Featured Product



Soms is gewigsverlies eintlik baie voor die hand liggend.

Te veel mense probeer almal beindruk met ingewikkelde nuwe maniere om gewig te verloor. Maar hoekom moet mens dit meer ingewikkeld maak as wat dit is?

Veral as dit nie nodig is nie... Jy is nou al moedeloos vir al die moeilik-om-te-volg diete en kitsdiete wat op die ou end net 'n foefie was. Jy soek iets wat nie veel moeite verg om toe te pas nie. Kom ek gee jou bietjie raad wat maklik is om toe te pas in jou dag-tot-dag lewe...

Hier is 6 eenvoudige wenke wat werk.

  1. Gaan slaap vroer.
As jy 'n ekstra uur of twee slaap in die nag, sal jy heel waarskynlik die volgende dag minder eet. Daar is studies gedoen spesifiek om die verwantskap tussen slaap en eetgewoontes vas te stel. Dit is toe gevind dat mense wat minder as 6 ure per nag slaap 'n gemiddeld van 920 kilojoules meer eet as mense wat tussen 6 en 8 ure per nag slaap. Dit mag dalk 'n week of twee neem om aan te pas by hierdie nuwe slaap roetine, maar as dit help met minder eet, kan dit help met gewigsverlies. En bonop gaan jy elke dag baie meer uitgerus aanpak!

  1. Eet rustiger.
Wanneer jy te haastig eet, kry jou brein nie betyds die boodskap dat jy versadig is nie. Die hipotalamus is die deel van die brein wat bepaal wanneer jy versadig is. Maar dit neem 'n tydjie vir die sein om vanaf die maag na die hipotalamus te kom. Gewoonlik byna 20 minute. So kyk hoe lank dit jou vat om teen jou gewone tempo 'n bord kos op te eet, en dan eet jy volgende keer dubbeld so lank aan die selfde hoeveelheid kos. Moenie verbaas wees as jy sukkel om jou bord kos op te eet nie!

  1. Kies n kleiner bord of bakkie.
As jy 'n groot bord of bak gebruik, is die kanse groter dat jy meer gaan skep. En dan natuurlik ook meer gaan eet. Dit klink dalk simpel om 'n kleiner bord of bak te gebruik, maar as jy dit doen en jy pas klein bietjie selfbeheersing toe om te bly by een keer skep, dan verminder dit jou kalorie drasties.

  1. Pasop vir versteekte kalorie in drankies.
Ons neem soms baie meer kalorie in deur sap, koeldrank, fancy koffie, of 'n glasie wyn 'n werk te drink as wat ons deur kos inneem. Deur suikervrye of lae-kalorie drankies soos tee, water, of gewone koffie sonder suiker te drink, kan jy jou daaglikse kalorie inname binne perke hou.

  1. Drink ? glas water voor elke maaltyd.
Mense wat dit doen, het baie meer sukses met gewigsverlies as die wat dit ni doen nie. 'n Lekker groot glas water help jou om meer versadig te voel nog voordat jy aansit vir ete. En boonop kom ons gewoonlik nie by die 8 glase water uit wat ons elke dag moet drink nie, so dit kan help dat jy ten minste 3 glase reeds inkry.

  1. Gebruik Manna Blood Sugar Support
Dit is seker die heel maklikste lewenstyl verandering om toe te pas. En dit werk soos n bom! Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou.

Hoekom moet ek my bloedsuiker vlakke stabiel hou om gewig te verloor?

Wanneer jou bloedsuiker vlakke stabiel bly na 'n ete dan voel jy vir langer versadig. Dit help ook dat jou bloedsuiker nie op en af gaan soos 'n wipplank nie. Dit beteken dat jou liggaam jou nie nounou gaan vra vir ietsie om te eet om jou energie vlakke 'n hupstoot te gee nie want dit maak dat jy eet al is jy nie honger nie. En dit is onnodige kalorie! Dit is noodsaaklik om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou as jy wil teen 'n gesonde en veilige pas gewig verloor. 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Wanneer jy dit saam met 'n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.

Wat is die risikos en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?
GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.
Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op 'n mens nie. 

Wat kry ek daaruit?

Die voordele van Manna Blood Sugar Support

Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:
  • Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
  • Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy 'n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
  • Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
  • Dit voorkom dat jy 'n skielike sugarcrash kry, wat daardie moe gevoel is wat jy kry so uur nadat jy 'n maaltyd of 'n peusel happie met baie suiker in geet het.

Kry die Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels:

 
Koop Nou Groen Large

On:
person Posted By: Pieter Coetzee list In: Gewigverlies

Related Articles

On:

12 Slaggate Van Gewigsverlies

list In: Gewigverlies
Wanneer dit by dieët kom, is dit belangrik om te weet wat help, en wat gewigsverlies kan benadeel.

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

Stop Die Kosdrange Met Hierdie Vyf Kosse

list In: Gewigverlies
Kosdrange kan enige dieet plan belemmer. Kom ons wees eerlik – daai nuwe dieet was besig om wonders te doen, totdat kosdrange die oorhand gekry het.

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

Die Gevaar Van Te Veel Vet Om Die Middellyf

list In: Gewigverlies
Dit is nie altyd maklik om maagvet te verloor nie maar dit is beslis die moeite werd. Om gewig te verloor is meer as net te probeer goed lyk in n bikini....

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec

Comments

No comment at this time!

Leave your comment

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday January February March April May June July August September October November December