Vetjies koebaai kos!

Eet hierdie kos om gewig te verloor! Hou jou koskas vol met gesondheid! 

1. Amandels 

Hierdie vullende peusel happies hou jou bloedsuiker konstant! ‘n Studie aan die Universiteit van Toronto het gevind dat wanneer ‘n mens amandels saam met wit brood eet jou bloedsuiker nie die hoogte en laagtes inskiet soos wanneer jy NET wit brood eet nie.  En natuurlik hoe hoër jou bloedsuiker styg hoe vinniger kan dit ook val. Die val lei tot honger. Drastiese bloedsuiker vlakke kan sorg dat die liggaam meer insulien produseer en maagvet laat aansit!

2. ‘n Appel ‘n dag . . . laat die dokter wag! 

‘n Appel ‘n dag kan gewigstoename vertraag en verminder, is deur ‘n studie aan die Penn State Universiteit bewys. Mense wat aan ‘n appel hap voor ‘n maaltyd van pasta, eet minder (kalorie inname is minder) as die wat aan iets anders gepeusel het. Appels is hoog aan vesel, 4-5 g per appel en dit laat jou versadig voel. Die antioksidante in appels verhoed ook metaboliese sindroom ‘n kondisie wat weereens vet rondom die middel aanhelp.

3. Swart boontjies(black beans) 

Inligting verkry van die National Health and Nutrition Examination Survey wys dat boontjie eters (dit klink omtrent na ‘n skildery se titel) minder weeg en hulle middel mate is ook minder.  Boontjies is super vet bakleiers want dit bevat die ideale kombinasie van vetverwoes voedingstowwe – wat goeie vesel, proteïne en ‘n tipe vet verbrand koolhidraat bevat.

4. Blomkool

‘n Halwe koppie blomkool bevat 39% van die Vitamien C nodig vir jou daaglikse behoefte. Dit is ook ‘n kankervegter en is al verbind aan ‘n verlaagde risiko vir ingewande, long en maagkanker. En soos die meeste groente het blomkool ‘n lae koolhidraat inhoud maar bevat nog steeds genoeg vullende vesel.  Hierdie groente is ook veelsydig en kan selfs in plaas van kapokaartappels gebruik word. Probeer geroosterde blomkool saam met burgers of toebroodjies, voeg verpulp by sop in plaas van om room by te sit. 

5. Kaneel

(Everything is nice . . . about THIS spice!) 

n Halwe teelepel kaneel kan sorg dat jou bloedsuiker onder beheer bly, en kan jou liggaam help om vet te verbrand in plaas van om dit terug te hou. Kaneel bring ook die natuurlike soet in kos na vore in plaas van om kalorieë op jou bord te laai soos met die strooi van suiker. Alle speserye help om smaak by kos te sit, meer as wat olie, botter en kalorie gelaaide souse. 

6. Koffie? 

Gesondheid! Klink jou koffiebeker op ‘n hoër metabolisme! Die kaffeïen in koffie kan jou rustende metabolisme met tot 15% opstoot en dit kan vir tot vier ure lank aanhou.  Dit verbrand 30-50 kalorieë per dag! Mense wat drie tot vier koppies gewone of gedekafineerde koffie per dag drink is met meer as 30 persent minder geneig tot diabetes 2! Die “Chlorogenic acid” in koffie help om insulien weerstand teen te werk wat kan lei tot vetsug en diabetes. Natuurlik moet jy jou koffie sonder suiker of melk drink! 

7. Maaskaas 

‘n Halwe koppie lae vet maaskaas gee soveel as 14g proteïne met net 81 kalorieë! Studies het bewys dat proteïne sorg dat jy minder honger raak deur die dag en sodoende jou kalorie inname laag hou.  ‘n Studie gedoen aan die Purdue Universiteit in West Lafayette, Indiana het bewys dat vroue wat meer proteïne eet,  spiermassa behou het en sodoende is hul metabolisme ook verhoog.  Hulle het ook langer versadig gebly as vroue wat minder proteïenryke kos geëet het. 

8. Eiers

Vroue wat ‘n lae kalorie dieet volg en elke oggend ‘n eier op volgraan roosterbrood geëet het, het dubbel soveel kilogramme verloor as vroue wat ‘n bagel ontbyt gehad het met geen eier op nie, maar gelykstaande aan dieselfde kalorieë! Eier is ‘n vullende proteïne kos, jy eet minder later in die dag, as jy jou dag met ‘n eier begin.  En die eiergeel sal ook nie jou hart beskadig nie. 

9. Knoffel

Oorgewig mense wat knoffel vlokkies oor hul kos gestrooi het, het ‘n gemiddelde 10kg oor ses maande verloor, en die wat dit nie geëet het nie net 1kg. Die aangename smaak van knoffel laat jou lekkerder eet en jy word gouer versadig.

10. Lensies

Lensies is ‘n bonus maag kleiner maker! Dit is hoog aan proteïne en goeie vesel en voedingstowwe wat bloed suiker vlakke stabiliseer.  Wanneer jy lensies eet sorg jy dat jou insulien nie buite beheer raak om sodoende vet aan te sit om die middellyf nie. Daar is ‘n verskeidenheid van lensies, en die rooi en geel lensies kook vinnig – 15 tot 20 minute.  Gekookte lensies is heerlik in pasta disse.  Hul lekker geur sorg dat jy nie hoef vleis by te sit nie.

11. Olyf olie

Soos avokado bevat olyf olie gesonde vette wat jou aptyt onder beheer kan bring, maar daar is veel meer aan ‘n avokado as om gewigsverlies te help bevorder. Dit bevat ook anti-inflammatoriese eienskappe, en chroniese inflammasie simptome is nou verwant met metaboliese sindroom.  Sprinkel olyf olie oor jou slaai en jy sal die anti-oksidant krag in jou groente vermeerder.  ‘n Studie in die British Journal of Nutrition het dit bewys.

12. Parmesaan kaas

Vroue wat ‘n enkele porsie volroom melk of kaas op ‘n daaglikse basis eet is minder geneig daartoe om gewig oor ‘n tydperk aan te sit. The American Journal of Clinical Nutrition het hierdie feit bekend gemaak.  Volroom melk bou linoleïen suur op wat die liggaam help met die verbranding van vet.  Parmesaan is propvol smaak en dit is maklik om by een porsie daarvan te bly.

13. Pere

Pere bevat ‘n gesonde hoeveelheid vesel, 5.5 g per medium grootte vrug.  Dit hou jou vol lank nadat jy dit geëet het. Maar die vet baklei krag stop nie daar nie. ‘n Brasiliaanse navorsing span het gevind dat vrouens wat pere in hul daaglikse dieet insluit meer gewig verloor het as ‘n groep wat hawermout koekies by hul dieet gevoeg het, alhoewel die pere en die hawermout koekies dieselfde hoeveelheid kalorieë bevat! Sny ‘n peer in skyfies, saam met ‘n smeerseltjie lae vet gewone joghurt, kap dit op en voeg by slaai of posjeer dit vir nagereg.

14. Portobello sampioene

Hierdie besondere  sampioene is laag in kalorieë en het ‘n vleiserige tekstuur.  Gebruik dit in plaas van beesvleis om op vet en kalorieë te sny. Een koppie Portobello sampioene bevat minder as 20 kalorieë en basies geen vet nie.

Fyn gekap kan jy die helfte van maer gemaalde beesvleis in jou hamburger met die sampioene vervang, jy kan dit ook in frikkadelle gebruik.  In ‘n roerbraai kan dit gebruik word in plaas van proteïne en die kalorie inname verminder sonder om smaak te verloor.

15. Soet rooi rissies

Hierdie soete groente verleiding is ryk aan Vitamien C en genoeg van hierdie groente kan sorg dat jou middel kleiner word en bly. Dit is ook bewys dat Vitamien C jou immuniteit versterk en sel skade verhoed. Kap ‘n soet rooi rissie op en voeg by soppe, toebroodjies en slaai. Net ‘n halwe soet rooi rissie gee soveel as 75mg Vitamien C, die aanbeveelde daaglikse dosis.

16. Tamaties

Wanneer jy eet stel jou liggaam ‘n hormoon Cholecystokinin vry, dit vernou die klep na jou maag en ingewande.  Hierdie hormoon bevorder ‘n gevoel van versadig wees en verseker dat jy jouself nie ooreet nie.  Tamaties bevat oligofruktose, ‘n vesel wat die effek van CCK (cholecycstokinin) bevorder in jou maag. Die bonus is dat, Lycopene, ‘n samestelling gevind in tamaties sorg dat jy beskerm is teen sonbrand en kan sekere kankers verhoed!

17. Asyn

Moenie skaam wees nie, dit is heerlik oor vele kosse en is ‘n eenvoudige kalorie vry manier om smaak by kos te voeg. Navorsing het ook bevind dat dit ‘n gevoel van genoegdoening na ‘n maaltyd gee.  In 2005, gedurende ‘n studie in die European Journal of Clinical Nutrition, het gesonde kandidate brood met asyn geëet, hulle bloedsuiker en insulien vlakke was laer, hulle was meer versadig as die kandidate wat net wit brood ingeneem het. Verlaagde insulien vlakke verhoed ‘n vinnige verlaging in bloed suiker wat honger veroorsaak. ‘n Gevoel van versadiging saam met minder kos kan jou help hou by ‘n gesonde eetplan. 

18. Joghurt

Dieetkundige verwys graag na gewone joghurt as die perfekte kos, met goeie rede: Joghurt is ‘n trifecta van koolhidrate, proteïne en vet. Dit kan honger verminder en die bloedsuiker vlakke konstant hou.  ‘n Studie aan die Universiteit van Tennesee in Knoxville het bewys dat ‘n lae kalorie dieet wat joghurt insluit die verlies van 61 persent vet en 81 persent maagvet kan bevorder.  Hierdie gewigsverlies gebeur NET wanneer joghurt deel is van die dieet.

Laai die gratis Manna Dieet eboek af vir ‘n gesonde gewigsverlies plan – dit sluit bogenoemde kos in.

Print Friendly

Comments

  1. Bertus Schwan says

    Dankie vir die Afrikaans dis lekker en dankie vir hierdie magdom inligting dis fantasties. ek moet die persoon wat dit by mekaar sit komplimenteer. Dis puik

    Groete

  2. Gerrie Botes says

    Ek stem saam met Bertus. Dis fantasties om sulke goeie advies in Afrikaans te kry.

    Hierdie advies is van onskatbare waarde.

    Dankie

  3. Carol van Rensburg says

    Ek sukkel met my gewig. Dit is fantasties om sulke advies te kry.
    Ek waardeer dit baie en sal dit probeer.

    Dankie

  4. dian bezuidenhout says

    Danki vir die afrikaanse inligting, ek deel dit graag met my kliente want kan sien daar is navorsing gedoen en inligting korrek.

  5. Helien Snyman says

    Dit was nou lekker om in Afrikaans te lees. Ek hoop ons kry meer advise in Afrikaans.

  6. Floris Visser says

    Dankie vir al die inligting in afrikaans. Plaas asseblief ‘n paar diabetiese resepte.