Oefen Minder

Oefening kan jou help om gewig te verloor – maar jy verloor die meeste as jy die ideale kombinasie bereik.

Oefening help om gewig te verloor? Die antwoord is mos JA? ‘n Uur of wat in die gimnasium op die stapmasjien is goed vir jou gesondheid? MAAR nuwe navorsing het bevind dat om jou gewigsverlies te versnel jy minder moet oefen teen ‘n hoër tempo!

‘n Span navorsers aan die Universiteit van Kopenhagen het ‘n groep onaktiewe oorgewig jong mans betrek by ‘n 13 week studie. Hulle is eerstens ‘n toets gegee om hul gewig en mates te bepaal en is toe in drie groepe verdeel:

◊ Die eerste groep het niks gedoen aan hul dieet nie, en het ook nie geoefen nie.

◊  Vir groep nommer twee is ‘n matige oefen program van 30 minute per dag voorgeskryf om sowat 300 kalorieë te verbrand.

◊  Die derde groep is gevra om vir 60 minute intens te oefen (elke dag) en om dus 600 kalorieë te verbrand.

DIE mans is ook gevra om hul eetgewoontes nie bewustelik te verander nie, asook om neer te skryf wat hulle inneem.  Hulle is ook gevra om op sekere dae ‘n toestel te dra wat aandui hoeveel hulle beweeg.

Teen die einde van die studie, het die groep mans in die eerste groep geen gewig verloor nie, maar die in die tweede en derde groepe wel.  Die mans in die tweede groep het meer gewig verloor as die laaste groep wat intens geoefen het! Interessant! Hul het gemiddeld 2kg ekstra verloor en die navorsers het dit toegeskryf aan twee moontlike redes:

Die mans in die tweede groep wat matig geoefen was minder honger en het meer gematigde porsies geëet, en hulle oefening het hulle laat goed voel en ook gemotiveer om meer te beweeg gedurende die dag.

Die groep wat intens geoefen het was moeg na hulle oefening en het minder “beweeg” na die oefen tyd as die wat matige oefeninge gedoen het.

Indien gewigsverlies jou doel is, sal ‘n toets interessant wees. Jy kan dit sommer self doen; verminder jou oefening en kyk of dit help om meer vet te verbrand. Die beste gewigsverlies word verkry met tussenpose oefening.  Of jy nou fietsry, op ‘n stapmasjien loop, roei, trappe klim, die metode bly dieselfde.

√  Wat jou oefening ookal mag wees, doen dit intens en vinnig indien jy kan vir 30 sekondes.

√  Hou aan met die oefening maar baie stadiger, verstadig jou pas vir 60 sekondes (jou rustende fase).

√ Doen dan weer 30 sekonde se vinnig en intense oefening en herhaal die tussenpose vir 8 rondtes. SO kan NET 12 minute oefening per dag ‘n GROOT verskil maak met gewigsverlies.

Hierdie tipe oefening werk ook goed vir fiksheid en gesondheid!

Wil jy jou hunkeringe beheer? Probeer in die oggend oefen! ‘n Studie het bevind dat om soggens te oefen help met hunkeringe(cravings) gedurende die dag!

Nog ‘n voordeel vir oefen op ‘n MAANDAG(begin die week positief); ‘n Studie aan die Universiteit van Maryland het bevind dat SO ‘n oefening help om angstigheid en stres te beheer vir ‘n hele tyd NA jy geoefen het!

Fat Burner-01

Print Friendly, PDF & Email