Wat is Insulien weerstandigheid?

Insulien Weerstand-sindroom

Metaboliese sindroom was eers bekend as sindroom X en later as Insulien Weerstand-sindroom. Dit word veroorsaak deur ‘n wanbalans of versteuring van die metabolisme.  Metabolisme is die chemiese proses wat plaasvind in ‘n lewende organisme en nodig is vir die instandhouding van  lewe.

Pre-Diabetes en Metaboliese sindroom is nou verwant, maar laasgenoemde kan ly tot baie ander siektes. Wanneer jy gediagnoseer is met Pre-Diabetes is dit wys om verder te lees en die inligting in die algemeen in gedagte te hou.

Mense wat Metaboliese Sindroom het, is ook geneig om diabetes, hoë bloeddruk, hoë cholesterol, hartsiektes en baie soorte kanker op te doen.

Diegene wat metaboliese sindroom het, het drie van die volgende vyf kriteria:

1. Middellyf omtrek groter as 89cm vir vroue en groter as 102 cm vir mans

2. Hoë Trigliseried vlakke

3. Lae HDL cholesterol vlakke

4. Bloeddruk hoë as 130/85

5. Vastende bloedsuiker  hoër as 6 mmol

Daar is ‘n direkte verband tussen mense se gewig of om meer presies te wees die persentasie liggaamsvet en die ontwikkeling van metaboliese sindroom.  Hoe meer glukose (suiker) jy inneem, hoe meer insulien moet die liggaam afskei om jou metabolisme aan die gang te hou.  Dit wat nie verteer of dan verwerk word nie, word as vet gestoor.  Die gevolg is insulien weerstand, wat beteken dat die liggaam meer insulien moet produseer om dieselfde hoeveelheid suiker op te neem.

Kos met ‘n hoë suikerinhoud laat die bloedsuikervlakke vinniger styg en die met ‘n laer suikerinhoud sorg dat bloedsuikervlakke konstant bly en dat die liggaam ‘n boodskap na die brein stuur van “ek is nou versadig”.  Hierdie kosse staan bekend as voedsel met ‘n lae glukemiese indeks, in die algemeen word verwys na LOW GI.    Om meer van hierdie kosse te eet verseker ‘n ommekeer van metaboliese sindroom.

Herken jy jouself in bogenoemde beskrywings? Dan is dit moontlik dat jy metaboliese sindroom kan hê of as jy alreeds daarmee gediagnoseer is, is daar wel hoop.

Die Manna Gewigsverlies Program in samewerking met Manna Bloedsuiker Support tablette is net wat jy nodig het vir ‘n ommekeer, en ‘n beter kwaliteit van lewe. Die Manna Bloedsuiker Beheer Tablette beheer bloedsuikervlakke, en verminder die vereistes van die liggaam om insulien te produseer.  Dit vertraag ook die opname van glukose/suiker uit kos na die bloedstroom en help om kosdrange te bekamp.  Dit is beskikbaar by toonaangewende apteke insluitend Dis-Chem en Clicks.

Blood Sugar Support 3-01

Print Friendly
Sign up for our free newsletter