Bloedsuikervlakke: Die Goue Kern van Gewigsverlies!

bloed-suiker-vlakke-die-goue-kern-van-gewigsverlies

Gebalanseerde bloedsuikervlakke beteken gebalanseerde insulien vlakke!

Indien jou bloedsuikervlakke onder beheer is as gevolg van . . .

  • ‘n Gesonde Lae GI dieet
  • Oefening
  • Genoeg slaap
  • Genoeg skoon water

Sal jy . . .

  • Meer energie hê
  • Gewig verloor (vet verbrand)
  • Gesonder wees

Bloedsuiker is niks anders as glukose in ons bloed nie, wat as petrol dien vir die liggaam en ook om dit aan die gang te hou op alle vlakke. Wanneer bloedsuiker vermeerder in die liggaam kan dit tot vele komplikasies lei en oor die algemeen tot diabetes.

Wil jy gewig verloor? Leer hoe om vinnig maar veilig gewig te verloor. Kliek Hier…

Gratis Dieet eBoek – Klik hier om na die aflaai blad te gaan.

Maar hoe beïnvloed bloedsuiker vlakke my gewig?

Die basiese konsep, waarvan die meeste van ons bewus is; wanneer ons meer eet as wat nodig is tel ons gewig op. Hierdie stelling is nie heeltemal waar nie aangesien bloedsuikervlakke ‘n belangrike rol speel met die optel van gewig want dit beïnvloed ons eetlus en stamina.

Bloedsuiker en Gewigsverlies 

Wanneer ons eet word verteerbare koolhidrate verwerk tot bloed suiker. Hierdie (bloedsuiker) glukose word deur die selle gebruik vir energie. Suiker word maklik absorbeer maar dit kan nie gebruik word indien die pankreas insulien vrystel nie. Wanneer ons kos eet wat ryk is aan koolhidraat, produseer die liggaam meer glukose as wat dit nodig het en dit verhoog die suiker vlakke in die liggaam.

As gevolg hiervan word die insulien wat vervaardig word verhoog, sodat al die glukose gebruik kan word vir energie. Die glukose word gestoor in die vorm van glikogeen, totdat dit nie meer gestoor kan word nie.

Die liggaam voel dat daar genoeg energie is en sodoende begin dit glikogeen as vet stoor. ‘n Insulien verhoging sorg dat jou suiker vlakke heeltemal te laag raak en dit maak nie saak of jy genoeg geëet het nie, jy is nog steeds honger en voel moeg. Jy voel lus om iets te eet met ‘n hoë suiker inhoud en wanneer jy dit doen begin die nare sirkel net weer van voor af. Uiteindelik is hoë bloedsuikervlakke verantwoordelik vir gewigstoename. 

Hoe beheer ek my bloedsuiker vlakke?

Aangesien jou bloedsuikervlakke jou gewig “beheer”, is dit noodsaaklik om dit te reguleer. Wees bedag op wat jy eet en hoeveel keer jy eet.  Mense, oor die algemeen is nie bewus van hoeveel kosse daar is met ‘n hoë suiker inhoud nie, en as gevolg daarvan eet hulle juis hierdie kos wat nie tot voordeel is vir hul bloedsuikervlakke nie. Daar is verskeie kos wat ‘n “glycemic index ranking” gegee is.

Dit is om te wys hoe dit die bloedsuiker beïnvloed. Aangesien suiker jou gewig beïnvloed, is dit belangrik om jou suikervlakke te beheer.  Kos ryk aan vesel help met hierdie beheer. Hierdie kos word stadiger verteer, en die voorsiening van glukose is meer egalig en jy sal nie aanhou honger voel nie.

Gaan kyk gerus na die Gi Indeks vir meer kosse wat jy kan geniet.Kliek Hier…

Hier is nog wenke oor gewigsbeheer: 

  • Vermy om kos te eet met ‘n hoë GI indeks. Indien jy dit eet, eet dit in klein hoeveelhede.
  • Moenie maaltye oorslaan nie. Jy sal meer eet indien jy dit doen want in der waarheid verhonger jy jouself.
  • Eet klein maaltye, elke paar uur en peusel tussenin.
  • Peuselhappies met hoë vesel moet voorkeur geniet.
  • Eet liewer ‘n hele vrug in plaas van om vrugte sap te drink.
  • Wees versigtig wanneer jy geprosesseerde kos soos sop, tamaties sous en gevriesde klaar gemaakte kos eet.
  • Drankies soos gas koeldrank het ‘n hoë suikerinhoud.
  • Wees versigtig wanneer jy kos ryk aan koolhidrate eet, want dit verteer vinnig. Eenvoudige koolhidrate sluit suiker in suiwel produkte (laktose), vrugte suiker (fruktose) en tafel suiker (sukrose) in.
  • Heelwat kosse wat as vet vry bestempel word, is hoog aan suiker.
  • Lees wat op die etiket staan voordat jy koop, want die suiker inhoud sal jou verstom.

Die kern van gewigsverlies is om gesond te eet. Sodra jy weet watter kosse goed is vir jou en jy meer daarvan in jou dieet insluit, asook ‘n gesonde oefenprogram, sal dit help om jou bloedsuikervlakke te beheer en by jou normale gewig uit te kom!

Ideale aanvulling vir Bloedsuikervlakke:

Manna Blood Sugar Support is die ideale aanvulling om bloedsuikervlakke te beheer en om diabetes te help voorkom.

Wanneer Manna Blood Sugar Support geneem word met etes, bind die noodsaaklike suikers en organiese vesels in die produk met die kos wat dan veroorsaak dat glukose uit die kos nie so vinnig vrygestel word in die bloedstroom nie.

Wanneer bloedsuikervlakke onder beheer is, beteken dit dat die liggaam minder insulien nodig het, en die hoë insulien vlakke in die liggaam kan dan mettertyd verbeter en terug keer na normaal.

Gesonde en gebalanseerde bloedsuikervlakke kan help om “cravings” te verminder of selfs te voorkom, om eetlus te demp, en om diabetes en aangehegde gesondheid probleme weg te hou.

Manna Blood Sugar Support is die enigste gesertifiseerde organies bloedsuiker aanvulling in die wêreld.

Hierdie aanvulling word vervaardig in ‘n FDA geregistreerde farmaseutiese fasiliteit onder streng GMP-HACCP regulasies vir u veiligheid. Dit is beskikbaar by Dis-Chem, Clicks, alle apteke en gesondheidswinkels asook aanlyn by mannaplus.co.za.

Blood Sugar Support Gewigsverlies

Close
afrikaans-dieet-07-3

 

Print Friendly

Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>