Hoe om die Lae GI Dieët te gebruik vir effektiewe Gewigsverlies

Low GI Diet revised for effective Weight Loss

Die Glukemiese Indeks is oorspronklik ontwerp om mense met diabetes te help om hul bloedsuikervlakke te beheer. Dit kan egter ook gebruik word as ‘n baie effektiewe gewigsverlies dieët.  

Die basis hiervan is dat iets wat werk om bloedsuiker te beheer, in teorie ook sal help dat jy ekstra gewig afskud.

Leer meer oor wat die Glukemiese Indeks is…

Die Glukemiese Indeks dieët fokus op koolhidrate. Dit raak egter ‘n bietjie gekompliseerd – hier is die basiese idee:

Sommige kosse soos witbrood, koekies en wit aartappels laat jou bloedsuiker vining styg.

Op die glukemiese indeks dieët eet jy koolhidrate wat ‘n meer bestendige styging in bloeduiker veroorsaak; en die vesel in daardie kosse laat jou langer versadig voel. Jy is nie so honger nie, en jy voel meer tevrede.

Lees bietjie deur die lyste om te sien watse kos is Laag in GI…

Deur te hou by ‘n lae glukemiese indeks dieët kan jy kondisies soos diabetes en hartsiektes voorkom, maar dit is nie verseker dat hierdie dieët jou beter of vinniger sal help gewig verloor as ‘n lae-vet, algemeen gesonde dieët nie.

‘n Studie het getoon dat mense op ‘n lae glukemiese dieët vinniger gewig verloor as diegene op ‘n hoë glukemiese dieët met dieselfde kalorieë.

Die beste dieët is dus een wat laag is in GI sowel as laag in kalorieë. Omdat meeste van ons daaglikse kalorie-inname uit koolhidrate soos brode, pasta, rys, aartappels en ander graanprodukte bestaan, moet ons koolhidraat-inname verminder of oorskakel na “beter” koolhidrate.

Dit is waarom ons die Manna Diet plan ontwikkel het, want dit is laag in GI, maar ook laag in koolhidrate.

Om alles te kroon, as jy die Manna Blood Sugar Support aanvulling gebruik met elke lae-koolhidraat ete, sal jy nie net vir langer versadig voel nie, maar dit sal ook help om kosdrange en eetlus te beheer vir vinnige en gesonde gewigsverlies.

Jy kan ook die Manna Low GI Shakes drink as ‘n gesonde maaltydvervanger. Hierdie skommel kan ook help om eetlus te beheer en daaglikse kalorie-inname te verminder vir effektiewe gewigsverlies.

Blood Sugar Support Gewigsverlies

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>