Kan jy dalk Insulienweerstandig wees?

Hoe Om The Weet Of Jy Aan Insulien Weerstandigheid Ly

Daar is baie mense wat aan insulienweerstandigheid ly sonder dat hulle dit eers weet.

Insulienweerstandigheid kan baie moeilik wees om al in die vroeë stadiums van ontwikkeling raak te sien, omdat dit ‘n paar jaar kan neem voordat enige sigbare simptome gesien kan word.

Wat Presies is Insulienweerstandigheid?Insulien Weerstandigheid-01

Om dit kortliks te stel, is dit ‘n gesondheidsprobleem wat ontstaan wanneer die selle in die liggaam weerstandig raak teenoor ‘n hormoon insulien. Hierdie is ‘n groot probleem siende dat insulien verantwoordelik is daarvoor om die bloedsuiker vlakke in die liggaam gebalanseerd te hou. Wanneer die selle dan weerstandig raak teenoor insulien veroorsaak dit konstante hoë vlakke van suiker in die bloedstroom, wat na vele ander gesondheidsprobleme kan lei.

Hier is ‘n paar vinnige feite oor insulien weerstandigheid om dit beter te verstaan…

  • Insulienweerstandigheid lei gewoonlik na die ontwikkeling van tipe-2 diabetes.
  • Insulienweerstandigheid word dikwels geassosieer met ander ernstige kwale soos vetterige lewer siekte, arteriosklerose, acanthosis nigricans, en probleme in vrouens se voortplanting funksie.
  • Nie net kan insulienweerstandigheid tot ander gesondheidsprobleme lei nie, maar dit kan ook andersom werk. Dit wil sê dat insulienweerstandigheid ook kan veroorsaak word as gevolg van ‘n ander, reeds-bestaande siekte of gesondheidsprobleem.
  • Insulienweerstandigheid mag ook dalk deel vorm van die metaboliese sindroom, wat kan lei tot a baie groter kans om hartsiekte te ontwikkel.
  • Genetika speel ‘n groot rol in die ontwikkeling van insulienweerstandigheid, maar met die regte dieet, genoeg oefening, en goeie medisyne kan dit steeds beheer word.

Algemene Komplikasies van Insulienweerstandigheid:Diet Ebook-01

Insulienweerstandigheid kan lei tot verskeie ander gesondheid komplikasies, maar 3 van die mees algemene hiervan is …

Acanthosis nigricans –

Dit is ‘n vel toestand waar donker kolle op die agterkant van die nek, in die oksels (onderarm), en op die lies kan verskyn. Soms kan dit die eerste merkbare simptoom van insulienweerstandigheid wees. Daar is geen behandeling spesifiek vir die donker kolle op die vel nie, maar van die oorspronklike velkleur kan weer terug gekry word deur die behandeling van die kernoorsaak, wat insulienweerstandigheid is.

Skade aan die Bloedvate –

Siende dat insulienweerstandigheid kan lei tot konstante hoë bloedsuiker vlakke in die liggaam, kan dit skade en agteruitgang in die bloedvate veroorsaak. Dit kan dan lei tot ‘n verhoogde risiko van hartsiektes en beroertes.

Tipe-2 Diabetes –

Meer dikwels as nie lei insulienweerstandigheid tot tipe- 2-diabetes, en dit is weereens as gevolg van die voortdurende hoë bloedsuikervlakke. Soos met insulienweerstandigheid, kan tipe-2 diabetes slegs ontdek word na ‘n paar maande of jare, waarna dit reeds aansienlike skade veroorsaak het aan die liggaam.

Simptome om voor uit te kyk:

  • Aanhoudende dors,
  • gereelde urinering,
  • om nie vol te voel na ‘n ete nie,
  • tinteling of ‘n dooie gevoel in die hande en voete te danke aan senuwee skade,
  • en om heeltyd moeg te voel.

Wat Veroorsaak Insulienweerstandigheid?

Insulienweerstandigheid kan ontwikkel as gevolg van verskeie faktore, met genetika wat ‘n groot rol speel. Sekere medikasie kan ook die risiko verhoog, maar die vinnigste groeiende oorsaak vir insulienweerstandigheid is ‘n groep van toestande wat bekend staan ​​as die metaboliese sindroom.

Die metaboliese sindroom bestaan ​​uit ‘n groep kondisies wat insluit: oortollige liggaamsgewig (veral om die middellyf), hoë bloeddruk , asook hoë vlakke van cholesterol en trigliseriede in die bloed. So, die volgende is ‘n paar van die grootste oorsake van insulienweerstandigheid:

  • Vetsug
  • Swangerskap
  • Infeksie of ernstige siekte
  • Spanning
  • Onaktiwiteit en oortollige gewig
  • Steroïede gebruik

Hoe Word Insulienweerstandigheid Gediagnoseer?

Gewoonlik is dit genoeg om slegs die vastende bloedsuiker vlakke en insulien vlakke te meet. Dit behoort ‘n duidelike aanduiding te gee dat daar insulienweerstandigheid of diabetes teenwoordig is of nie.

Indien jy wel nie aan insulienweerstandigheid ly nie, kan ‘n gekwalifiseerde mediese dokter toetse doen om te bepaal hoe groot jou risiko is om insulienweerstandigheid te ontwikkel. Dit word gedoen deur ‘n ondersoek the doen oor die volledige geskiedenis van siektes in die familie, ‘n fisiese ondersoek uit te voer, en eenvoudige laboratoriumtoetse gebaseer op individuele risikofaktore te doen.

Hoe Om Insulienweerstandigheid te Voorkom of Behandel:

Die beste manier om insulienweerstandigheid te voorkom is om gesonde lewenskeuses te maak deur ‘n goeie, gesonde eetplan te volg, genoeg oefening te kry, en om seker te maak dat jou bloedsuiker en cholesterol vlakke gebalanseerd is.

Al die bogenoemde is nog meer belangrik indien jy reeds met insulienweerstandigheid gediagnoseer is, want dan is die kanse baie groot om tipe-2 diabetes te ontwikkel. Dit is belangrik om te onthou dat tipe-2 diabetes baie meer is as slegs ongebalanseerde bloedsuiker vlakke – dit stel mens oop vir baie ernstige gesondheidsprobleme soos hartsiekte, asook probleme met die niere, oë, en senustelsel.

Hoe Om Insulienweerstandigheid te Voorkom of Behandel:

Die beste manier om insulienweerstandigheid te voorkom is om gesonde lewenskeuses te maak deur ‘n goeie, gesonde eetplan te volg, genoeg oefening te kry, en om seker te maak dat jou bloedsuiker en cholesterol vlakke gebalanseerd is.

Al die bogenoemde is nog meer belangrik indien jy reeds met insulienweerstandigheid gediagnoseer is, want dan is die kanse baie groot om tipe-2 diabetes te ontwikkel. Dit is belangrik om te onthou dat tipe-2 diabetes baie meer is as slegs ongebalanseerde bloedsuiker vlakke – dit stel mens oop vir baie ernstige gesondheidsprobleme soos hartsiekte, asook probleme met die niere, oë, en senustelsel.

Maak seker jou bloedsuiker vlakke is onder beheer deur slegs kos met n lae Glukemiese Indeks (GI) waarde te eet (Manna Dieët) en ook n goeie oefen program te volg.

Deur die Manna Blood Sugar Support saam met kos te neem, kan jy die GI van enige kos wat jy eet verlaag, en sodoende insulien vlakke ook verlaag, wat dan dan help om Manna Blood Sugar supportinsulienweerstandigheid en diabetes te voorkom.

Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Suid-Afrikaanse Mesquite boom, en volgens gepubliseerde wetenskaplike navorsing kan die produk help om gestabiliseerde en gesonde bloedsuiker vlakke te bevorder en behou.

Hoe die produk werk:

Wanneer dit geneem word saam met die kos wat jy eet, bind die noodsaaklike suikers en organiese vesels in die produk saam met die kos wat dan veroorsaak dat glukose uit die kos nie so vinnig vrygestel word in die bloedstroom nie.

Wanneer bloedsuiker vlakke onder beheer is, beteken dit dat die liggaam minder insulien nodig het, en die hoë insulien vlakke in die liggaam kan dan mettertyd verbeter en terug keer na normaal.

Gesonde en gebalanseerde bloedsuiker vlakke kan help om “cravings” te verminder of selfs te voorkom, om eetlus te demp, en om diabetes en aangehegde gesondheid probleme weg te hou.

Manna Blood Sugar Support is die enigste gesertifiseerde organies bloedsuiker support aanvulling in die wêreld.

Hierdie aanvulling word vervaardig in ‘n FDA geregistreerde farmaseutiese fasiliteit onder streng GMP-HACCP regulasies vir u veiligheid.

Wat die Manna Gebruikers te sê het:

Joyce – Amazing!!! I am fitting in pants I haven’t worn in years…getting light on my feet. Enjoying all the compliments i receive… I have watched my colleague loose so much weight in front of my eyes and i ask myself “what have i got to loose except for the fat” :) I tried it and it works… I recommend “The Blood Sugar Support” to everyone.

Estelle – I am a diabetic and Blood sugar support helped me to stop the “munchies”. With all the postal problems Manna’s hassle free delivery service is wonderful.

Denve – I have been using Manna for the past year and have lost over 30kg for the year. Manna Shake replace my lunch and 2 pills before each meal.I’m feeling great thanks Manna you ROCK !

Maryna Goosen – A while ago I thought that I had a cholesterol problem after taking a test. I scanned the internet and found a manna add and bought the product. When I found out that my cholesterol was OK, my husband started using it as he has high blood pressure and manna is supposed to work for that too. He stopped the normal high blood pressure medication, but monitored his high blood pressure daily for a few months. He also does not feel well at all if he don’t use the product, therefore we ensure that we always have it in stock.

Print Friendly

Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>