HOE verloor ek vinnig maar veilig gewig?

Is jy moeg vir kits en foefie diëte?

Volg hierdie gesonde wenke!

Jy wil gewig verloor? En jy soek resultate – nou!!!

Los die foefie diëte, hul resultate hou NIE. Daar is gesonder opsies en jy kan vandag nog daarmee begin. Jy kan met veiligheid 1,5kg per weer verloor deur ‘n gesonde eetplan te volg en oefening te doen! BY JOU HUIS!

Hoe werk my lyf? Hoe is dit moontlik om vinnig gewig te verloor?

Indien jy 500 kalorieë meer per dag verbrand as wat jy inneem, sal jy van 500g tot 1kg per week verloor!

Indien jy vinniger as dit gewig wil verloor moet jy minder eet en meer oefen!

Byvoorbeeld, as jy 1050 tot 1200 kalorieë per dag inneem, en jy oefen vir een uur per dag kan jy 1.5kg tot 2.5kg in die eerste week verloor of selfs meer as jy MEER as 115kg weeg. Dit is baie belangrik om nie kalorieë met meer as DIT te sny nie.  Dit is nie net belangrik nie maar ook gevaarlik!

As jy sout en stysel inname beperk, sal jy aanvanklik meer gewig verloor. Dit is meestal vloeistowwe en nie vet nie. Jy verminder jou liggaam se water retensie wat kan sorg dat jy 2 tot 3kg vloeistof verloor.

WAT kan ek eet?

Ons stel voor jy verminder stysel, bygevoegde suiker, diere vet en suiwel produkte. Vir effektiewe volgehoue gewigsverlies fokus op vrugte, groente, eier witte, soja produkte, hoender sonder die vel, vis, skulpvis, lae-vet suiwel en maer vleis.

Hier is ‘n paar wenke versadig en volbly wenke!

  • Eet groente, dit hou jou vol vir lank.
  • Drink baie water!
  • Verwyder die kos verlydings uit jou huis!
  • Bly besig – moenie eet omdat jy verveeld is nie!
  • Eet uit ‘n bord terwyl jy SIT by ‘n tafel. Niks gepeusel voor die yskas nie.
  • Moenie maaltye oorslaan nie!

Hou ʼn kos dagboek – skryf neer alles wat jy eet. Dit sal jou ook help om op die regte pad te bly.

Skryf sommer neer wat jy eet op ‘n servet, en al gooi jy dit weg, die geskrywery sorg dat jy aan jouself verantwoording doen. Neerskryf is ‘n effektiewe manier om jou gewig af te skud. Jy sal ook sien hoe dit wat jy eet verminder, die kwaliteit verbeter en dit sal jou ook aanspoor om gewig te verloor en uit en aan te hou met jou keuse tot ‘n gesonde leefstyl.

Behalwe deur neer te skryf kan jy ook skryf hoe jy gevoel het VOOR jy geëet het. Was jy kwaad, hartseer, vervelig? Ons emosies speel ‘n belangrike rol in ons eet gewoontes.

Indien jy ‘n patroon sien in hoekom jy eet (jou gemoed voor jy eet), oorweeg dit om met iemand te praat wat kan help.  Hulle kan van groot hulp wees om jou te help om jou gevoelens/emosies te hanteer.

Oefening vir gewigsverlies

Dit is tyd om meer te beweeg!  Gewigsverlies vra vir oefening van ten minste 1 uur per dag. Doen kardio en krag oefeninge.

Kardio oefeninge, oefeninge wat jou hartklop opjaag, verbrand die meeste kalorieë. Dit is ideaal vir gewig verlies maar moet opgevolg word met krag oefeninge.  Dit sorg dat die vet vinniger verbrand en dat jy aanhou sweet na jou opwarming.

Indien jy NIE nou oefen nie, en jy dalk ‘n chroniese kondisie (siekte) het of ‘n groot hoeveelheid gewig het om te verloor is dit ‘n goeie idee om jou dokter te spreek.

Moenie te veel te vinnig doen nie, maar vermeerder jou oefensessie gelydelik.

Een manier om die intensiteit van oefening te verhoog is om interval oefeninge te doen. Doen ʼn 30 sekonde sessie voluit en volg dit op met ʼn rustige sessie van 60 sekondes. Probeer om 8 sulke intervalle te doen.

Hierdie tipe van oefening laat ‘n mens toe om harder te “werk” maar nie die hele tyd intense oefeninge te doen nie. Hoe meer jy dit doen, hoe makliker verbrand kalorieë.

Foefie diëte en kits diëte.

‘n Kits dieet is so uitlokkend! Jy ‘n hele klomp kilogramme om te verloor, en jy hoor en van bekende persoonlikhede en sien hulle op TV hoe hulle vinnig gewig verloor. EN hulle lyk ongelooflik goed! MAAR ONTHOU, wanneer ‘n dieetplan te goed is om waar te wees, IS DIT WAARSKYNLIK NIE WAAR NIE!

Hou ook in gedagte dat ‘n eetplan/program wat detoksifikasie(ontgifting) pille, purgeermiddels, om te vas of enige  konkoksies insluit, en gewigsverlies van meer as 1kg to 1.5kg per week belowe, nie tot voordeel vir jou liggaam kan wees nie.

Die waarheid is dat indien jy minder as 1050 – 1200 kalorieë per dag gaan inneem, jou spiere daaronder gaan ly.

Wanneer jy TE MIN eet (te min kalorieë inneem) verloor jy nie net vet nie maar ook spiermassa. Hierdie tipe gewigsverlies en eetplan verminder jou metabolisme en maak dit moeilik om jou oefeninge te vermeerder.

‘n Foefie dieet veroorsaak ook dat jy jou liggaam ontneem van wat jy nodig het. Jy kan nie op hierdie tipe dieet vir lank bly nie, want jy GAAN rebelleer en teruggaan na waar jy was.  JY VERDIEN BETER!

Hou by jou strewe om jou ideale en gesonde gewig te bereik, maar hou ook jou gesondheid en wat jy nodig het as gesonde wese in gedagte! Dit sal jou verseker van blywende gewigsverlies.

Laai die GRATIS Manna Weight Loss e book gratis af, volg die program vir vinnige, effektiewe en gesonde gewigsverlies.

Aanvulling:

Manna Blood Sugar Support is die ideale aanvulling om bloedsuikervlakke te beheer en om diabetes te help voorkom.

Wanneer Manna Blood Sugar Support geneem word met etes, bind die noodsaaklike suikers en organiese vesels in die produk met die kos wat dan veroorsaak dat glukose uit die kos nie so vinnig vrygestel word in die bloedstroom nie.

Wanneer bloedsuikervlakke onder beheer is, beteken dit dat die liggaam minder insulien nodig het, en die hoë insulien vlakke in die liggaam kan dan mettertyd verbeter en terug keer na normaal.

Gesonde en gebalanseerde bloedsuikervlakke kan help om “cravings” te verminder of selfs te voorkom, om eetlus te demp, en om diabetes en aangehegde gesondheid probleme weg te hou.

Manna Blood Sugar Support is die enigste gesertifiseerde organies bloedsuiker aanvulling in die wêreld.

Hierdie aanvulling word vervaardig in ‘n FDA geregistreerde farmaseutiese fasiliteit onder streng GMP-HACCP regulasies vir u veiligheid. Dit is beskikbaar by Dis-Chem, Clicks, alle apteke en gesondheidswinkels asook aanlyn by mannaplus.co.za.

blood-sugar-support-weight-loss-2016-02

Close
afrikaans-dieet-07-3

Print Friendly

Comments

  1. RIEKIE ODENDAAL says

    Thank you for a great health plan. I have lost 18kg in 4 Months. I feel fabulous