Is jy ‘n Appel of ‘n Peer?

is-jy-n-appel-of-n-peer

En hoekom maak dit saak?

Alhoewel ons nie almal “in shape” is nie, het ons almal wel ‘n vorm. Maar watter vorm, watter fatsoen is jy? Die vroulike liggaamsvorm kan gekalsifiseer word in vele vorms wat, piesang, appel, peer en uurglas insluit. Wanneer dit kom by gewigstoename en vorm verander is dit moontlik dat jou borste en maag meer beklemtoon word as byvoorbeeld jou boude (buttocks), heupe en dye en ons praat meeste van die appel en peer lyf vorme. 

Liggaamsvorm en gewigsprobleme

Oorgewig is direk verwant aan insulien weerstandigheid, tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk en hart siektes. Deesdae fokus mense meer op liggaamsmassa (vet) met betrekking tot hul gesondheidsrisiko’s. Wetenskaplikes beweer dat WAAR die vet gestoor word net so belangrik is as gewigsopname oor die algemeen. DIT is waar die liggaamsvorme vandaan kom.

Beheer jou Bloed Suiker vir Natuurlike Gewigsverlies! Leer meer…

Die toename in gewig en hoe dit die liggaamsvorm affekteer word as volg gekategoriseer: die wat gewig rondom hulle middel optel (appel vorm liggaam), en die wat vet rondom hulle heupe, dye en boude versamel (peer vorm liggaam). Studies het bewys dat risiko’s verbonde aan die twee verskillende tipes baie verskil. Die wat  peervormig is, het ‘n kleiner risiko om gesondheids probleme soos hier bo genoem op te doen. 

Appel lyf?

Die vrou wat ‘n appel lyf vorm het dra meeste van haar liggaamsvet rondom haar middel.  Hierdie vrou het oor die algemeen smal heupe, groot borste en ‘n relatief groot middel. Die risiko verbonde aan hierdie liggaamsvorm is die versameling van vet rondom die organe in die ingewande. Persone met hierdie tipe bou is meer geneig om hoë vlakke van LDL cholesterol, die gevaarlike cholesterol, te hê. Om dan nou ook oorgewig te wees met hierdie liggaamsvorm verhoog  jou risiko om insulien weerstandigheid te ontwikkel en tipe 2 diabetes te kry.

Hoe groter die middel tot heup verhouding, hoe groter die risiko.  Dieselfde risiko word ook ondervind by mans wat vet om die middel versamel. Wanneer jy ‘n tipiese bierpens het, is dit tyd om iets daaraan te doen, want dit affekteer jou gesondheid!  Dit is onteenseglik bewys dat ‘n kombinasie van gesond eet en oefening die mees effektiewe en volhoubare manier is om gewig te verloor.

Leer meer oor kosse wat die vet laat waai…

Die peervorm lyf 

Vroue met ‘n peervormige liggame dra die meeste van hul gewig rondom hul heupe, dye en boude.  Peervormige vroue het ‘n smal middel en breër heupe.  Die risiko betrokke by hierdie tipe liggaamsvorm is die geneigheid tot selluliet en spatare en studies het ook bewys dat eetsteurnisse by hierdie tipes voorkom. 

Ouderdom en liggaamsvorm

Ongelukkig vir die Evas geslag daal ons estrogeen vlakke na menopouse en ons begin vet rondom die middellyf versamel en is ons in die proses om ‘n appelvormig lywe te kry! En saam met hierdie ongeluk is daar geen vinnige plan of wondermiddel om ons liggame jonger te laat lyk of ons jeug te herwin nie.

Jy sal heelwaarskynlik nie soveel en dieselfde soort kosse as voorheen kan eet sonder dat dit om jou middellyf saampak nie. Met die ouderdom raak dit moeiliker om gewig te verloor, veral vir vroue, en daarom is dit belangrik om aktief te bly en die heeltyd bewus te wees van wat jy eet. 

Verloor gewig op die gesonde manier!

Laai die GRATIS Manna Weight Loss e-boek af en volg die program om gewig op die natuurlike manier te verloor.  Manna Blood Sugar Support en die Manna Low GI Shake is ideale maats vir die gewigsverlies program. Dames in hulle menopouse kan ook baat vind daarby deur hulle estrogeen vlakke te versorg en te handhaaf met Manna Menopouse Support tablette.  Hierdie tablette help met die simptome van menopouse en gewig optel.

Blood Sugar Support Gewigsverlies

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>