Waarom die Balansering van Jou Bloedsuiker die Sleutel tot ‘n Slanker Middellyf is

The 6 Keys to Balance Blood Sugar Levels and Trim Your Tummy

Bloedsuiker is waarskynlik ‘n woord wat jy al hier en daar gehoor het, maar verstaan jy werklik wat dit is en watter uitwerking dit op jou liggaam het?

Dit blyk egter of die balansering van jou bloedsuiker die sleutel tot die handhawing van ‘n gesonde gewig is. Lees gerus verder om alles uit te vind wat jy van bloedsuiker moet weet!

Bloedsuiker, of glukose, is ons hoofbron van energie. Dit dui aan hoe honger en energiek ons voel. Bloedsuiker word geproduseer wanneer ons liggame enige koolhidrate afbreek – vanaf quinoa tot koek. Die sleutelbeginsel wanneer dit kom by bloedsuiker is balans.

Ons voel die beste en verloor gewig wanneer ons bloedsuiker gebalanseerd is: nie te hoog nie; nie te laag nie.

Jou bloedsuiker kan op ‘n natuurlike wyse gestabiliseer word om vet te verbrand en konstante energie regdeur die dag te hê deur die regte hoeveelheid proteïen, vet en vesel met elke maaltyd te eet. Dit sal ook help om aggressiewe insulienstygings in bedwang te hou.

Kry you gratis Manna Diet eBook hier

Bloedsuiker Regulering en Insulien

Ons pankreas vervaardig ‘n hormoon wat insulien genoem word wat in die bloedstroom vrygestel word om bloedsuiker te reguleer. Die normale telling vir bloedsuiker is tussen 80 mg/ml en 120 mg/ml.

Insulien is soos ‘n klein veerbootjie: Dit tel bloedsuiker op en dra dit oor jou bloedstroom tot binne-in jou selle. Dit reguleer en behou bloedsuikervlakke binne die normale omvang.

Wanneer ons suiker (of ander koolhidraat-ryke kosse wat vinnig in bloedsuiker omgeskakel word) eet, werk die pankreas oortyd om die insulien te vervaardig vir al die nuwe bloedsuiker wat gestoor moet word. Hierdie insulienstyging sê vir jou liggaam dat baie energie beskikbaar is, en dat dit moet ophou vet verbrand en dit begin stoor.

Hoë en Lae Bloedsuiker

Lae bloedsuiker (reaktiewe hipoglukemie) vind plaas wanneer die insulienstyging veroorsaak dat te veel bloedsuiker uit jou bloed vervoer word. Dit maak dat ons moeg, honger, tam, bewerig, lighoofdig en angstig voel. As gevolg hiervan is ons lus vir suiker en koolhidrate, omdat ons dink dit sal ons dadelik beter laat voel. In werklikheid begin die siklus weer van voor af. En jou liggaam stoor in die proses meer vet.

Hoë bloedsuiker (hiperglukemie) vind plaas wanneer die insulien nie in staat is om genoeg bloedsuiker uit jou bloed te vervoer nie.

Gewigsverlies vind tussen etes plaas wanneer ons gebalanseerde bloedsuiker en geen oortollige insulien het nie. Om dus bloedsuiker te verstaan is ‘n wonderlike manier om langtermyn, gesonde gewigsverlies te fasiliteer. Bykomend hiertoe kan dit help om jou metabolisme hoog te hou.

Hoe om Jou Bloedsuiker te Balanseer

Jy kan jou bloedsuiker op ‘n natuurlike manier balanseer deur eenvoudige koolhidrate en verborge suiker te vermy. Eenvoudige koolhidrate sluit verskeie vorme van suiker in (kyk vir woorde wat op “ose” eindig), soos sukrose (tafelsuiker), fruktose (vrugtesuiker), laktose (suiwel suiker), en glukose (bloedsuiker).

Verborge suiker skuil in verwerkte kosse, drankies, vet-vrye kosse en sappe. Eet eerder maaltye ryk in vet, proteïen en vesel. En moenie jouself verhonger nie! Nie net veroorsaak honger die produksie van streshormone soos kortisol wat gewigsverlies voorkom nie, maar die gevolglike lae bloedsuiker veroorsaak dat jou liggaam spiere verbrand, en gevolglik jou metabolisme verlaag.

Hoe om Jou Bloedsuiker te Stabiliseer en Jou Maag Platter te kry

Die maklikste manier om bloedsuiker op die normale vlak te stabiliseer is om vet, proteïen, vesel en groen groentes by elke maaltyd in te sluit. (sien die Manna Diet in die gratis eBoek)

  • Vet: Vet het minder impak op bloedsuiker as koolhidrate. Wanneer dit op sy eie ingeneem word, het vet geen uitwerking op die sirkulering van bloedsuiker nie. Wanneer dit saam met ‘n ete ingeneem word, vertraag vet die opname van jou maaltyd, wat verhoed dat daar groot stygings en dalings is. (Dit verduidelik die oplewing van hoë-vet, lae-koolhidrate diëte, soos kitose.
  • Proteïen: Proteïen hou bloedsuikervlakke bestendig. Wanneer dit op sy eie ingeneem word, genereer proteïen nie ‘n styging in bloedsuiker nie. Moet egter nie ‘n oormaat proteïen inneem nie, want dit kan in glukose omgeskakel word (glukoneogenese).
  • Vesel: Soos vet vertraag vesel die opname van voedingstowwe, veral glukose. Natuurlike suikers wat in groente en vrugte voorkom word aan ons gelewer in ‘n vesel “pakkie” om die opname van suiker te vertraag. Dit is die beste om groente en vrugte in hul natuurlike vorm te eet.
  • Groen groente: Deur groen of donkerkleurige groente by jou maaltye te voeg, voeg jy vitamiene en minerale by jou dieët. Nog ‘n bonus: daar is bewys dat magnesium wat in groen groentes voorkom insulien sensitiwiteit verhoog, wat goed is vir die regulering van bloedsuiker.
  • Oefening: Om te begin beweeg is die belangrikste, want jy kan vet vinniger verbrand deur jou hartklop te verhoog met daaglikse oefening.

Die Oplossing

Om jou bloedsuikervlak te reguleer is die mees effektiewe manier om jou vet verbrandings kapasiteit te handhaaf. Moet nooit ‘n ete oorslaan nie, veral nie ontbyt nie, en eet gesonde peuselhappies tussen etes. Deur gereeld te eet kan jy hongerpyne en die daaropvolgende ooretery vermy, en dit is die mees effektiewe manier om metabolisme doeltreffend te handhaaf.

Buiten ‘n hoë-vesel dieet en lae GI kosse, is die beste dieetaanvulling om bloedsuiker en insulienvlakke stabiel te hou die Manna Blood Sugar Support produk.  Deur hierdie produk saam met etes te neem word die opname van glukose van die kos na die bloedstroom vertraag, en word die bloedsuikerkurwe uitgebalanseer en hoë insulienvlakke verlaag.

Die produk kan kosdrange bekamp en eetlus onderdruk, en sodoende gewigsverlies aanhelp sonder enige newe-effekte. Jy kan ook die Manna Diet eBook aflaai vir ‘n effektiewe en gesonde gewigsverlies leefstyl.

Close
afrikaans-dieet-07-3

Blood-Sugar-Support-Cravings-afrikaans

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>