Wat Is Vetsug en Wat Kan Jy Daaraan Doen

Wat Is Vetsug en Wat Kan Jy Daaraan Doen

Baie mense neem aanstoot wanneer hulle as vetsugtig gediagnoseer word, want hulle dink dat daar met hul gewig gespot word. Dit gaan egter nie net oor gewig nie – dit is ‘n ernstige kwessie en ‘n groot gevaar vir jou gesondheid!

Vetsug word gewoonlik gediagnoseer deur gebruik te maak van die liggaamsmassa indeks (BMI), en jy word as vetsugtig geklassifiseer as jou BMI meer as 30 is. ‘n BMI tussen 25 en 29.9 beteken jy is oorgewig en dat jy reeds na maniere moet kyk om gewig te verloor voordat dit tot vetsug lei.

Hoe Beïnvloed Vetsug Jou Gesondheid?

Vetsug kan gepaardgaan met ‘n klomp ander gesondheidskwessies, wat ook ‘n aanduiding kan wees dat jy ernstig na jou gewig moet kyk. Hierdie gesondheidskwessies sluit in:

  • Hoë bloeddruk
  • Hartsiekte en beroerte
  • Tipe-2 diabetes
  • Hoë cholesterolvlakke
  • Gewrigsprobleme
  • Sukkel om asem te haal
  • Slaap apnee
  • Galstene

Hoe om Vetsug te Behandel

Gelukkig kan jy vetsug beheer en omkeer met die regte leiding en wilskrag. Die sleutel is vanselfsprekend gewigsverlies, maar hoe jy dit benader, is die belangrikste deel.

Die eerste ding wat van die begin af reg moet wees, is dat babatreë gelyk is aan groot vordering. Maak nie saak hoe hard jy probeer nie, jy gaan nie 20kg binne ‘n week verloor nie. Stel realistiese doelwitte soos om 500g tot 1kg per week te verloor, en hou aan daarmee tot jy jou doelwit bereik het – maak nie saak hoe lank dit vat nie.

Baie mense sukkel om gewig te verloor omdat hulle nie weet waar om te begin, wat hulle moet doen of wat die beste manier is om gewig te verloor nie. Dit is waarom dit aanbeveel word dat jy met ‘n dieëtkundige of voedingskundige gesels wat jou kan help om ‘n dieët en oefenplan uit te werk wat pas by jou leefstyl, en dit sluit in jou werk, jou vrye tyd, jou gesondheidsgeskiedenis en ander faktore wat ‘n rol kan speel.

Natuurlike Aanvullings

Maak nie saak watter dieët of oefenplan jy aanpak nie, ‘n goeie natuurlike aanvulling kan jou die nodige hupstoot gee. Ons stel voor dat jy na die Manna Diet kyk. Lees deur die gratis eBoek en probeer meer oor jou eie liggaam leer, want daar kan ander redes wees waarom jy in die eerste plek gewig aangesit het. Die Manna Diet is ‘n gesonde leefstyl en nie ‘n kitsoplossing nie. Ons beveel ook aan dat jy die Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met elke ete neem, want dit help nie net om bloedsuikervlakke te beheer nie, maar ook om op ‘n natuurlike manier kosdrange te keer en eetlus te onderdruk sonder enige newe-effekte.

As jy sukkel om gewig te verloor, het jy dalk ‘n spysverteringsprobleem. As jy geneig is tot hardlywigheid, opgeblasenheid of winderigheid is dit dalk ‘n teken dat jy ‘n wanbalans in jou intestinale flora het. Ons stel voor dat jy jou goeie intestinale flora herstel deur die Manna GUT Support aanvulling te neem en ‘n lae-suiker, lae-koolhidraat dieët volg, soos die Manna Diet.

Blood-Sugar-Support-Cravings-afrikaans

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>