Featured Product

What Does Type 2 Diabetes Do To The HeartDiabetes verhoog die kans van hartprobleme.

Dit is beslis een van die ernstigste komplikasies wat met diabetes gepaard gaan, en een wat onmiddellik na gekyk moet word.

Alhoewel baie mense met tipe 2 diabetes bekommerd is daaroor om hul sig te verloor of om n amputasie te moet h, is die grootste gevaar probleme met die hart. Byna 65% van mense met tipe 2-diabetes sterf aan hartsiektes of n beroerte. Diabete is tussen twee- en vier keer meer geneig om aan hartsiektes te sterf as mense sonder diabetes. Dit is baie kommerwekkende statistieke! As iemand met diabetes gediagnoseer word, het hulle waarskynlik al sowat tien jaar prediabetes gehad. Teen hierdie tyd is hul risiko vir kardiovaskulre siektes buitengewoon groot. En dan, nog tien jaar later kan hulle hul eerste hartprobleme verwag! Waarom is dit so n ernstige gevaar?
Mense met tipe 2 diabetes staar n geweldige uitdaging in die gesig. Nie net hulle sukkel om hulle bloedsuikervlakke te beheer nie, maar in meeste gevalle, het hulle ook groot probleme met hul cholesterol, bloeddruk, en natuurlik hul gewig. So wat kan ons doen om diabetiese hartprobleme te voorkom?
  1. Laat jouself ondersoek
Die heel eerste stap is om uit te vind hoe hoog jou risiko is vir hartsiekte en beroertes.
  1. Oefen vir minstens 30 minute per dag
Jy moet minstens tyd maak vir 30 minute se fisiese oefeninge elke dag. Dis maklik om verskonings te soek hoekom jy nie kan oefen nie, maar wat as jou lewe daarvan afhang? Wel, in hierdie geval doen dit! En dit hoef ook nie moeilik te wees nie Stap sommer net elke dag n halfuur. Of breek dit op en stap tien minute na elke maaltyd. Slaan die hysbak of roltrap oor, en neem eerder die trappe. Parkeer aan die verste kant van die parkeerarea en stap na jou bestemming. Doen enigiets om gesonder te wees en meer oefening in te kry. As jy hierdie kopskuif kan maak en aktief kan kyk waar jy oefening kan inpas, raak alles net soveel makliker.
  1. Eet kosse wat goed is vir die hart
Eerste dinge eerste vergeet dat vet cholesterol en hartprobleme veroorsaak. Daar is bewys dat dit onwaar is. Wees liewer versigtig vir kos met n ho suiker of n ho koolhidraat inhoud. Eet baie vars groente, tesame met gesonde proteene soos vis, hoender, beesvleis, of vegetariese proteene.
  1. Hou jou bloeddruk dop
Laat gereeld jou bloeddruk toets. Dit moet onder 130/80 wees vir meeste mense. Dit is n goeie aanduiding van jou hart se gesondheid. En wees ook baie versigtig vir daai bloeddruk pilletjies wat die dokters al te maklik uitdeel dit help dalk vir die simptome maar dit kan die probleem baie vererger!
  1. Skud die kilos af as jy oorgewig is
MOENIE op n kits-dieet gaan nie. Dit werk dalk om vinnig n paar kilogramme te verloor, maar daai gewig kom net so vinnig weer terug. Net soos met oefening is dit krities om n kopskuif te maak na n gesonde leefstyl. Volg n volhoubare, gesonde langtermyn eetplan wat help om gewig te verloor en dit weg te hou. Dit help ook om jou algehele gesondheid te verbeter. As jy n goeie riglyn nodig het, laai gerus die GRATIS Manna Dieet E-boek af. Dit sal jou help om stelselmatig en egalig gewig te verloor en meer belangrik, verseker dat daardie gewig nie weer terugkom nie.
  1. As jy rook HOU OP
As jy vir n goeie rede gewag het om op te hou rook, is dit nou hierdie. Die belangrikste ding om te onthou dat self al is dit moeilik en jy struikel, moet jy net nooit ooit ophou probeer nie. Dit kan veral moeilik wees vir mense wat al jare rook, maar op die ou end van die dag is dit uit-en-uit die moeite werd. Daar is baie manier om op te hou rook, so probeer hulle almal tot jy die een kry wat vir jou werk.
  1. Laat toets jou cholesterol
Jy behoort jou cholesterol ten minste een keer per jaar laat toets. Onthou, daar is goeie cholesterol sowel as slegte cholesterol. So lyk gesonde cholesterol vlakke:
  • LDL (Slegte cholesterol) vlakke onder 2.58mmol/l
  • HDL (Goeie cholesterol) vlakke bo 1.034mmol/l vir mans, en bo 1.293mmol/l vir vrouens.
  • Trigliseried vlakke onder 3.88mmol/l
  1. Beheer jou bloedsuiker vlakke
Die heel beste ding wat jy kan doen om diabetiese hartprobleme te voorkom is om die wortel van die probleem aan te spreek. Siende dat diabetes die oorsaak is, moet ons terug gaan na die oorsaak van diabetes en dit aanspreek. En dit is natuurlik onbeheerde bloedsuiker vlakke. En hoe doen mens dit? Om diabetes onder beheer te kry moet jy n besluit maak om positiewe leefstyl veranderings te maak. Diabetes is nie iets wat oornag ontstaan nie, en dus is daar ook nie n oornag oplossing nie. Kom ons kyk hoe mens dit met gesonde leefstyl besluite kan oorkom Eet reg en gesond
Maak seker jy kry n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik.
Kry genoeg van die regte oefening
Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter. Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel. Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit. Manna Blood Sugar Support
Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef n klomp insulien vry te laat nie.
Nog n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Volg n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.
Neem dan n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.
As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

Waar kan ek Manna Blood Sugar Support koop?

Koop Nou Groen Large
blood-sugar-support-diabeet-afrikaans-02
On:
person Posted By: Manna Team list In: Diabetes
Tags: diabetes

Related Articles

On:

8 Wenke Om Diabetiese Hart Probleme Te Vermy

list In: Diabetes
Diabetes verhoog die kans van hartprobleme. Dit is beslis een van die ernstigste komplikasies wat met diabetes gepaard gaan, en een wat onmiddellik na gekyk...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

9 Tekens Van Onbeheerde Bloedsuiker Vlakke

list In: Diabetes
Onbeheerde bloedsuiker vlakke kan lei tot ernstige en gevaarlike gevolge.Wanneer bloedsuiker vlakke nie beheer word nie, kan dit gesondheid kondisies soos...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

5 Skadelike Oogprobleme As Gevolg Van Diabetes

list In: Diabetes
Dit klink dalk vergesog dat diabetes oog probleme kan veroorsaak, tog is dit die grootste oorsaak van blindheid by mense bo die ouderdom van 20 jaar...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec

Comments

No comment at this time!

Leave your comment

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday January February March April May June July August September October November December