Featured Product


Deesdae hoor mens al hoe meer van vriende, familie, of kennisse wat gediagnoseer word met insulien weerstandigheid.

Maar weet ons werklik wat dit is? Of hoe dit veroorsaak word? En watter gevare dit inhou vir ons gesondheid? Kom ons kyk bietjie wat insulien weerstandigheid is... 

Wat is Insulienweerstandigheid?

Om dit kortliks te stel, is dit ‘n gesondheidsprobleem wat ontstaan wanneer die selle in die liggaam weerstandig raak teenoor ‘n hormoon insulien. Hierdie weerstand word gebou deur bloedsuiker vlakke wat die heeltyd op en af gaan. 

Wat laat die bloedsuiker vlakke opgaan?

Die bloedsuiker word so op en af gejaag deur leefstyl gewoontes. Dit is dinge soos wat ons eet (of nie eet nie), en hoe aktief ons is.

Terwyl oefening ‘n mens kan help om bloedsuiker vlakke beter te beheer, is die grootste sondebok maar dit wat ons in ons mond sit. Die kosse wat die bloedsuiker vlakke die meeste laat opskiet kan as volge geklassifiseer word:

  • Verfynde koolhidrate – Dit kom voor in kosse soos witbrood (en self die bruinbrood en sommige “gesonde” brode!), rys, pasta, en ander soort kosse van hierdie aard.
  • Suiker – Dit is nie net die goed wat ons in ons koffie gooi nie, suiker is oral! Dit is in koeldrank, vrugtesap, ontbytpap, koekies, lekkergoed, selfs goed wat nie soet proe nie soos tamatiesous en ander souse (Selfs slaaisous!), pakkies aartappelskyfies, en nog vele meer sulke skelm plekke!
  • Geprosesseerde kos – Dit is nou dinge soos kitskos restaurante, sekere geblikte kosse, sommige kouevleis, ens.  

Hierdie is ‘n groot probleem siende dat insulien verantwoordelik is daarvoor om die bloedsuiker vlakke in die liggaam gebalanseerd te hou.

Wanneer die selle dan weerstandig raak teenoor insulien veroorsaak dit konstante hoë vlakke van suiker in die bloedstroom, wat na vele ander gesondheidsprobleme kan lei.

Hoe veroorsaak dit dan insulien weerstandigheid?

Wanneer ons hierdie tipes kosse eet, skiet die bloedsuiker vlakke skielik die hoogte in en die liggaam moet ‘n klomp insulien vrystel om die bloedsuiker vlakke onder beheer te kry – dikwels baie meer as wat nodig is!

Wanneer dit oor en oor gebeur, verloor die insulien stelselmatig die impak wat dit het op die bloedsuiker, omdat die liggaam stadig maar seker weerstand teen dit opbou.

Dit beteken dan dat die insulien nie die bloedsuiker vlakke kan beheer nie, en dus word mens as insulien weerstandig gediagnoseer.

Dit is ook dan geen wonder dat insulien weerstandigheid hand-aan-hand met diabetes loop nie.

Wat is die simptome van insulien weerstandigheid?

Alhoewel daar geen duidelike simptome aan die begin mag wees nie, is hier ‘n paar tekens om voor uit te kyk...

  •           Aanhoudende dors.
  •           Gereelde urinering.
  •           Om nie vol te voel na ‘n ete nie.
  •           Tinteling of ‘n dooie gevoel in die hande en voete te danke aan senuwee skade.
  •           Om heeltyd moeg te voel.
  •           Hoë bloedsuiker vlakke.

Watter ander gesondheids gevare hou insulien weerstandigheid in?

  • Insulienweerstandigheid lei gewoonlik na die ontwikkeling van tipe-2 diabetes.
  • Insulienweerstandigheid word dikwels geassosieer met ander ernstige kwale soos vetterige lewer siekte, arteriosklerose, acanthosis nigricans, en probleme in vrouens se voortplanting funksie.
  • Insulienweerstandigheid mag ook dalk deel vorm van die metaboliese sindroom, wat kan lei tot a baie groter kans om hartsiekte te ontwikkel.  
  • Nie net kan insulien weerstandigheid tot ander gesondheidsprobleme lei nie, maar dit kan ook andersom werk. Dit wil sê dat insulien weerstandigheid ook kan veroorsaak word as gevolg van ‘n ander, reeds-bestaande siekte of gesondheidsprobleem. 

Wat kan insulien weerstandigheid vererger?

Insulienweerstandigheid kan ontwikkel as gevolg van verskeie faktore

  • Sekere medikasie
  • Vetsug of self net oorgewig wees
  • Swangerskap
  • Infeksie of ernstige siekte
  • Spanning
  • Inaktiwiteit
  • Steroïede gebruik

Hoe Word Insulienweerstandigheid Gediagnoseer?

Gewoonlik is dit genoeg om slegs die vastende bloedsuiker vlakke en insulien vlakke te meet. Dit behoort ‘n duidelike aanduiding te gee dat daar insulien weerstandigheid of diabetes teenwoordig is of nie.

Indien iemand wel nie aan insulien weerstandigheid ly nie, kan ‘n gekwalifiseerde mediese dokter toetse doen om te bepaal hoe groot die risiko is om insulien weerstandigheid te ontwikkel. Dit word gedoen deur ‘n ondersoek te doen oor die volledige geskiedenis van siektes in die familie, ‘n fisiese ondersoek uit te voer, en eenvoudige laboratoriumtoetse gebaseer op individuele risikofaktore te doen.

Hoe kan ek insulien weerstandigheid voorkom of beveg?

Die antwoord is: Gesonde lewens besluite. 
Die beste manier om insulien weerstandigheid te voorkom is om gesonde lewenskeuses te maak deur ‘n goeie, gesonde eetplan te volg, genoeg oefening te kry, en om seker te maak dat die bloedsuiker en cholesterol vlakke gebalanseerd is.

Al die bogenoemde is nog meer belangrik indien iemand reeds met insulien weerstandigheid gediagnoseer is, want dan is die kanse baie groot om tipe-2 diabetes te ontwikkel. Dit is belangrik om te onthou dat tipe-2 diabetes baie meer is as slegs ongebalanseerde bloedsuiker vlakke – dit stel mens oop vir baie ernstige gesondheidsprobleme soos hartsiekte, asook probleme met die niere, oë, en senustelsel.

Eet reg en gesond–

Maak seker om 'n groot verskeidenheid van gesonde kosse in te kry om doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis 
Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om te help om daardie gewigsverlies teiken te bereik.

Kry genoeg van die regte oefening –

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ‘n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter.

Ons hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; ons kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien ons nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan ons dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel.

Ons stel voor om twee keer per week weerstand oefening, soos gewigoptel, by die roetine insluit.

Manna Blood Sugar Support –


Maak seker die bloedsuiker vlakke is onder beheer deur slegs kos met ʼn lae Glukemiese Indeks (GI) waarde te eet (
Manna Dieët) en ook ʼn goeie oefen program te volg.

Deur die 
Manna Blood Sugar Support saam met kos te neem, kan ons die GI van enige kos wat ons eet verlaag, en sodoende insulien vlakke ook verlaag, wat dan help om insulien weerstandigheid en diabetes te voorkom.

Manna Blood Sugar Support
 word gemaak van die peule vanaf die Suid-Afrikaanse Mesquite boom, en volgens gepubliseerde wetenskaplike navorsing kan die produk help om gestabiliseerde en gesonde bloedsuiker vlakke te bevorder en behou.
 
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer ons probeer om die bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die 
Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om die bloedsuikervlakke op te laat skiet.

Volg ‘n gesonde dieet soos die een in die GRATIS 
Manna Dieet e-boek.

Neem dan ‘n 
Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat die bloedsuiker deur die dak skiet.


Om bloedsuikervlakke te balanseer en insulien weerstandigheid bestry,

kry Manna Blood Sugar Support  by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

 
Koop Nou Groen Large

 

 

Wat die Manna Blood Sugar Support Gebruikers te sê het:

Joyce – "Amazing!!! I am fitting in pants I haven’t worn in years… getting light on my feet. Enjoying all the compliments i receive… I have watched my colleague loose so much weight in front of my eyes and i ask myself 'what have i got to loose except for the fat' :) I tried it and it works… I recommend 'The Blood Sugar Support' to everyone."

Estelle – "I am a diabetic and Blood sugar support helped me to stop the “munchies”. With all the postal problems Manna’s hassle free delivery service is wonderful."

Denve – "I have been using Manna for the past year and have lost over 30kg for the year. Manna Shake replace my lunch and 2 pills before each meal. I’m feeling great thanks Manna! You ROCK!"

Maryna Goosen – "A while ago I thought that I had a cholesterol problem after taking a test. I scanned the internet and found a manna add and bought the product. When I found out that my cholesterol was OK, my husband started using it as he has high blood pressure and manna is supposed to work for that too. He stopped the normal high blood pressure medication, but monitored his high blood pressure daily for a few months. He also does not feel well at all if he don't use the product, therefore we ensure that we always have it in stock."

On:
person Posted By: Pieter Coetzee list In: Insulin Resistance

Related Articles

Comments

No comment at this time!

Leave your comment

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday January February March April May June July August September October November December