose (tafel suiker), fruktose (vrugte suiker), laktose (suiwel suiker) en glukose (bloedsuiker.) Wees bedag op alles wat met ‘n “ose” eindig! 

Suikers wat wegkruip? 

Daar is heelwat van hierdie suikers in kosse soos brood, tamatie sous, slaai sous, geblikte vrugte, appel sous, grondboontjiebotter en kits soppe. 

Suiker in jou drinkgoed? 

Hoeveel suiker gooi jy in jou koffie? Hoeveel suiker dink jy is daar in vrugtesappe en koeldrank? Dit kan so vinnig teveel word en die meeste “drankies” is nie vullend nie.  Lees ook op die etiket WAT jy drink! 

Vet vrye kos? 

Suiker word baie keer gebruik om die lekker proe terug te sit wanneer vet verwyder word en jy dan vetvrye kos kry. En asof dit nie erg genoeg is; sonder enige vet om die suiker te absorbeer word suiker dan vinniger in jou bloed vrygestel. 

Die boks met ontbytpap sê dan minder suiker? Wat nou? 

Alhoewel sekere ontbytpap minder suiker bevat is die kalorieë, die koolhidrate, vet en vesel en ander voedingstowwe amper gelyk aan ontbytpap wat wel suiker bevat.  Die vervaardigers het eenvoudig suiker vervang met ander verfynde en eenvoudige koolhidrate!

Geen suiker bygevoeg! Is dit waar?

Dit beteken nie dat die produk/kos nie natuurlik ‘n hele klomp suiker bevat nie! 100% Vrugte produkte/kos bevat gewoonlik vrugte sap konsentraat, nog ‘n vorm van fruktose of anders gestel, suiker.

Tafel suiker (sukrose) bevat leë kalorieë, juis omdat dit geen voedingswaarde het behalwe petrol vir energie nie.

Heuning en ander natuurlike suikers word as gesond bestempel want daar is spoor vitamiene en minerale in wat noodsaaklik is vir die liggaam. Maar wanneer jy gewig wil verloor kan AL hierdie soetigheid nog steeds as suiker gesien word. 

WAT kan ek doen?

Dit is belangrik om te verstaan wat gebeur wanneer jy ‘n maaltyd oorslaan of op ‘n kits dieet gaan. Wanneer jy ‘n maaltyd oorslaan verlaag jou metabolisme om jou energie te stoor. En wanneer jy gewig te vinnig verloor oor ‘n tydperk van ‘n paar dae, dink jou liggaam die hongersnood is hier, en gaan dan oor na oorlewing. Die liggaam baklei om sy vet voorrade te hou en gewigsverlies is dan meer as gevolg van waterverlies en spierverlies.

Deur jou bloed suiker te reguleer is die mees effektiewe manier om vet te verbrand. Moenie ‘n maaltyd oorslaan nie, veral ontbyt.  Eet gesonde peuselhappies tussen maaltye.  Deur aanhoudend te eet verhoed jy dat jy honger word en dat kos vergrype volg, dit voorsien jou ook van konstante energie en kan moontlik die beste manier wees om jou metabolisme aan die gang te hou.

Beplan wat jy aan gaan peusel wanneer jy weg is van die huis of werk, neem dit saam sodat dit altyd beskikbaar is en sodat jy iets het om te eet en nie deur gemorskos verly kan word nie.  Hierdie is ook goeie raad vir mense wat by die huis bly, sorg dat jou peuselhappies regstaan.

Maar onthou ook dat dit heelwaarskynlik peusel tussen maaltye was wat gesorg het dat jy oorgewig is, so maak seker elke peuselhappie is gesond. Maak seker elke porsie is afgemeet sodat jy nie in die versoeking is om te ooreet nie. Maak ook seker dat die verhouding van grootte tussen jou peuselhappies en jou etes korrek is.

Peuselhappies wat ryk aan vesel is, is tot voordeel vir jou bloedsuiker vlakke. Die vesel verlaag die absorpsie van glukose en die tempo van vertering en dit hou ook jou bloed suiker konstant en hou die honger weg.  Hierdie feit maak ‘n sappige appel en ‘n lemoen ‘n beter keuse as om appel en lemoensap te drink.

Laai die GRATIS Manna Gewigsverlies e-boek af wat ‘n sewe-dag skade beheer program insluit, gesonde resepte bevat asook wenke vir natuurlike gewigsverlies.

Ideale aanvulling vir Bloedsuiker vlakke:

Manna Blood Sugar Support is die ideale aanvulling om bloed suiker vlakke te beheer en om diabetes te help voorkom.

Wanneer Manna Blood Sugar Support geneem word met etes, bind die noodsaaklike suikers en organiese vesels in die produk met die kos wat dan veroorsaak dat glukose uit die kos nie so vinnig vrygestel word in die bloedstroom nie.

Wanneer bloedsuiker vlakke onder beheer is, beteken dit dat die liggaam minder insulien nodig het, en die hoë insulien vlakke in die liggaam kan dan mettertyd verbeter en terug keer na normaal.

Gesonde en gebalanseerde bloedsuiker vlakke kan help om “cravings” te verminder of selfs te voorkom, om eetlus te demp, en om diabetes en aangehegde gesondheid probleme weg te hou.

Manna Blood Sugar Support is die enigste gesertifiseerde organies bloedsuiker aanvulling in die wêreld.

Hierdie aanvulling word vervaardig in ‘n FDA geregistreerde farmaseutiese fasiliteit onder streng GMP-HACCP regulasies vir u veiligheid. Dit is beskikbaar by Dis-Chem, Clicks, alle apteke en gesondheidswinkels asook aanlyn by mannaplus.co.za.

Blood Sugar Support Gewigsverlies

Wat die Manna Gebruikers te sê het:

Joyce – Amazing!!! I am fitting in pants I haven’t worn in years…getting light on my feet. Enjoying all the compliments i receive… I have watched my colleague loose so much weight in front of my eyes and i ask myself “what have i got to loose except for the fat” :) I tried it and it works… I recommend “The Blood Sugar Support” to everyone.

Estelle – I am a diabetic and Blood sugar support helped me to stop the “munchies”. With all the postal problems Manna’s hassle free delivery service is wonderful.

Denve – I have been using Manna for the past year and have lost over 30kg for the year. Manna Shake replace my lunch and 2 pills before each meal.I’m feeling great thanks Manna you ROCK !

Maryna Goosen – A while ago I thought that I had a cholesterol problem after taking a test. I scanned the internet and found a manna add and bought the product. When I found out that my cholesterol was OK, my husband started using it as he has high blood pressure and manna is supposed to work for that too. He stopped the normal high blood pressure medication, but monitored his high blood pressure daily for a few months. He also does not feel well at all if he don’t use the product, therefore we ensure that we always have it in stock.

Close
afrikaans-dieet-07-3

Print Friendly

Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>