Hoe om Gevaarlike Maagvet te Verloor

Getting Rid Of Dangerous Belly Fat

Hoewel dit moeilik is om maagvet te verloor, is dit beslis die moeite werd.

Om gewig te verloor is meer as om bloot aan jou bikini-lyf te werk. Maagvet kan gevaarlik vir jou gesondheid wees.

Daar is tot onlangs nog geglo dat vet ‘n relatief passiewe stof is. Dit is gesien as niks meer as gestoorde energie nie. Onlangse navorsing dui egter daarop dat vetselle biologies aktief is.

Hulle stel verskillende hormone en chemikalieë vry wat byna elke orgaan in die liggaam affekteer.

Onder normale omstandighede is hierdie hormone en chemikalieë daar om te help om jou gesond te hou. As jy egter oorgewig is, is daar baie meer vetselle wat veel groter is.

Dit beteken hulle stel baie meer van hierdie hormone en chemikalieë af, en te veel daarvan kan skadelik vir die liggaam en sy funksies wees. Dit kan lei tot ‘n groter risiko vir gesondheidskwessies soos diabetes, hartsiekte en selfs kanker.

Leer ongeveer 5 algemene mites oor die verloor van maagvet … (engels)

Hoe Veroorsaak Maagvet Siekte?

Navorsers probeer nog steeds uitvind presies hoe skadelik maagvet vir die liggaam is, maar hulle het gevind dat sommige van die proteïene wat vrygestel word verskillende uitwerkings op die liggaam het.

Hulle het gevind dat een proteïen (Retinol-verbindende proteïen 4) die risiko om insulien weerstand te ontwikkel, baie kan verhoog. ‘n Ander proteïen kan die bloedvate vernou, en dit lei tot hoë bloeddruk.

Veroorsaak insulienweerstand gewigstoename? Leer meer … (engels)

Vroue met ‘n oormaat maagvet het ‘n baie groter kans om borskanker te ontwikkel, omdat die vetselle ook estrogeen vervaardig. Wanneer die liggaam te veel estrogeen het, kan dit lei tot gewasse in die bors.

Is Maagvet Gevaarliker As Ander Vet?  

In kort: ja, dit is.

Die grootste rede hiervoor is waarskynlik omdat dit tot lewersiekte kan lei. Hoewel vet in ander dele van die liggaam alles behalwe skadeloos is, plaas dit jou nie in so ‘n gevaar nie.

Maagvet is baie meer as wat ons op die oog af sien. Dit omring al die organe in die buik. In die geval van die lewer, dreineer die bloed wat deur hierdie vet vloei direk in die lewer deur die portale aar.

Dit beteken dat die gevaarlike stof wat deur die maagvet vervaardig word, direk na die lewer gaan. Dit kan die risiko van vetterige lewersiekte en hepatitis B verhoog.

Hoe Weet Ek Of Ek Te Veel Maagvet Het?

Almal het ‘n unieke bouvorm. Vir ‘n normale grootte persoon sal die volgende ‘n aanduiding van te veel maagvet wees:

Mans: ‘n middellyf omtrek van 102cm of groter.

Vroue: ‘n middellyf omtrek van 88cm of groter.

Hoe Raak Ek Ontslae Van Maagvet?

Eet gesond. Bly aktief. Neem die regte aanvullings. Kry genoeg rus. Met die regte kombinasie kan jy verby maagvet werk en jou kanse om ernstige gesondheidskwessies te ontwikkel, verminder.

Dieët:

Die eerste ding wat jy moet doen is om jou daaglikse kalorie inname te verlaag. Ons kan dit doen deur ons porsiegrootte effens te verminder, en dan kan ons ongesonde kosse met gesonder kosse (wat laer in kalorieë is) vervang.

Probeer die Manna Diet program, wat eetplanne, resepte en oefeninge bevat sodat gewigsverlies makliker sal wees.

Oefening:

‘n Dieët gaan nie baie effektief sonder oefening wees nie. Daar word aanbeveel dat jy vir ten minste 30 minute per dag, 5 dae per week moet oefen.

Oefening hoef nie vervelig of uitdagend te wees nie. Jy kan ‘n ent in die veld gaan stap of ‘n “power walk” langs die strand onderneem en op so ‘n manier jou oefening inkry. Die belangrike ding is om dit vir jouself opwindend te maak.

Hier is 7 wenke om gewigsverllies super eenvoudig te maak… (engels)

Kry Rus:

Die uitwerking van ‘n goeie nagrus word heeltemal onderskat. Selfs een nag van slegte slaap kan jou gewigsverliespogings benadeel.

Natuurlike Aanvullings:

Die Manna FAT burner kan help om jou metabolisme te verhoog om oortollige vet te verbrand.

Manna FAT Burner bevat Gemmer en Guarana, twee bestanddele wat kan help:

  • om metabolisme op ‘n natuurlike manier te verhoog sonder enige newe-effekte, sodat jy vet vinniger kan verbrand,
  • en om aptyt te verminder, sodat jy minder eet en meer maagvet verloor.

Ons beveel ook die Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met elke ete aan om bloedsuiker te help beheer, eetlus te onderdruk, kosdrange onder beheer te hou en gewig gouer en makliker te verloor.

blood-sugar-support-cravings-afrikaans-02

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>