Tekens van Swak Bloedsirkulasie

Tekens van Swak Bloedsirkulasie

Lae bloedsirkulasie kan plaasvind weens verskeie onderliggende toestande, waarvan die mees algemene aterosklerose, ‘n “verharding van die are” is; en perifere arterie siekte, of PAS.

Jy sal heel waarskynlik sekere kenmerkende tekens en simptome ervaar wat geassosieër word met swak bloedsirkulasie, wat gewoonlik in jou arms, bene, hande en voete voorkom.

As jy simptome van sirkulasieprobleme ervaar, raadpleeg dadelik jou dokter, want swak sirkulasie kan tot ‘n hartaanval, beroerte of selfs die dood lei.

Beenpyn Terwyl Jy Stap

‘n Algemene simptoom van swak bloedsirkulasie is pyne of krampe in jou bene of heupspiere wanneer jy stap, trappe klim of ‘n soortgelyke fisiese aktiwiteit uitvoer. Hierdie is ‘n toestand wat intermitterende kloudikasie genoem word, wat ‘n teken van PAS is.

Gevoelloosheid en Swakheid

As jou arms of bene gevoelloos of swak voel wanneer jy aktief is of rus, het jy moontlik lae bloedsirkulasie. As hierdie simptome skielik in jou arms en bene voorkom en gepaard gaan met verswakte of onduidelike spraak en gesigspiere wat hang, het jy moontlik lae bloedsirkulasie na jou brein weens aterosklerose.

Swak sirkulasie in die are wat bloed na jou brein moet vervoer kan ‘n beroerte veroorsaak.

Koue en Swelling

As jou hande, voete of onderbene heeltyd koud voel sonder rede, kan dit ‘n teken van swak bloedsirkulasie wees.

Lae bloedsirkulasie weens PAS of aterosklerose is geneig om een voet, hand of been kouer te laat voel as die ander een. Jy kan ook swelling bemerk weens swak sirkulasie, veral in jou bene en voete.

Sere Wat Nie Wil Genees Nie

Nog ‘n teken van lae bloedsirkulasie, veral in jou bene, is wanneer jy sere op jou voete of bene kry wat nie gesond wil word nie. Jy bemerk ook dalk swere of infeksies op jou bene en voete wat baie stadig genees.

Jy kan ook agterkom dat jy hare op jou voete en bene verloor of dat jou hare stadiger as normaal groei. Jou toonnaels kan ook stadiger groei.

Veranderinge in Velkleur

Swak sirkulasie kan veroorsaak dat die vel op jou arms, hande, bene en voete van kleur verander. Jy kan opmerk dat jou vel “blink” lyk.

Jou bene en voete kan bleek of blouerig raak weens die swak aflewering van bloed en suurstof na jou ledemate.

Swak Polsslag in Jou Bene

Swak bloedsirkulasie weens aterosklerose of PAS kan veroorsaak dat jou polsslag swak of self afwesig in jou voete of bene word. Wanneer die polsslag in jou ledemate swak of afwesig is, beteken dit dat daar min of geen bloedsirkulasie in hierdie areas van die liggaam is. Die mees algemene metode wat dokters gebruik om bloedvloei probleme te diagnoseer, is om jou polsslag in jou been- en lies areas te ondersoek.

Borspyn

As jy borspyn of ‘n angina beleef, asook enige ander simptome van ‘n hartaanval, het jy dalk lae bloedsirkulasie in die are na jou hart. Dit kan ‘n teken van aterosklerose in hierdie are wees. As jy borspyn het, moet jy dadelik dokter toe gaan om ‘n potensieël lewensbedreigende mediese probleem te verhoed.

Erektiele Disfunksie

As jy ‘n man is en erektiele disfunksie ervaar, kan dit ‘n teken wees van lae bloedsirkulasie. Erektiele probleme kan ‘n aanduiding wees van swak bloedvloei na jou lies area en onderste ledemate weens een of meer geblokkeerde, verstopte of vernoude are.

Aanbeveling

Eerstens is ‘n goeie dieët baie belangrik, want ‘n dieët wat hoog is in koolhidrate is bekend daarvoor om baie verskillende kwale te veroorsaak, insluitend swak bloedsirkulasie. Sny verfynde koolhidrate soos brood, pasta, rys, aartappels, skyfies, koekies en lekkers uit.

Tweede is oefening, want jy benodig een of ander beweging om bloedvloei te verbeter.

Die derde voorstel is om ‘n goed-nagevorsde aanvulling soos die Manna Blood Circulation Support te gebruik, want dit kan help om bloedvloei te verhoog en dus bloeddruk te verlaag.

Blood-Circulation-2017

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>