Bloedsuiker: “n Basiese Beginsel van Gewigsverlies

Bloedsuiker & Basiese Beginsels van Gewig

Veronderstel jy eet ‘n tuna toebroodjie vir middagete. Sodra jy klaar geëet is, begin jou spysverteringstelsel om die koolhidrate – die blaarslaai, tamatie en volgraanbrood – in glukose af te breek. (Glukose is ‘n eenvoudige suiker wat in plant- en dierweefsel voorkom.)

Hierdie glukose molekules beweeg deur jou bloedstroom en spoor die insulien, ‘n hormoon  wat deur jou pankreas vervaardig word, aan om deel van die proses te word. Insulien neem die glukose in jou bloed op en lewer dit aan suiker-honger selle in die brein, spiere en inwendige organe sodat dit vir energie gebruik kan word. Insulien help om die proteïen en vet ook in brandstof om te skakel, maar glukose is jou liggaam se mees bruikbare vorm van energie. Dit is in werklikheid die enigste brandstof wat breinselle en rooibloedselle gebruik.

Jou liggaam is afhanklik van koolhidrate om genoeg glukose te verkry. Dit is waarom lae-koolhidraat diëte oor die langtermyn nie ‘n goeie idee is nie. Hoewel jou liggaam die minimum energie uit proteïne en vette verkry, en jou brein dit baie vinnig kan gebruik – soos om jou aan die lewe te hou tydens hongersnood – hoef jy dit nie as die enigste bron te sien nie. Mense wat vir ‘n lang tyd op lae-koolhidraat diëte bly, vind dat hul denke nie meer so helder is nie, omdat hul brein nie genoeg brandstof het nie. Volgens die Nasionale Akademie van Wetenskappe het jy ten minste 130 gram koolhidrate per dag nodig om te verhoed dat jou brein begin wasig voel.

Laai jou gratis dieet eboek hier af!

So dit is ‘n goeie ding dat jy daardie tuna toebroodjie eet! Veronderstel jy eet dit teen 1 nm. en jou insulien skop in. Die insulien sal binne ongeveer 3 tot 4 ure meeste van die glukose in jou bloed na jou wagtende selle vervoer. Jou maag sal begin grom. As jy nie iets teen 5 of 6 nm. eet nie, sal jy begin honger word – selfs bewerig, geïrriteerd, lighoofdig of wankelrig. Dit is omdat jou insulien meeste van die oorblywende glukose in jou bloedstroom opgebruik het, en jou liggaamselle het meer nodig om aan te hou funksioneer.

Die volgende wat jy kan begin ervaar is ‘n behoefte daaraan om iets te eet, omdat die bloedsuikervlakke onder normaal daal, net soos ‘n motor se petroltenk.

Jy eet iets soets of styselrigs en minute later begin jou bloedsuiker styg. Daardie skielike hoeveelheid glukose is te veel vir jou pankreas om te hanteer en dit skei dan te veel insulien in jou liggaam af – wat so baie glukose op een slag uit jou bloedstroom neem dat jy skielik ‘n insinking beleef wanneer jou bloedsuiker binne die bestek van ‘n uur van hoog na laag val.

Gevolg: Jy is buierig, prikkelbaar, rasend honger en jy smag na nog soetigheid om jou energie – en jou bloedsuiker – weer op te stoot. Dit is ‘n bose kringloop wat gewaarborg is om ekstra maagvet (of vet op plekke waar jy dit nie wil hê nie) te laat saampak.

Aanbeveling

Wanneer jy iets eet, probeer altyd om die organiese Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met jou kos (of drinkgoed) te neem, omdat dit kan help om bloedsuikervlakke te alle tye stabiel te hou en die bose kringloop, soos hierbo uiteengesit, te voorkom. Nog ‘n wonderlike eetplan om te volg is die Manna Lae GI Dieët, wat jy in die gratis Manna Dieet eBoek (nou in afrikaans) kan vind.

Om te verhoed dat die pankreas te veel insulien afskei en die oortollige glukose as vet stoor, neem die Manna Blood Sugar Support, 2 tablette per ete. As jy ernstig is oor gewigsverlies, probeer die organiese Manna Low GI Shake as ‘n maaltydvervanger. Voeg die poeier by ‘n glas melk of maak ‘n “smoothie” daarmee, want hierdie produk is gewaarborg om jou langer versadig te hou, kosdrange te keer en aptyt te onderdruk.

Close
afrikaans-dieet-07-3

Blood-Sugar-Support-Afrikaans-2017

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>