Featured Product

[vc_row][vc_column][vc_column_text]4 Common Causes of Slow Digestion

Die enigste ding erger as stadige spysvertering, is geen spysvertering.


Wanneer die spysvertering stelsel nie werk soos dit moet nie, kom dit gepaard met ‘n paar merkbare simptome wat jy dalk mag herken.
Hierdie simptome sluit in dinge soos maagpyne, klere wat stywer sit, en 'n gebrek aan ‘n goeie opelyf.
In die meeste gevalle waai stadige vertering binne 'n paar dae oor, maar as dit die heeltyd gebeer, kan dit 'n teken wees van 'n chroniese probleem.

Maar wat presies veroorsaak stadige spysvertering?


Kom ons kyk na die 4 mees algemene oorsake:

  1. Te veel of te min vesel


Almal weet dat vesel een van die belangrikste dinge is om alles te laat glad verloop in die dermkanaal.
Dit is hoekom dit maklik is om te verstaan ​​hoekom te min vesel ‘n probleem kan wees.
Maar wat jy waarskynlik nie besef nie, is dat te veel vesel ook 'n probleem kan wees.
Dit kan 'n verstopping in die ingewande veroorsaak.
Dit word aanbeveel dat jy 14 gram vesel inneem vir elke 1000 kalorieë wat jy eet.

  1. Te min water


Een van die water se vele werke in die liggaam is om seker te maak dat alles in die dermkanaal glad deurgaan.
Dit verseker ook dat die ingewande sag en buigsaam is sodat voedsel en afval maklik kan deur beweeg.
Die vesel wat jy eet kort ook die water om sy werk behoorlik te kan doen.
Die daaglikse aanbeveling vir water is omtrent 1,5 liter. Drink eerder bietjie te veel as te min, want dehidrasie veroosaak talle probleme in die liggaam.

  1. Spysvertering-verwante gesondheid probleme


Dit mag wees dat jy aan 'n onderliggende dermsversteuring ly, wat probleme in jou spysverteringskanaal veroorsaak. Die 3 mees algemene verdagtes in hierdie geval is:

  • Chrohn se siekte

  • Divertikulitis

  • Prikkelbare derm-sindroom (IBS)


Simptome van sulke chroniese toestande sluit in: moeilike stoelgang,  3 stoelgange of minder per week, onvoorspelbare diarree, en gereelde maagkrampe.

  1. Voedselallergieë


Sekere voedselallergieë kan veroorsaak dat jou spysverteringstelsel in ‘n absolute toestand gelaat word!
As jy die hierdie kosse eet, kan dit jou spysverteringstelsel tot stilstand bring, wat jou laat hardlywig voel.
Tekens van 'n voedselallergië sluit in:

  • Voel die heeltyd moeg

  • Swelling in die mond

  • Uitslag op jou vel

  • Bloed in jou stoelgang


Die mees algemene allergene is:

  • Koring

  • Eiers

  • Skulpvis

  • Melk

  • Neute


Hoe kan ek seker maak dat my spysverterings kanaal se gesondhied op sy beste is?
Om te begin kan jy seker maak dat jy die regte hoeveelheid vesel eet, genoeg water drink, en moontlike allergene vermy.
Maar dan is daar 'n geheime wapen wat jy by jou arsenaal kan byvoeg...
Sy naam is Manna GUT Support.
Wat is Manna GUT Support?
Manna GUT Support is 'n natuurlike aanvulling wat help om die spysverteringsbakterieë (goeie flora) en noodsaaklike ensieme in die spysverteringskanaal te herstel. Dit help om die gesondheid van die mdermkanaal te verbeter en die immuunstelsel te versterk.
Hoe werk dit?
Manna GUT Support herstel die goeie bakterieë en noodsaaklike ensieme in die spysverteringskanaal, help met die verligting van spysverteringskanaal-verwante gesondheidsprobleme, en verhoog die immuunfunksie van die liggaam.
The Manna GUT Support bevat GEEN van die hoof potensiële allergene en bevat ook GEEN bymiddels
Wat is die voordle van Manna GUT Support?

  • Help om die natuurlike balans in die spysverteringskanaal te herstel

  • Help om verteringsgesondheid en die funksie van die immuunstelsel te verbeter

  • Geskik vir gewigsverlies, PCOS, IBS, insulien weerstandigheid, diabetes, candida, onvrugbaarheid, psoriasis, hoë bloeddruk en hoë cholesterol.


Die verskillende bestanddele werk holisties om die mikroörganismes in die spysverteringskanaal te balanseer.

  • Spysverterings ensieme help met die afbreek van kosse

  • Probiotika verskaf die 'vriendelike' dermflora wat die ingewande beskerm teen skadelike bakterieë, en L-Glutamien help met die vernuwing van die binnekant van die spysverteringskanaal.


Vir die perfekte dag-tot-dag hupstoot in jou dspysverterings gesondheid, kry die Manna GUT Support NOU vanaf hierdie winkels of aanlyn-winkels:

Koop Nou Groen Large
Gut Support[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column width="1/2"][product id="7903"][/vc_column][vc_column width="1/2"][product id="7907"][/vc_column][/vc_row]
On:
person Posted By: Manna Team list In: Gesondheid

Related Articles

On:

Hoe Werk Die Manna Calmer?

list In: Gesondheid
Verminder stresvlakke en fokus denke met die hulp van Manna Calmer. Hierdie natuurlike aanvulling help om die gemoedstoestand te verbeter en angs te...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

Waarvoor Word MSM Gebruik?

list In: Gesondheid
MSM is wragtig n wonderlike ding!Maar jy wonder seker nou wat in die wreld is MSM? Wat is MSM? Metielsulfonielmetaan, of dan nou wel MSM, is n organiese...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

Is Stilsit Erger as Rook?

list In: Gesondheid
Dit wil vir ons voel asof ons leefstyle al hoe minder aktief word. En met goeie rede want dit doen.Baie van ons is al vertel dat vroetel n teken van...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

Manna MSM vir Seer Gewrigte en Meer

list In: Gesondheid
MSM is wragtig 'n wonderlike ding! Maar jy wonder seker nou "wat in die wêreld is MSM"? Wat is MSM? Metielsulfonielmetaan, of dan nou wel MSM, is 'n...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec

Comments

No comment at this time!

Leave your comment

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday January February March April May June July August September October November December