Gevare van Diabetes: 6 Algemene Voet Komplikasies

Diabetes Dangers: 6 Common Foot Complications

Mense met diabetes is baie meer vatbaar vir voetprobleme, en selfs gewone voet probleme kan maklik vererger en ernstig word.

Voetprobleme ontstaan oor die algemeen weens skade aan die senuwee en swak bloedsirkulasie. Dit veroorsaak verskillende komplikasies wat wissel van pyn in die voet tot totale verlies van gevoel. Kom ons kyk na 6 van die mees algemene voetprobleme wat diabete in die gesig staar…

  1. Neuropatie –

Neuropatie is die term wat gebruik word vir senuweeskade en in die geval van diabetes word die skade gewoonlik veroorsaak deur langdurige hoë bloedsuikervlakke.

Neuropatie kan pyn in die geaffekteerde area veroorsaak, maar dit kan ook ‘n totale verlies aan gevoel veroorsaak waar hitte en koue nie van mekaar onderskei kan word nie.

Laasgenoemde kan tot verskeie ander probleme lei omdat jy nie kan voel wanneer jy jou voet seermaak nie. Jy kan dalk ‘n sny, blaas of ander besering opdoen sonder om dit agter te kom! Die voetbesering word dus nie behandel nie en kan besmet word.

  1. Vel van Voet Verander –

Veranderinge aan die vel op die voet kan die gevolg wees van senuweeskade, omdat die senuwees wat die olie en vog in die voete beheer nie meer werk soos hulle moet nie.

Die beste manier om dit te hanteer is om jou voete goed af te droog nadat jy gebad het, en dan die oorblywende vog met ‘n dun lagie petroleum jellie of gewone handeroom te seel.

Wees versigtig om nie te veel daarvan tussen jou tone te smeer nie, want te veel vog kan lei tot infeksie.

  1. Eelte –

Diabete is meer geneig tot eelte onder hul voete en hierdie eelte is geneig om gou te verdik. Dit gebeur weens die feit dat die onderkante van die voete hoë druk-areas is.

Terapeutiese skoene of binnesole kan help om die ongemak of pyn van eelte onder jou voete te verlig.

As eelte nie afgeskuur word nie, kan hulle baie dik word en later afbreek en in oop sere ontwikkel. Jy moet nooit probeer om dit self af te skuur nie, omdat dit swere of infeksie kan veroorsaak.

Besoek eerder ‘n kundige / gekwalifiseerde persoon wat dit deeglik kan afskuur.

Deur elke dag ‘n voet skuursteen te gebruik kan eelte onder beheer gehou word. Dit is die beste om die voet skuursteen op ‘n nat vel te gebruik. Smeer room aan na die behandeling.

  1. Voetsere –

Soos reeds genoem is voetsere oop seerplekke en kom gewoonlik op die bal van die voet of onder die groottoon voor. Soms ontwikkel hulle aan die kant van die voet, en dis gewoonlik weens skoene wat sleg pas.

Swere kan baie seer wees en moet verkieslik deur ‘n kundige ondersoek en behandel word – selfs al is hulle nie seer nie.

As swere nie behandel word nie, kan hulle besmet raak en, in ernstige gevalle, lei tot die verlies van ‘n ledemaat.

Die behandeling van swere hang af van die oorsaak daarvan, die stadium waarin dit is, waar dit geleë is, ens. Dit it waarom dit belangrik is om jou dokter dadelik te raadpleeg sodat die regte behandeling vir jou sweer toegepas kan word.

As jy ‘n sweer aan die onderkant van jou voet het, is dit baie belangrik om so min as moontlik daarop te trap, omdat die drukking dit kan vererger. Jou dokter sal vir jou ‘n spesiale skoen of stut gee wat jou kan help om te stap sonder om verdere skade aan te rig.

Dit is belangrik om baie versigtig te wees, selfs al is die sweer gesond, want die vel en weefsel kan maklik beskadig word.

As die sweer nie gesond wil word nie en as jou sirkulasie swak is, kan jou dokter jou na ‘n vaskulêre chirurg verwys. Goeie diabetes beheer is belangrik. Hoë bloedsuikervlakke maak dit moeilik om infeksie te beveg.

  1. Swak Sirkulasie –

Soos vroeër genoem, dra swak bloedsirkulasie grootliks by tot diabetiese voetprobleme. Dit kan veroorsaak dat swere en infeksies moeilik gesond raak, en ook dat dit meer geneig is om voor te kom.

Diabetes kan lei tot swak bloedsirkulasie, omdat dit veroorsaak dat bloedvate in die voete en bene verdun en hard word.

Simptome van swak bloedsirkulasie is gewoonlik gevoelloosheid, ‘n tinteling, pyn of ongemak van die voete.

Meeste diabete sukkel met swak sirkulasie en daarom voel hul voete altyd koud. Swak sirkulasie is ook die rede hoekom jy jou voete maklik kan brand wanneer jy dit met warm water of warmwatersakke wil warm maak. Gebruik eerder dik, warm sokkies om jou voete warm te maak.

  • Jy kan die effek van swak bloedsirkulasie beveg deur op te hou raak (as jy rook), want dit laat die bloedvate verhard.
  • Volg ‘n gesonde dieët, soos die Manna Dieet, om jou bloeddruk en cholesterol onder beheer te hou.
  • Oefening is goed vir swak sirkulasie. Dit stimuleer bloedvloei in die bene en voete. Stap in stewige, gemaklike skoene wat goed pas, maar moenie stap as jy oop sere het nie.

Sommige mense kry pyne in hul kuite as hulle teen ‘n opdraande, vinnig, of op ‘n harde oppervlakte stap.  Hierdie toestand word intermitterende kloudikasie genoem.

Verlig die pyn deur vir ‘n paar oomblikke te stop. Moenie rook as jy hierdie simptome het nie. Sien die Manna Diet eBook vir ‘n gedetailleerde stap program en begin.

  • Sommige mense kan met medikasie gehelp word om sirkulasie te verbeter.
  1. Amputasie –

Die risiko vir ‘n amputasie is baie groter vir mense met diabetes as vir diegene daarsonder. Dit is weens die feit dat baie diabete aan perifere arteriële siekte (PAS) lei, wat die bloedvloei na die bene en arms laat afneem. Saam met die senuweesiekte (wat verlies aan gevoel veroorsaak), is diabete meer geneig tot swere en infeksies wat kan lei tot die amputasie van ledemate.

Dit is derhalwe uiters belangrik om voetsorg ernstig op te neem. Doen daaglikse voet ondersoek omdat jy nie altyd kan voel wanneer jy ‘n sweer of infeksie teenwoordig is nie.

As jy begin sukkel met voetprobleme, besoek jou dokter sodat hy/sy jou kan help om jou voete reg te versorg.

Aanbeveling:

Behandeling en Voorkoming van Diabetiese Voetprobleme

Met die regte leefstylveranderinge is dit moontlik om jou bloedsuikervlakke te normaliseer.

Eet gesonde kosse –

Laag in vet, lae kalorie, maar hoë vesel is die beste opsie.

Fokus op vrugte, groente en volgraan. Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik.

Kry genoeg van die regte oefening –

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit vir die meeste dae van die week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter.

Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel.

Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit.

Aanvulling –

Neem die Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met elke ete, want dit kan help om bloedsuikervlakke te beheer, hoë insulienvlakke te verminder, kosdrange “cravings” hok te slaan asook eetlus te demp op ’n natuurlike manier sonder enige newe-effekte.

Hierdie produk help om die GI (Glukemiese Indeks) van kosse met tot 43% te verminder en dus die opname van glukose van die kos na die bloedstroom te vertraag.

Omdat bloedsuiker vlakke onder beheer is, lei dit to hoër energie vlakke en kan dit help om ernstige diabetiese gesondheids probleme voorkom.

blood-sugar-support-diabeet-afrikaans-02

 

diabetic-meal-plan-02-2

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>