Watter Kosse Sit Jou Liggaam in Vet Stoor Modus?

Watter Kosse Sit Jou Liggaam in Vet Stoor Modus?

Die kosse wat jy eet beïnvloed die hormone wat jou liggaam vrystel, en dit kan lei tot vet storing. Kosse wat baie eenvoudige suikers bevat, word vinniger verteer en geabsorbeer. Hierdie kosse staan ook bekend as hoë glukemiese kosse.

Hulle beïnvloed jou bloedsuiker en kan lei tot ‘n “stoor”-reaksie deur jou liggaam. Jy kan dus ‘n gesonder gewig bereik deur minder van hierdie kosse in te neem.

Glukemiese Indeks

Die glukemiese indeks is ‘n manier om kosse te klassifiseer op grond van hoe hulle in jou bloedstroom geabsorbeer word. Die koolhidraatinhoud van ‘n sekere kos, hoe dit verteer word en hoe dit geabsorbeer word, het ‘n direkte invloed op jou bloedglukose. Die glukemiese indeks is ‘n manier om vas te stel hoe kos jou bloedsuiker affekteer.

Hoë Glukemiese Kosse

Kosse word op die glukemiese indeks geklassifiseer as laag, medium of hoog. Hoe hoër hulle op die GI tabel voorkom, hoe groter effek het hulle op jou bloedsuikervlakke.

‘n Hoë glukemiese kos veroorsaak dat jou bloedsuiker die hoogte inskiet, en dan weer skielik val. As jy al ooit ‘n ‘sugar rush’ gekry het van lekkergoed of ‘n hoogs-geprosesseerde ete en dan kort daarna moeg gevoel het, sal jy begrip hê vir wat hoë glukemiese kosse kan doen.

Die glukemiese indeks (GI) strek van nul tot 100, en kosse tussen 70 en 100 is hoogs glukemies. Dit is kosse soos witbrood, broodrolletjies, versoete ontbytpappe, koekies, kraakbeskuitjies en styselagtige groente.

Meganisme

Hoë glukemiese kosse is geneig om die vetstoringsproses in jou liggaam aan die gang te sit. In reaksie op die hoë vlakke van bloedglukose skei jou pankreas dan hoë vlakke van insulien af. Dit is die hormoon wat help om glukose uit jou bloedstroom te laat beweeg. Insulien word ook die vetstoringshormoon genoem. Dit beteken dat dit jou liggaam keer om gestoorde vet te mobiliseer en te gebruik. In plaas daarvan stimuleer dit die storing van hierdie glukose óf as glukose in jou selle óf as vet in stoorplekke wat reeds bestaan.

Eetgewoontes

Hoë glukemiese kosse is geneig om ‘n mens te laat ooreet. ‘n Studie wat in 1999 in “Pediatrics” gepubliseer is, het gekyk na watter uitwerking van ‘n lae, medium en hoë glukemiese dieët op ‘n mens het. Twaalf adolessente mans het ‘n hoë, medium en lae glukemiese maaltyd geëet, waarna hulle vrywillig deur die loop van die dag gemonitor watter kosse hulle geëet het.

Op die dag wat hulle die hoë glukemiese kos geëet het, het hulle 53 persent meer geëet as die medium glukemiese indeks dag en 81 persent meer as die dag toe hulle ‘n lae glukemiese ete geëet het. Die rede hiervoor was ‘n toename in eetlus en metaboliese veranderinge van elke ete.

Aanbeveling

As jy gewig wil verloor, volg die Manna Diet in hierdie gratis e-boek. Hierdie program is alles oor Lae GI. As jy die Manna Blood Sugar Support kapsules saam met elke ete neem, sal dit help om jou bloedsuikervlakke en kosdrange te beheer, want hierdie produk verminder die Glukemiese Indeks van alles wat jy eet met tot 43%.

Blood-Sugar-Support-Afrikaans-2017

Print Friendly

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>