Hoe om Binnevet te Verbrand

Hoe om Binnevet te Verbrand

Wanneer mense sê dat hulle van hul maagvet ontslae wil raak, verwys hulle eintlik na twee verskillende tipes vetweefsel: binnevet (soms aktiewe vet genoem) en onderhuidse vet.

  • Onderhuidse vet word direk onder jou vel gestoor en is die tipe vet wat jy op jou maag, arms of enige ander plek op jou liggaam kan “vasknyp”.
  • Binnevet, aan die ander kant, is baie moeiliker om te identifiseer, omdat dit rondom jou organe in jou liggaam gestoor word, soos rondom jou lewer, pankreas en ingewande.

Wil jy gewig verloor? Kry die Gratis Dieet eboek en leer hoe!

Die Probleem met Binnevet

Binnevet kan inmeng met jou lewer se funksies en hormonale kommunikasie tussen jou lewensbelangrike organe onderbreek. Dit kan lei tot insulien weerstand (die begin van diabetes), hoë bloeddruk, hoë cholesterolvlakke en ‘n hoer risiko vir die ontwikkeling van hartsiekte. Hoë binnevet word ook verbind met borskanker, kolorektale kanker, beroerte, Alzheimer siekte en demensie.

Nie net dit nie, maar ‘n groter middellyf, tesame met hoë bloeddruk, hoë trigliseriede (vet in die bloed), lae HDL (“goeie” cholesterol) en stygende bloedsuiker is kenmerkend aan Sindroom X, wat begin met die stoor van hoë binnevet.

Maar daar is iets wat jy kan doen om die saampak van hierdie gevaarlike vet te stop en om te keer. Leefstyl veranderinge, insluitend dieët en oefening, sal help om die verbranding van binnevet te bevorder en jou risikofaktore vir die ontwikkeling van hartsiektes verlaag.

Diagnoseer en Los die Probleem Op

So hoe weet jy of jy ‘n risikogeval is? Die enigste manier om verseker te weet of binnevet jou probleem is, is om ‘n MRI of CT-skandering te ondergaan, wat albei baie duur en meestal nie medies noodsaaklik is nie. As jou middellyf omtrek meer as 102cm vir mans en 88cm vir vroue is, is dit, volgens die Journal of the American Medical Association, ‘n teken dat jy te veel maagvet saamdra, selfs al het jy ‘n relatief gesonde gewig en al is jy oor die algemeen gesond.

  • Volg ‘n Gesonde, Gebalanseerde Voedingsplan

Probeer om ‘n gesonde voedingsplan te volg, soos die Manna Low GI Diet (nou in Afrikaans) wat daarop fokus om jou gesondheid te verbeter en jou te help gewig verloor. Probeer om jou daaglikse vetinname te beperk tot 20 – 30 persent van jou totale kalorieë, beperk versadigde vette (soos diervette, palmolies en verwerkte peuselhappies en nageregte) tot minder as sewe present en probeer om skadelike transvette totaal uit te skakel.

Jou voedingsplan moet baie vars groente en vrugte, maer proteïene en komplekse koolhidrate soos bone, lensies en volgrane insluit vir energie en vesel. Probeer ook om met olyfolie, canola olie en druiwepit olies te kook, omdat hulle mono-onversadigde vette bevat, wat “goeie vette” is wanneer dit in matige hoeveelhede gebruik word.

Probeer om een tot twee etes per dag te vervang met die organiese Manna Low GI Shake, want hierdie natuurlike en organiese skommel kan help om jou vir langer versadig te hou en jou daaglikse kalorie-inname verminder.

Deur die Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met elke ete te neem, kan jou pankreas minder insulien afskei en dus sal daar minder insulien wees om glukose as vet te stoor.

  • Verhoog die Hoeveelheid en Intensiteit van Jou Oefening

Probeer om daagliks ten minste 30 minute lank te oefen, wat jou sal help kalorieë verbrand. ‘n Gewigsverlies van vyf tot 10 persent van jou totale liggaamsgewig kan help om gestoorde Binnevet te verminder. Om dit reg te kry moet jou daaglikse kalorie balans (kalorieë ingeneem minus kalorieë verbrand) negatief wees. Meer spesifiek, om ‘n pond per week te verloor, moet jou tekort 500 kalorieë per dag wees. Dit beteken dat jy moet oefen. (Die Manna Shake is ideaal om jou daaglikse kalorie-inname te verminder, sonder om honger te wees.)

Probeer sirkelbaan oefening, vinnig stap, fietsry of enige aktiwiteit wat jou hartklop versnel en jou aan die beweeg hou vir ‘n uur. Jy kan, bykomend hiertoe, probeer om hoë-intensiteit interval oefeninge by jou roetine te voeg.

  • Bly Gemotiveerd en op Koers

Gewigsverlies neem tyd. Moenie verwag om oornag gewig te verloor nie – jy het dit mos nie oornag aangesit nie. Net ‘n matige gewigsverlies sal jou binne gestoorde vet en ander mediese komplikasies wat jy mag hê, verbeter. Gebruik dit as aanmoediging om by jou eet- en oefenprogram te hou. Jy kan van jou vriende of familielede vra om jou aan te moedig in jou gewigsverlies poging. Studies bewys dat mense wat aan iemand verantwoording moet doen, meer geneig is om hul doelwitte te bereik.

  • Beoefen Gesonde Leefstyl Gewoontes

Ten einde jou algemene gesondheid te verbeter, moet jy ophou rook, drink, onaktief wees en vetterige, verwerkte kosse eet. Deur gesonder leefstylkeuses te maak, sal jou lewenskwaliteit verbeter en jy sal sentimeters verloor. Maak ook seker dat jy genoeg slaap en dat jy tyd maak om te ontspan. Navorsers het bewys dat die streshormoon, kortisol, die stoor van binnevet verhoog. So doen ‘n paar diep asemhalingsoefeninge, gaan stap of neem ‘n bad.

Close
afrikaans-dieet-07-3

Blood-Sugar-Support-Afrikaans-2017

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>