Vermy Gewigstoename Weens Oefening met die 4 Wenke

4 Tips to Avoid Weight Gain Due To Exercise

Ja, jy lees reg. Baie mense ervaar dat hulle gewig optel wanneer hulle begin om meer te oefen, in plaas daarvan dat hulle gewig verloor.

Dit gebeur gewoonlik wanneer hulle te veel of die verkeerde dinge eet nadat hulle geoefen het en die energie in hul liggaam opgebruik het.

Dit is waarom dit belangrik is om ‘n gesonde en gebalanseerde dieët saam met jou oefenprogram te volg.

Hier is 4 wenke om te verhoed dat jy gewig optel wanneer jy oefen…

  1. Eet Vesel

Studies het bewys dat intensiewe oefening kan lei tot ‘n verhoogde aptyt. Om te keer dat jy te honger raak na oefening, maak seker dat jy kosse eet wat genoeg vesel bevat, want dit sal help dat jy vir langer versadig bly. Kosse wat baie vesel bevat, sluit bone en groente, veral ertjies, sojabone, kekerertjies en lima bone in.

Laai die eBoek af en leer hoe om meer gewig te verloor met Vesel…

  1. Eet Gesonde Koolhidrate

Dit is normaal vir jou liggaam om ‘n drang na koolhidrate te hê na ‘n oefensessie, omdat koolhidrate die nodige brandstof vir energie verskaf. Die geheim is om weg te bly van ongesonde, verfynde koolhidrate en eerder gesonde, komplekse koolhidrate te eet. Eet dinge soos heelgrane, bruinrys, quinoa, hawer en bone. En bly weg van dinge soos witrys, witbrood en pasteie.

  1. Kunsmatige Versoeters Is Nie Beter As Suiker Nie

Baie mense gebruik kunsmatige versoeters wat nie suiker bevat nie as hulle probeer wegbly van suiker. Hierdie versoeters het egter meestal dieselfde effek op die brein as suiker, en dit is dat die pankreas insulien vrystel. Hierdie insulien veroorsaak dan dat die bloedsuikervlakke te laag daal, wat jou honger en lus vir suiker maak.

Wil jy jou suiker verslawing oorkom? Leer hoe met die 6 wenke…

  1. Eet Minder, Meer Gereeld

Dit is ‘n groot probleem as ‘n mens honger word tussen etes. Dit is waar gesonde peuselhappies of kleiner, meer gereelde etes inkom. Wanneer jy elke 3 tot 4 ure eet, word jy nie so honger tussen etes nie, en dit kan verhoed dat jy ooreet wanneer jy aansit vir jou volgende ete.

Aanbeveling

Volg die Manna Diet saam met jou oefenprogram en neem die Manna FAT burner saam met elke ete. Jy kan ook die FAT burner 20 minute voor ‘n oefensessie drink, want dit help om jou metabolisme op die mees natuurlike manier aan te help.

Manna FAT Burner bevat Gemmer en Guarana, twee bestanddele wat kan help:

  • om metabolisme op ‘n natuurlike manier te verhoog sonder enige newe-effekte, sodat jy vet vinniger kan verbrand,
  • en om aptyt te verminder, sodat jy minder eet en meer maagvet verloor.

Maar moet nie net ons glo nie. Kyk wat sê ons kliënte.

“Dit werk soos ‘n bom. Word glad nie honger nie! Het klaar 1kg verloor in ‘n week se tyd. Gebruik dit saam met Manna se shake. Sal dit regtig aanbeveel.” – Marina

“Baie goeie produk. Help met “cravings” en ook met gewigsverlies.” – Adri

“Ek word regtig nie honger nie. My brein vertel my nog gedurig om te eet, maar daar is geen honger of regtig lus vir eet nie. Ek kan dit nie glo nie!”Onbekend

Fat Burner

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>