Nege “OH WOW” Gewigsverlies strategieë wat sal help om die kilogramme af te skud!

nege-oh-wow-gewigsverlies-strategiee-wat-sal-help-om-die-kilogramme-af-te-skud

Jy is reg om gewig te verloor, maar jy is moeg van luister na al die gewone gewigsverlies advies, soos om meer groente te eet, jou porsies kleiner te maak en meer te oefen . . .

Miskien is dit tyd vir ‘n paar vars idees? Ons het gesoek vir minder bekende gewigsverlies wenke, wenke wat selfs ‘n gesoute “dieëter” sal inspireer om daardie koekie neer te sit en te sê, “Ek gaan DIT sommer NOU probeer!”

Hier is nege dieet wenke waarvan jy dalk nog nie gehoor het nie.  Party behels ander tipe maniere om te eet en om sekere kosse by jou eetplan te voeg. Andere vertel van nuwe gewoontes en strategieë om jou te help om aan te hou!

Nommer 1: Verskeidenheid is nie so goed soos wat vertel word nie!

Wie het nie al gehoor, “eet ietsie van alles” nie! Dit is wel van toepassing wanneer jy ‘n buffet ete geniet, maar verskeidenheid verdien nie ‘n goeie reputasie nie, sê Dawn Jackson Blatner RD, ‘n Chicago dieetkundige!

“Ons weet dat ‘n verskeidenheid laat jou meer eet”, sê sy, na aanleiding van verskeie studies en ook haar eie ondervinding met berading vir pasiënte wat gewig wil verloor.

Navorsers in Frankryk het gevind dat deelnemers aan ‘n eksperiment meer slaptjips geëet het toe hulle voorsien is van tamatiesous en mayonnaise. Toe hulle die keuse gegee is van room of geklopte room saam met hul “brownies” het hulle ook meer daarvan geëet as daarsonder.

Ander navorsers het ook gevind dat mense wat hul gewig konstant hou ‘n eetplan volg met ‘n beperkte verskeidenheid.

Lees bietjie meer oor cravings wat jou dieet kan verwoes…

Nommer twee: Eet gars (barley) vir ontbyt!

Barley (gars) is die nuwe oats pap,  sê Jackson Blatner!

Gars het ‘n minder honger word reputasie volgens Sweedse navorsers wat gevind het dat die eet van barley (gars) en rog pitte (rye kernels) vir ontbyt die bloed suiker gestabiliseer het en so gehou het. Die koolhidrate in gars en rog pitte het ‘n Lae GI indeks, wat beteken dat die bloed suiker nie onnatuurlik styg soos met ander kosse wat koolhidrate bevat nie. Dit help om ‘n op en dan ‘n af in jou bloed suiker vlakke te verhoed, wat jou erg honger kan laat voel.

Jackson Blatner stel voor dat jy gepeulde gars koop.  Die Sweedse navorsers het bewys dat geprosesseerde pêrel gars (pearl barley) nie dieselfde effek het as die wat gepeul is nie. 

Nommer drie: Sit woema in jou middagete slaai!

Een van die mees algemene foute wat mense maak wat gewig wil verloor is om groenteslaai te eet met min of geen slaaisous by nie, meen Joan Salge Blake RD, professor in voeding aan die Universiteit van Boston en woordvoerder vir die American Diabetic Association.  Jy is dan al in die middel van die middag weer honger, sê sy.

‘n Slaai is ‘n goeie keuse indien jy proteïen en ‘n bietjie vet bysit, want jy sal dan langer versadig voel meen sy.

Sit so 30g hoender borsie by jou groenslaai, en jy het daardeur 26g proteïen by gesit, maar net 140 kalorieë. Voeg ‘n verder twee eetlepels “lite” slaaisous by en jy sal versadig voel tot so drie uur in die middag, sonder om ‘n kitskosmasjien by te dam.

Nommer vier: Pak jou vrieskas vol gevriesde groente?Diet Ebook-01

Ja, vars groente is vol voedingswaarde en lekker, maar indien jy nog ‘n wortel moet skraap, was en sny, ‘n murgpampoentjie moet opsny en broccoli in blommetjies sny is dit makliker om liewer vir die pakkie tjips se oopmaak te gaan?

Om dinge makliker te maak hou gevriesde groente in jou vrieskas aan vertel Blake.

“Hou dit klaar skoon, gekap en reg om gaar te maak in die mikrogolfoond.”

‘n Nog makliker manier om meer groente te eet is om dit sommer voor die tyd gaar te maag, mikrogolf sommer ‘n hele sakkie groen bone, hou dit dan in die yskas. Dit is dan reg vir gebruik in slaai of in sop of om sommer net so te eet.

Nommer vyf: Hou sommer partytjie op jou eie!

Die tipe “party platter” wat Blake van praat sluit in ‘n hele klomp groen groentes en lae vet doopsouse daarmee saam.  Die tipe wat jy vir jou dieet kollegas sal voorsit!

Maar hierdie bord is net vir jou en enige familielede wat ook gewig wil verloor.  Hou dit in die yskas op oogvlak. Dit sal jou aanmoedig om gesond te peusel en kos met hoë kalorieë uit te skakel.  Verskeie studies het bewys dat mens makliker kos eet wat jy dadelik na kan bereik. Sekretaresses wat soetgoed binne bereik op hul lessenaars gesit het, het 48% meer daarvan geëet as die wat 2m ver van hulle af was, volgens Brian Wansink, PhD, direkteur van Food and Brand Lab by die Cornell Universiteit.

Hier is 7 Tips om gewigsverlies baie maklik te maak…

Nommer ses: Vertel van Koue?

Deur jou tyd in ‘n kouer huis – omtrent 16 grade Celsius – deur te bring maak die vetverbrand krag vinniger om die “bruin vet” in jou liggaam te verbrand.

Bruin vet word as goeie vet bestempel, in teenstelling met gewone of dan nou wit vet wat kalorieë stoor en laat ophoop. Navorsers glo dat maerder mense meer van hierdie bruin vet het en dat dit afneem met die ouderdom.

Navorsers in die Skandinawiese land het gevind dat blootstelling aan lae temperature die metabolisme aanwakker om bruin vet met 15 keer meer kalorieë laat te verbrand.

Jackson Blatner waarsku egter om nie wonderwerke te verwag nie. Wees ook versigtig indien jy weet jy eet meer wanneer jy koud kry.

Nommer sewe: Eet uit ‘n kleiner bord!

Kenners sê dat hulle dit elke keer sien: Hoe groter jou bord hoe meer laai jy op.  Skep jou kos in ‘n kleiner bord en jy sal ook minder eet, maar moenie daardie borde wegmaak nie vertel Blake, gebruik dit vir jou slaai!

Nommer ag sê ek kan myself Lekker bederf!

Is jy dalk die tipe wat jou ooreet aan soetgoed en peuselkos, vra Jackson Blatner. Indien wel stel hy voor dat jy “werk” vir jou gunsteling bederfies. Moenie dit in die huis hou nie, maar gaan spesifiek uit en geniet dit wanneer jy dit regtig wil hê!

So, as jy lus is vir ‘n stukkie sjokolade koek of ʼn Frozen Yoghurt? Dan moet jy gaan soek vir die naaste winkel wat dit verkoop!

Hoe meer jy sukkel om jou gunsteling te kry, hoe minder gaan jy daarvan eet meen Jackson Blatner.  Sy het dit self toegepas en gevind dat sy minder soetgoed eet sonder om te voel sy ontneem haarself daarvan.

Nommer 9: Pas jou styfste jeans elke Vrydag aan!

Watter jeans pas die styfste? Maar een waarvan jy nog steeds die ritssluiter toe kan kry? Elke Vrydag oggend, probeer juis daardie broek aantrek stel Blake voor.

Hoekom op ‘n Vrydag? WANT naweke is gewoonlik moeiliker om versigtig te wees wat jy eet, sê sy. Sy stel dit vir haar eie pasiënte voor! Dit sal jou ook motiveer om te dink voor jy eet oor die naweek.

En, indien die broek nog te styf sit, sal dit jou motiveer om aan te hou met jou goeie kos voornemens, en dit sal beter pas volgende keer!

HIER is moeitelose hulp met jou hunkerings(cravings)!

Al eet jy wat, neem 2 Manna Blood Sugar Support tablette met elke maal en jou hunkerings sal beslis verdwyn!

Die Manna Lae Gi Skommels is ook uitstekend om ‘n maaltyd mee te vervang, en jy kan selfs twee keer hiervan per dag drink. Dit sal jou bloed suiker vlakke en kos hunkerings(cravings) onder beheer bring.
Blood Sugar Support Gewigsverlies

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>