
Ekstra kalorieë is nie die enigste rede vir gewigstoename nie.
- Te min Slaap
Wanneer jy nie snags goed slaap nie, beleef jou liggaam spanning, en dit veroorsaak dat jou liggaamselle meer vet stoor. Waarskuwingstekens van te min slaap sluit moegheid in, asook konstante verlies aan energie, ‘n gevoel van irritasie en dat jy bedags maklik aan die slaap raak.
- Hoë Stresvlakke
Om te eet wanneer jy gespanne is, is nooit die antwoord nie. Maar ongelukkig is dit in ons aard om dan iets te gryp wat gelaai is met koolhidrate, gebraai is in olie of wat in sjokolade gedoop is.
Wanneer ons gespanne is, stel die liggaam ‘n hormoon vry, naamlik kortisol, wat ‘n effek op die tiroïed sowel as die brein kan hê. Dit kan veroorsaak dat die metabolisme stadiger word. Probeer om die gewoonte te verbeter deur eerder gesonde peuselhappies soos wortel- en selderystokkies te eet. Die knars kan bevredigend en verslawend wees, wat goed is – solank dit jou weghou van die soetgoed!
- Sekere Medikasie
Sekere medikasie kan jou laat kopkrap en wonder waarom jy nie gewig kan verloor nie. Algemene medikasie wat dit veroorsaak sluit medikasie in wat die volgende behandel: depressie, beroertes, bloeddruk en spanningshoofpyne. Indien jy groot hoeveelhede hiervan oor ‘n lang tydperk neem, kan die gewigstoename resultate verwoestend wees.
Sommige ander medikasie wat tot ‘n mindere mate gewigstoename veroorsaak sluit hormoonvervangingsterapie, steroïede en mondelikse voorbehoedmiddels in.
- ‘n Onderliggende Mediese Toestand
Hipoteriose is die mees algemene onderliggende mediese oorsaak vir gewigstoename. Dit is wanneer die tiroïedklier nie genoeg van die tiroïedhormoon vervaardig nie, wat veroorsaak dat metabolisme afneem en dit lei tot gewigstoename.
- Menopouse
Jy hoef vir geen vrou te vertel van die nagmerrie van menopouse en gewigstoename nie! Maar weens die afname in die hormoon estrogeen is vroue geneig om ‘n toename in gewig te ervaar, veral rondom die middellyf. Dit is meestal moeilik om te hanteer saam met al die ander menopousale simptome, en gewigsverlies gedurende menopouse is gewoonlik moeiliker as gedurende ander tye van jou lewe.
Hoe om Gewig te Verloor en dit Af te Hou
Selfs al is al bogenoemde oorsake die redes vir jou gewigstoename, kan jy steeds beheer van jou lewe neem en weer in vorm kom.
Volg die Manna Diet deur die GRATIS e-boek af te laai en ook die Manna Blood Sugar Support aanvulling saam met elke ete te drink en jy kan ook een of twee etes per dag met die Manna Low GI Shakes vervang.
Manna Blood Sugar Support kan by elke maaltyd geneem word om bloedsuiker te beheer, eetlus en “cravings” te onderdruk. Hierdie produk kan ook help om tipe 2 diabetes te voorkom.
Manna Blood Sugar Support is die enigste gesertifiseerde organies bloedsuiker aanvulling in die wêreld.
Stop die kosdrange met Manna Blood Sugar Support
- Help om insulienweerstandigheid om te draai.
- Help om bloedsuiker vlakke terug te kry na normaal.
- Help om die opname van glukose in die bloedstroom te vertraag.
- Help om die liggaam se behoefte vir insulien te verlaag.
- Gee jou volhoubare hoë energievlakke.
“Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend
“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey
“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend
“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita