Wat is Prediabetes?

are-you-at-risk-of-diabetes

Prediabetes en insulienweerstandigheid is eintlik dieselfde en dit beteken dat jou bloedsuikervlakke hoër as normaal is, maar nog nie so hoog dat jy as ‘n tipe 2 diabeet geklassifiseer kan word nie. As jy nie ernstig aandag hieraan gee nie, kan prediabetes heel moontlik omskakel na tipe 2 diabetes en dit kan enige iets van 2 tot 10 jaar neem.

As jy prediabetes of insulien weerstandig is, het die langtermyn skade wat verband hou met tipe 2 diabetes, heel moontlik reeds begin. Dit is skade met betrekking tot die organe soos die hart, niere, oë en bloedsirkulasie stelsel.

Daar is egter goeie nuus: Prediabetes of insulienweerstandigheid kan ‘n geleentheid wees om jou gesondheid te verbeter. Jy hoef nie te wag totdat jy tipe 2 diabetes ontwikkel nie – dit kan voorkom word.

Met gesonde leefstyl veranderinge soos byvoorbeeld ‘n gesonde dieet, daaglikse oefening, genoeg slaap, ten minste 1.5 liter vars water per dag en die nodige voedings aanvullings is dit moontlik om bloedsuiker vlakke te beheer, insulien vlakke te normaliseer, gewig te verloor en tipe 2 diabetes te voorkom.

Simptome van prediabetes

Baie keer het prediabetes geen opsigtelike tekens of simptome nie.  Een moontlike teken dat jy die gevaar loop om tipe 2 diabetes te ontwikkel is die verdonkering van jou vel op sekere dele van jou liggaam. Hierdie toestand staan ​​bekend as acanthosis nigricans. Algemene plekke waar die toestand kan voorkom is die nek, armholtes, elmboë, knieë en kneukels.

Tipiese gevaartekens wat daarop dui dat jy besig is om tipe 2 diabetes te ontwikkel is:

  • Onblusbare dors
  • Toenemende urinering (meer as normaalweg)
  • Onverklaarbare aanhoudende Moegheid
  • Verdoofde visie

Hier is 7 kosse wat diabetes help beveg…

Risikofaktore vir prediabetes

Goeie raad is om gereeld ‘n bloedglukosetoets te laat doen om jou algemene bloedsuikervlakke te bepaal. Die volgende faktore verhoog jou kans tot prediabetes of insulien weerstandigheid.

  • As jou (“BMI”) LMI(liggaams massa indeks) bo 25.
  • As jy onaktief. (geen of baie min goeie oefening)
  • As jy ouer as 45 is
  • As daar tipe 2 diabetes in jou familie is
  • As jy Afrikaans, Spaans of Asiatiese.
  • As jy swangerskap diabetes gehad het of geboorte geskenk het aan ‘n baba van meer as 4kg
  • As jy ly aan PCOS (polisistiese ovariale sindroom) ‘n Toestand wat gekenmerk word deur onreëlmatige maandstonde, oortollige haargroei en/of vetsug.
  • As jy verhoogde bloeddruk het
  • Wanneer jou hoë-digtheid lipoproteïen (HDL) cholesterol onder 0.9 mmol/L is, of jou trigliseriede bo 2,83 mmol/L is.

Komplikasies:

As jy nie aandag aan prediabetes of insulienweerstandigheid skenk nie, kan jy die volgende gesondheids komplikasies ontwikkel:

  • Hoë bloeddruk
  • Hoë cholesterol
  • Hartsiektes
  • Beroerte
  • Niersiektes
  • Blindheid
  • Amputasies

Hoe om prediabetes te stop en om te draai

As jy prediabetes is, kan ‘n gesonde leefstyl jou bloedsuikervlakke terugbring na normaal of verhoed dat dit styg tot op vlakke soos gesien by tipe 2 diabete. Gewigsverlies alleen is nie ‘n waarborg dat jy nie tipe 2 diabetes sal ontwikkel nie.

Die volgende stappe is nodig om bloedsuiker vlakke te stabiliseer en insulin vlakke te normaliseer:

Gesonde dieet

Kies kossoorte wat laag in vet en kalorieë en hoog in vesel is. Fokus op vrugte, groente en volgraanprodukte. Strewe na ‘n verskeidenheid om jou doel te bereik sonder om smaak en voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet eBoek af vir meer inligting, ‘n eetplan, resepte en raad om jou doel te bereik.

Eet jouself gesond met ‘n diabetes dieet. Vind uit hoe …

 

Kry meer oefening –

Mik daarna om elke dag 30 to 60 minute matige fisiese oefening te doen. Probeer om nie meer as 2 dae verby te laat gaan sonder om oefening te doen nie.

Voorbeelde: Stap elke dag teen ‘n stewige pas. Ry fiets. Swem ‘n paar lengtes. As jy nie tyd het vir ‘n lang oefen sessie nie, breek dit op in korter sesies versprei deur die dag of doen krtstondige hoë impak oefeninge, soos om voluit vir 1 minuut te hardloop en 1 minuut te rus – herhaal vir 8 keer.

Ons beveel ook aan dat jy weerstandsoefening, soos gewigoptel, 2 keer per week doen.

Verloor oortollige gewig

As jy oorgewig is en jy verloor 5 tot 10 persent van jou liggaamsgewig – slegs 4.5 tot 9 kilogram as jy 90 kilogram weeg – kan dit die risiko verlaag om tipe 2 diabetes te ontwikkel. Om jou gewig binne gesonde perke te hou moet jy fokus op permanente veranderinge aan jou eet en oefen gewoontes.

Oefening hou net goeie voordele in, soos om gewig te verloor, ‘n gesonder hart, baie meer energie en in verbeterde selfbeeld.

Natuurlike aanvullings om prediabetes te behandel:

Manna Blood Sugar Support is die ideale aanvulling om bloed suiker vlakke te help beheer en om diabetes komplikasies te help voorkom.

Wanneer Manna Blood Sugar Support saam met voedsel geneem word, bind die noodsaaklike suikers en organiese vesels in die produk met die voedsel in jou maag en dit veroorsaak dat glukose stadiger vrygestel word en daarom help om bloedsuiker vlakke te beheer.

Wanneer bloedsuiker vlakke onder beheer is, beteken dit dat die liggaam minder insulien benodig, en verhoogde insulien vlakke in die liggaam kan dan mettertyd normaliseer.

Gesonde en gebalanseerde bloedsuiker vlakke kan help om “cravings” te verminder of selfs te voorkom, om eetlus te demp, en om diabetes en diabetes verwante gesondheids probleme te voorkom.

Manna Blood Sugar Support is die enigste gesertifiseerde organies bloedsuiker aanvulling in die wêreld.

Hierdie aanvulling word vervaardig in ‘n FDA geregistreerde farmaseutiese fasiliteit onder streng GMP-HACCP regulasies vir u veiligheid. Die produk is beskikbaar by Dis-Chem, Clicks, alle vooraanstaande apteke, gesondheidswinkels en is ook aanlyn verkrygbaar by www.mannaplus.co.za

 

blood-sugar-support-diabeet-afrikaans-02

 

Close
menopause-pop-up-01
Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>