Diabetes Komplikasies: 5 Algemene Oogprobleme en Hoe om dit te Behandel

5-common-eye-problems-and-how-to-fix-them

Op die oog af lyk dit nie of diabetes oogprobleme kan veroorsaak nie, tog is dit die grootste oorsaak van blindheid by mense tussen 20 en 74 jaar oud.

As dit nie behandel word nie, kan diabetes tot verskeie ander ernstige gesondheidsprobleme lei, en die invloed wat dit op ‘n mens se oë het, is waarskynlik die ergste.

So watter tipe oogprobleme kan diabetes veroorsaak?

  1. Versteurde of Dowwe Visie – (“blurred vision”)

Meeste mense se eerste instink is om getoets te word vir ‘n bril of kontaklense sodra hulle agterkom dat hulle sukkel om duidelik te sien. Dit kan egter ‘n geval wees van die behandeling van simptome eerder as die oorsaak van die probleem. Dit is meestal konstante hoë vlakke van bloedsuiker wat die oorsaak is van onduidelike of dowwe visie.

Oplossing:

Die sleutel is om die wortel van die probleem, te hoë bloedsuikervlak, te behandel. Om dit reg te stel, moet jy jou bloedsuikervlak terug kry na ‘n “normale” vlak, wat tussen 4.5 – 7mmol/L voor etes is, en minder as 10mmol/L twee ure na ete.

Met behandeling kan dit tot 3 maande duur voordat jou visie weer na normaal terugkeer.

Hoewel hoë bloedsuikervlakke meestal die oorsaak van onduidelike of dowwe visie is, beveel ons steeds aan dat jy met ‘n oogdokter gesels wat vir jou sal kan sê of dit ‘n simptoom of ‘n meer ernstige probleem is.

  1. Katarakte –

Katarakte word gevorm wanneer afvalstowwe die lens van die oog dof maak, en dit moeilik raak vir die oog om te fokus. Die twee hoofoorsake van katarakte is onduidelike of dowwe visie en glans.

Hoewel enige iemand katarakte kan kry, is dit baie meer algemeen onder mense wat diabetes het, en dit kan vinnig tot ernstiger probleme lei.

Oplossing: 

Chirurgie is nodig om ‘n katarak te verwyder. Dit beteken dat die dokter die dowwe lens met ‘n kunsmatige een vervang.

  1. Gloukoom –

Gloukoom is wanneer druk in die oog opbou weens vloeistowwe wat nie dreineer soos dit moet nie. Die mees algemene vorm van gloukoom staan bekend as wyehoek gloukoom. In hierdie gevalle kan slegs medikasie gebruik word om die vloeistof in die oog te verminder en derhalwe die drukking effens te verlig.

Hierdie tipe gloukoom het meestal nie enige vroeë simptome nie, maar dit beteken dat daar reeds groot verlies in visie is teen die tyd dat die simptome opgemerk word. Die beste manier om dit vroegtydig op te spoor, is om vir ‘n jaarlikse oog ondersoek te gaan.

Met minder algemene vorms van gloukoom kan jy die volgende ervaar:

  • Hoofpyne
  • Oogseer of pyn
  • Onduidelike of dowwe visie
  • Waterige oë
  • Stralekranse rondom ligte
  • Verlies van visie

Oplossing: 

Behandeling kan medikasie en spesiale oogdruppels insluit. Chirurgie en laserbehandeling kan help met dreinering in ernstige gevalle soos neo-vaskulêre gloukoom, waar ekstra bloedvate op die iris (gekleurde deel van die oog) groei.

  1. Diabetiese Retinopatie –

Diabetiese retinopatie is die gevolg van beskadiging aan die klein bloedvate in die retina weens hoë suikervlakke in die bloedstroom. As dit nie vroegtydig opgespoor word nie, kan dit lei tot blindheid.

Dit word ook toenemend meer gevaarlik hoe langer jy diabetes het – veral as jy dit nie behoorlik beheer nie.

Oplossing:

Mense wat hul bloedsuikervlakke gedurende diabetes in beheer probeer hou is minder geneig om diabetiese neuropatie te ontwikkel, solank hulle hul bloedsuikervlakke reg bestuur. Dieselfde geld vir die behandeling daarvan as jy dit reeds ontwikkel het – hou jou bloedsuikervlakke onder beheer!

  1. Agtergrond Retinopatie –

Maculopatie en proliferatiewe retinopatie is effens verskillende vorme van diabetiese neuropatie, maar moet met net soveel sorg behandel word!

Maculopatie:

Dit is beskadiging van die makula, ‘n kritiese plek op jou retina wat jou visie ernstig kan affekteer.

Proliferatiewe retinopatie:

Dit gebeur wanneer selle aan die agterkant van jou oog nie genoeg suurstof kry nie en nuwe bloedvate begin groei.

Omdat hierdie nuwe bloedvate is, kan hulle maklik oopbreek, bloei en ‘n bloedklont veroorsaak. Dit kan letsels veroorsaak en jou retina wegtrek van die agterkant van jou oog. As dit loskom, kan jy onherstelbare sigverlies hê.

Oplossing:

Soms is daar geen behandeling hiervoor nie, maar in ander gevalle is chirurgie ‘n opsie.

As dit vroegtydig opgespoor word, kan ‘n laser prosedure wat die bloedvate wegbrand jou visie red. Dit kan blindheid voorkom by tot 50% van mense met vroeë retinopatie.

Die Nut van Oog ondersoeke:

Oog ondersoeke met ten minste eenkeer ‘n jaar gedoen word, omdat dit die beste manier is om oogprobleme vroegtydig op te spoor. Dit beteken dat, sou ‘n probleem ontwikkel, dit behandel kan word wanneer dit nog relatief maklik en minder gevaarlik is.

Indien jy binnekort wil swanger raak, kry ‘n oogtoets om moontlike probleme te vermy. Hou daarmee vol terwyl jy swanger is.

 Wanneer om DRINGEND die Dokter te besoek –

Hierdie simptome kan ‘n teken wees van ‘n noodgeval:

  • Swart kolle in jou visie
  • Ligte wat flikker
  • “Gate” in jou visie
  • Onduidelike of dowwe visie

Behandeling van voorkombare diabetes komplikasies

Met die regte lewenstyl veranderinge is dit moontlik om jou bloedsuiker vlakke terug te bring na normaal.

Eet gesonde kosse –

Laag in vet, lae kalorie, maar hoë vesel is die beste opsie.

Fokus op vrugte, groente en volgraan. Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Diet e-Book af vir al die inligting, spyskaarte en resepte om jou te help om jou gewigsverlies mikpunt te bereik.

Kry genoeg van die regte oefening –

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit vir die meeste dae van die week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter.

Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel.

Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit.

Aanvulling –

Neem die Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met elke ete, want dit kan help om bloedsuikervlakke te beheer, hoë insulienvlakke te verminder, kosdrange “cravings” hok te slaan asook eetlus te demp op ’n natuurlike manier sonder enige newe-effekte.

Hierdie produk help om die GI (Glukemiese Indeks) van kosse met tot 43% te verminder en dus die opname van glukose van die kos na die bloedstroom te vertraag.

Omdat bloedsuiker vlakke onder beheer is, lei dit to hoër energie vlakke en kan dit help om ernstige diabetiese gesondheids probleme voorkom.

blood-sugar-support-diabeet-afrikaans-02

Print Friendly

Comments

  1. cobus says

    Nog sulke informasie in afrikaans sal welkom wees. Artikels oor wat ons vir ontbyt ,middag etes en aand etes in afrikaans. Ook tipe peusel happies.