Jy KAN jou Metabolisme vir JOU laat werk!

jy-kan-jou-metabolisme-vir-jou-laat-werk

10 Maniere van hoe en hoekoms!

Soveel kere het ek al gehoor, by die tafel langs my, op sosiale media, by my vriende: Hoe kry ek my metabolisme aan die gang? Dit is tog die begin van gewigsverlies, van die vetjies afhou? Hoe onregverdig dat mans vinniger kalorieë verbrand as die wesens van Venus, maar dit is nie ‘n verskoning en ‘n ek gaan terugsit rede vir sukkel nie. Daar is altyd maniere van hoe gemaak en van wanneer, en selfs al word mense, mans en vrouens oor die algemeen gefnuik met ouderdom (ons metabolisme neem af na 40) is daar tog ‘n uitweg. Daar is ook die wat gebore word met ‘n aan die gang metabolisme, my man is een van hulle. Maar na die lees van die Engelse weergawe van hierdie artikel en die vertaling wat gelei het tot nog meer ek kan dit doen oomblikke, het ek besluit om die volgende maniere te probeer.

1. Spier bou 

Ons liggame verbrand gedurig kalorieë, selfs wanneer ons niks doen nie. En die ontstellende nuus is dat rustende vet minder kalorieë verbrand as spiermassa! (Spier massa per kilogram verbrand ses kalorieë en vet net twee kalorieë per kilogram.) Na ‘n lekker oefensessie hou die verbrand nog aan en die aan die brand kry van die kalorie vuur word oral oor jou liggaam aangesteek. Jou spiere word aangewakker om nog meer te verbrand met elke oefening. WOW! Ek is sommer nou lus en gaan stap ‘n goeie ent langs die see!

2. Spring ‘n bietjie meer, stap ‘n entjie verder

Aërobiese oefeninge is nie ‘n spiertier bouer nie, maar dit kry jou metabolisme lekker aan die gang en hou dit aan die gang ‘n hele paar uur na jy klaar is met sweet. Probeer net nog ‘n goeie tien minute aanhou met jou oefeninge, druk jouself, JY KAN! Hoe meer jy aanhou hoe langer hou die verbranding aan wanneer jy niks doen nie. Wanneer jy oefen hardloop sommer ‘n ekstra paar kilometers, en wanneer jou mede gym gangers ophou, hou jy aan!

Lees meer oor 12 dieet foute en hoe om dit te voorkom…

3. Water is petrol

Jou liggaam het water nodig om kalorieë te verbrand! Water retensie gebeur wanneer jy nie genoeg water drink nie en dit sorg vir ‘n metabolisme wat nie effektief werk nie. Ek kan mos nie gedehidreer wees nie? Hoe is dit moontlik? Dit is, drink asseblief nie minder as ag glase water per dag nie. Om sommer te sorg dat jy nie SO honger is nie, drink ‘n glas water voor elke ete of peuselhappie. Onthou dat vars vrugte en groene ryk is aan vloeistof, dink net aan daardie sappige waatlemoen en pawpaw!

4. Hou dit ysig koud

Ek drink nou al vir die afgelope twee weke elke aand vars uitgedrukte suurlemoen sap en water, met baie ys in, nie net sorg dit dat ek nie daardie laataand luste bevredig nie, maar my hele lyf voel sommer beter, my vel is meer ferm en alles werk makliker. Ek was ook my organe met water! Yskoue vloeistowwe sorg dat die liggaam nog meer kalorieë verbrand met die vertering van kos. Ses glase water per dag sal sorg dat jy ‘n ekstra 10 kalorieë per dag verbrand, dit klink nie na baie nie maar tel dit op oor ‘n jaar? En dit sonder om te dieet! Jy kan ook “iced tea” en “iced coffee” inspan om te help, maar asseblief sê nee dankie vir die room en suiker.

5. Positiewe Peusel

Wanneer jy aanhoudend eet KAN jy gewig verloor! Let wel om meer kere te eet in plaas van MEER eet maak die verskil! Halveer jou maaltye en eet meer gereeld, drie tot vier ure tussen ‘n maaltyd versnel jou metabolisme, en jy verbrand meer kalorieë reg deur die dag. Aanhou peusel sal ook sorg dat jy minder eet.

Leer hoe om n lae GI diet te gebruik vir effektiewe gewigsverlies…

6. ‘n Ekstra skeppie brandrissie?

Daardie aangename byt op die tong kan sorg dat jou liggaam se metabolisme nog beter luier, ‘n eetlepel gekapte rooi of groen brandrissie kan wondere verrig om die verbranding van kalorieë aan te help. Dink net pasta en bredies met ‘n aangename verskil, ‘n verskil wat help om jou liggaam beter te laat werk!? Ek sprinkel vanmiddag DIE bietjie brand oor my gekookte eier en dit smaak sommer ekstra lekker.

7. Proteïen krag

My lyf gebruik meer energie om die kalorieë te verbrand met die eet van ‘n vet afgesnyde steak as met die smul aan daardie bak pasta met room. ‘n Gebalanseerde eetplan kan wel meer protein as stysel insluit. Gesonde bronne van protein sluit in maer beesvleis, vis, wit vleis van die hoender, neute, boontjies, tofu, eiers en ook lae vet suiwel produkte.

 8. Daardie eerste koppie koffie . . .

Ek bestel al my koffie wanneer ek my gunsteling “local” koffie drinkplek se deur oopmaak. Gewoonlik, wel tot VANDAG het ek sommer vir ‘n cappuccino gevra, maar ek het besluit dat van nou af drink ek swart koffie! En sowaar ek proe die swart koffie meer, ‘n nuwe smaak sensasie gebeur op my tong en my lyf voel sommer reg vir die dag wat wink! Koffie help ook om jou metabolisme wakker te maak!

Lees bietjie oor 9 gewigsverlies strategieë wat sal help om die kilogramme af te skud…

9. Herlaai met Groen Tee

Groen tee sorg vir die verbranding van 17% meer kalorieë! Ek skryf groen tee op my lysie vir gaan koop voor ek my seuntjie gaan haal. Ek leer al hoe meer oor metabolisme, en dit maak sin.

10. “Crash Diets”, lees weer! (So ‘n dieet “crash” gewoonlik!)

Ek weier om die woord dieet meer te gebruik, dit laat my dink aan MIN kos, sukkel en swoeg. EN ja om gewig te verloor is nie maklik nie maar moontlik, MAAR dink voor jy jou arme liggaam ontneem van dit wat nodig is om kalorieë te verbrand. ‘n Vinnige min eet dieet kan jou wel VINNIG help om gewig te verloor maar jou gesondheid gaan daaronder ly. Jy verloor nie net vet nie maar ook spiermassa met so ‘n etery. En hoe minder jou spiermassa hoe stadiger jou metabolisme! Die resultaat na SO ‘n dieet is ‘n liggaam wat minder en stadiger kalorieë verbrand! Gaan lees meer oor die “Manna Dieet” wat gratis as ‘n e boek afgelaai kan word.

Wanneer jy die Manna Blood Sugar Support tablette en ‘n Lae GI Shake drink met ‘n voorgeskrewe program is gewigsverlies gewaarborg!

In Kort

Die invloed van verskillende voedselgroepe en vloeistowwe op jou metabolisme if klein in vergelyking met wat jy benodig vir effektiewe gewigsverlies. Bou spiere en verseker ‘n lyfmasjien wat kalorieë gedurig verbrand deur middel van aanhou beweeg. Klim trappe in plaas van hysbak ry, parkeer ‘n bietjie verder van die winkels en stap verder. Hoe meer jy beweeg hoe meer kalorieë verbrand jy, so eenvoudig soos dit! En onthou hoe vroeër jy soggens begin beweeg hoe meer hou jou lyf aanhou beweeg deur die dag. Vanoggend het ek juis my bed opgemaak met sommer twee lakens en komberse, daardie ietsie, daardie bietjie ekstra is vir my bietjies wat help!

blood-sugar-support-cravings-afrikaans-02

Print Friendly

Comments

  1. Anita Roode says

    BAIE BAIIE DANKIE

    Dit was nou n groot lekkerte om in Afrikaans te kon lees

    Niks fout met Engels maar dit maak net meer sin in jou eie taal

    Doen so voort

  2. Sheila van Vuuren says

    Baie Baie dankie vir die Afrikaans dit is fantasties hoop ons sien dit in die toekoms meer en meer dit is lekker om artikels in jou eie taal te kan lees.

  3. louis de lie says

    dank vir afrikaans, noodsakelik om die betekenis 100% te verstaan.
    ons kyk nou na julle boodskap.

    groete

  4. Audrey De Beer says

    Dankie vir die Afrikaanse Moedertaal ! Dis wonderlik om dit te kan lees en sommer meer te verstaan ook.

  5. Willie Kleynhans says

    Dankie ek doen gewoonlik vluglees as dit in Engels is, maar geniet eerder Afrikaans. Eerste keer dat ek “reply” . Groete
    Willie van Kaapsehoop

    • Rika Brandt says

      Verbeel ek my of maak alles dan nou soveel meer sin noudat ek dit in Afrikaans gelees het? Baie Dankie! Aangenaam verras! Voel nou sommer lus en draf!

    • Kitty du Preez says

      Ja, ek stem saam, dis ‘n groot verrassing om ‘n artikel in Afrikaans te sien. Doen so voort!

  6. Isa says

    Baie dankie vir die afrikaanse artikel. Dit is net beter om al die dinge te lees in jou eie taal. Ons waardeer dit baie.

  7. says

    Ons taal klink maar darem baie mooi ne? Dankie dat julle ons in aanmerking geneem het, geniet die lees net soveel beter. Hou so aan, en dankie vir die goeie werk wat julle lewer!

  8. says

    Ag heerlik, na so ‘n laaaang dag van Engelse terminologie en tongknoop besigheidstaal gebruik is so ‘n lekker-lees artikel vol inspirasie !!!!!-ek gaan drink sommer nou ‘n glas koue water!!!

  9. Johan van der Merwe says

    Ai, baie dankie vir die Afrikaans, groot verrassing. Hoop daar gaan meer wees. Grte Johan

  10. Anthonette Pieterse says

    Dankie vir Afrikaans !!! Uiteindelik verstaan ek ook als. Soms kon ek nie eers die woord uitspreek nie en moes ek die woordeboek nader sleep. Weer ‘n dankie vie Afrikaans.

  11. Elsa Fourie says

    Dankie vir die gereelde e-pos boodskappe en ek stem saam met die vooorafgaande kommentaar –
    die Afrikaanse boodskappe is baie welkom. Dankie vir die inspirasie wat ek daaruit kan put.
    Ek gebruik tans die Manne bloodsugar support en ervaar reeds resultate. Baie dankie!

  12. Petro Botha says

    Baie dankie vir die Afrikaans dit is wonderlik ek geniet dit en dit maak dit makliker ek het alles ge-translate na afrikaans toe. Julle is oulik….

  13. Lulu Coetzee says

    Dankie vir Afrikaans, nou stel ek meer belang om julle wenke en advies in my eie taal te lees. nou sal ek verseker gewig verloor.

  14. Belia van Zyl says

    Baie dankie vir die wonderlike inligting,wat my help om `n meer leer omtrent my liggaam en hoe om gesonder te leef. Al my kollegas leef ook sommer nou gesonder.
    Dit is ook heerlik om in Afrikaans te lees.

  15. Martie Kuhn says

    BRAVO!!!!!!!!!!!!!!!! hou so aan met die Afrikaans. Wow!!!!!! Dis heerlik om in my eie moedertaal te kan lees. Nie dat ek die rooi taal nie goed verstaan nie, maar my eie taal bly bo-baas. Doen so voort julle Manna mense.

  16. Ria van Suid Australia says

    Wat ‘n heerlike verrassing om hier in Ozland te sit en Afrikaans te lees. Hou so aan

  17. jackie says

    ek wil baie dankie se vir die afrikaans. baie dankie vir die lees stof dit werk werklik ek is nog net twee dae wat ek dit beproef het en dit werk. baie dankie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>