Insulien Weerstandigheid & Maagvet

How to Fight Insulin Resistance and Get Rid of Belly Fat

Meer as 50% van volwassenes in die westerse wêreld is oorgewig of lei aan vetsug.

Hierdie toestande is nie net esteties onooglik nie, maar vetsug verhoog ook jou risiko vir ‘n verskeidenheid gesondheids toestande soos hartsiektes, beroerte, Tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk en selfs kanker.

Vetsug is wêreldwyd die oorsaak vir omtrent dieselfde hoeveelheid sterftes as tabak, alle oorloë, terrorisme en geweld. Byna alle oorgewig mense is reeds in ‘n staat van “pre-diabetes”, maar ulle weet dit nie.

Wanneer jy begin gewig aansit, veral maagvet, verander jou liggaam se gesondhieds balans en stuur dit af op die onstabiele en ongesonde gebied van siekte – wat jou selfs nog vetter maak. Dit is die begin van ‘n wrede, dodelike siklus, tensy jy beheer neem oor jou gewig.

Insulien: Die Sleutelrolspeler in Maagvet

Verskeie hormone dra by tot maagvet, maar nie een daarvan is so kragtig soos insulien, jou vet storings hormoon, nie. Hoë vlakke van insulien is die oorsaak dat gewig rondom jou middel opgaar, en met verloop van tyd neem jou liggaam al hoe meer die vorm van ‘n appel aan. Insulien is ook ‘n dryfveer vir inflammasie en oksidatiewe stres, wat ‘n magdom negatiewe gesondheids gevolge het.

Dit is ‘n bose kringloop en met tyd raak jy insulien weerstandig, wat daartoe lei dat jou liggaam maagvet genereer en aan daardie ekstra ‘spaarwiel’ vasklou.

Hier is simptome wat algemeen voorkom by mense wat oorgewig is:

  • Moegheid na etes
  • Suikerdrange (“sugar cravings”)
  • bloedsuiker skommelinge of hipoglukemie
  • hoë trigliseriede
  • lae HDL (lae vlakke van goeie cholesterol)
  • lae seksdrang
  • en probleme met bloedstolling

Om dit eenvoudig te stel, minder insulien is gelyk aan minder maagvet.

Meer insulien veroorsaak dat jy honger raak, meer eet en maagvet stoor. Die beste ding wat jy kan doen om diabetiese oorgewig en die gepaardgaande probleme te vermy, is om gewig te verloor.

Die Nommer Een Ding Wat Jy Kan Doen Om Maagvet Te Verminder

Hoë insulienvlakke bestaan nie net in ‘n vakuum nie. Dit beïnvloed ander hormone soos leptien, jou versadigingshormoon. Wanneer insulien leptien blokkeer, dink jou liggaam hy is honger – selfs na ‘n groot ete. Al ooit gewonder waarom jy steeds honger is na ‘n groot ete? Dit is die insulien oplewing en leptien weerstand.

Suiker, meer as enige ander kos, is verantwoordelik vir die kaping van die chemiese samestelling in jou brein en die vermoë om insulien weerstandigheid te bevorder.

Suiker is, kalorie vir kalorie, anders as ander kalorieë in proteïene, vette en nie-styselagtige koolhidrate soos groente. Suiker maak al jou normale aptytkontrole deurmekaar, wat ‘n konstante hunkering na suiker bewerk, en dit dryf jou metabolisme om dit om te skakel in dodelike maagvet.

Fruktose, die mees metabolies beskadigende suiker, maak dit selfs nog erger. Dit gaan reguit na jou lewer toe, waar dit begin om vet te vervaardig. Dit wakker jou insulienweerstandigheid nog meer aan en veroorsaak kroniese verhoogde bloed-insulien vlakke. Dit dwing dan jou liggaam om alles wat jy eet as gevaarlike maagvet te stoor. (Fruktose in vars vrugte is nie sleg vir jou nie, solank dit matig ingeneem word.)

Insulien weerstandgheid kan ook lei tot “fatty liver disease”, wat selfs meer inflammasie veroorsaak. Kroniese inflammasie veroorsaak meer gewigstoename en diabesiteit.

Ons is geprogrammeer om maagvet te stoor in reaksie op suiker, sodat ons in die winter, wanneer kos skaars is, kan oorleef. Gene speel wel ‘n rol, maar dit dra min by tot die massiewe vetsugtigheid en diabetiese pandemie wat ons wêreldwyd in die gesig staar.

Skakel die insuliendrange af – en maak sodoende ‘n einde aan maagvet storing en kosdrange.

Waarom Maagvet Nie Jou Grootste Uitdaging is nie

Die grootste uitdaging wanneer jy oorgewig is, is nie jou middellyf of jou gewig nie. Dit is nie jou maag nie. Dit is jou brein. Om die manier waarop jy aan kos dink te vereander sodat jou gedagtes saam met jou liggaam werk, en nie daarteen nie, is uiters belangrik vir gewigsverlies en genesing.

Indien jy gewig wil verloor, moet jy eers onslae raak van die opvattings wat jou vaskeer in ‘n eindelose siklus van wipplank-dieëte. Jy moet ontslae raak van die denke en perspektiewe wat jou doelwit van permanente gewigsverlies en gesondheid saboteer. Deur te dink hoe jy altyd gedink het, en dinge te doen soos jy dit altyd gedoen het, sal niks verander nie.

Verskeie faktore dra by tot maagvet, maar wanneer jy fokus op die volgende sewe strategieë, kan jy jou insulienvlakke normaliseer, maagveg verloor en uiteindelik optimale gesondheid geniet.

  • Eet regte kosse. Wanneer ons regte kosse eet met hoë voedingswaarde, is ons versadiger, eet ons minder en verloor ons maagvet.

Voldoende vitamiene en minerale help jou om

    • kalorieë meer effektief te verbrand
    • aptyt te reguleer
    • inflammasie te verminder
    • ontgifting te verbeter
    • spysvertering aan te help
    • streshormone te help
    • en jou selle te help om meer insulien sensitief te word.

Sluit proteïene in by elke ete, saam met baie groen groente, aangesien studies toon dat dit jou vir langer versadig hou sodat jy meer gewig verloor.

Neem die Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met elke ete om die GI (Glukemiese Indeks) van die ete te verlaag. Dit kan help om jou bloedsuikervlakke te normaliseer, en sodoende hoë insulienvlakke te laat daal. Die neem van hierdie produk kan kosdrange (“cravings”) in bedwang hou, eetlus onderdruk en energievlakke laat toeneem, sonder enige newe effek.

Volg die Manna Dieet, wat jou kan help om suiker en verfynde koolhidrate (stysels) suksesvol uit te skakel.

  • Beheer stresvlakke. Kroniese stres veroorsaak dat jou brein krimp en jou maag groter word. Kroniese verhoogde vlakke van jou streshormoon, kortisol, veroorsaak
    • verhoogde bloedsuiker en cholesterol
    • depressie
    • demensie
    • en dit bevorder die opeenhoping van maagvet wat ons so dikwels sien by mense met insulien weerstandigheid of diabetes.
    • Jy het ‘n drang na suiker en koolhidrate (stysel) en is lus vir trooskos.
  • Spreek kos-sensitiwiteite aan. Ons het baie keer ‘n drang na kosse waarvoor ons allergies is. As ons die tipe kosse gereeld eet, is gewigsverlies baie moeilik. Na twee of drie dae sonder die tipe kosse sal jy egter hernude energie hê, jy sal verligting ervaar van kosdrange en simptome, en begin om maagvet te verloor. Baie mense is sensitief vir gluten en suiwel, maar baie ander kosse kan blokkasies skep wat dit bykans onmoontlik maak om maagvet te verloor.
  • Slaap vir ten minste 7 tot 8 ure per nag. Te min slaap affekteer jou aptythormone en veroorsaak suiker- en koolhidraat (stysel) drange. Een studie het bevind dat, selfs wanneer jy vir ‘n gedeelte van die nag sleg slaap, dit kan bydra tot insulien weerstandigheid. Min slaap het ook ‘n nadelige uitwerking op vet-regulerende hormone soos leptien en ghrelien. Genoeg goeie slaap is uiters belangrik.
  • Oefen gereeld. Buiten veranderinge in jou dieët is oefening waarskynlik die beste medisyne vir diabesiteit. Stap daagliks vir ten minste 30 minute lank. Vir sommige mense is intense aerobiese oefeninge vir 30-60 minute of meer vir vier tot ses keer ‘n week uiters noodsaaklik. Studies toon dat interval oefeninge en gewig weerstands oefening vetverlies kan bevorder.

Die Manna Blood Sugar Support kan by elke maaltyd geneem word om bloedsuiker te beheer, eetlus en “cravings” te onderdruk. Hierdie produk kan ook help om tipe 2 diabetes te voorkom.

Manna Blood Sugar Support is ‘n uniek geformuleerde, natuurlike en organiese aanvulling wat help

  • Om bloedsuikervlakke te stabiliseer, en hou jou langer vol na ‘n maaltyd, wat beteken dat dieselfde ete jou baie verder kan neem en jy minder kan eet, wat kan help met natuurlike gewigsverlies.
  • Beheer die “cravings”en help jou om weg te bly van lekkergoed en ongesonde kos en help jou dan makliker gewig verloor.
  • Hou jou energievlakke konstant en gee jou energie om daaglikse take te doen, selfs wanneer jy op ‘n dieet is.

Wanneer dit met kos geneem word, meng Manna Blood Sugar Support met die kos in jou maag om die glykemiese indeks van die kos en drank te verlaag met 43%, en help verhoed dat jou bloedsuikervlakke te hoog styg.

Close
afrikaans-dieet-07-3

Blood Sugar Support Gewigsverlies

Print Friendly

Comments