Featured Product

Menopouse-en-Vergeetagtigheid
Baie vroue wat menopouse nader, kla van geheueverlies, vergeetagtigheid en dat hulle sukkel om te konsentreer. Karsleutels wat weg is, afsprake of verjaarsdae wat vergeet word, of om die draad van n storie te verloor, kan dalk as toevallig beskou word, maar dit kan geweldig ontstellend wees vir vroue wat nog altyd in beheer gevoel het. Hierdie vergeetagtigheid is egter n normale simptoom van menopouse wat geassosieer word met lae vlakke van estrogeen en ho vlakke van stres. Die meeste vroue wat deur menopouse gaan, ervaar vergeetagtigheid as een van die mees ontstellende simptome. Dit kan tot baie wanopvattings lei, soos dat vergeetagtigheid n aanduiding van n veel ernstiger probleem is. Vergeetagtigheid is egter bloot die gevolg van hormoonskommelinge wat tydens menopouse plaasvind en is selde iets om oor bekommerd te wees. Oor Vergeetagtigheid
Definisie
Geheue word gedefinier as verstandelike vermo of die vermo om feite, gebeure, indrukke of vorige ervarings te onthou of te herroep. Vergeetagtigheid is dus kort tydjies wanneer n persoon hierdie verstandelike vermo of vermo om inligting te onthou of te herroep, verloor. Twee soorte geheue word benvloed by vroue wat vergeetagtigheid ervaar: korttermyn geheue en onlangse geheue. Vroue wat met vergeetagtigheid sukkel, noem dat hulle brein dof voel as hulle probeer om te onthou waar hulle byvoorbeeld hul sleutels neergesit het. Die onthou van name, datums en adresse kan moeilik wees vir vroue wat gedurende menopouse aan vergeetagtigheid ly, veral wanneer sy pas daardie inligting ontvang het. Tipes geheue
Geheue word meestal in twee kategorie verdeel: kort- en langtermyn geheue. Daar is in der waarheid verskeie tipes geheue waaruit die ongelooflik komplekse funksie van geheue bestaan. Die verskillende tipes geheue hier onder sal jou n beter idee gee van die verskillende funksies wat geheue vervul.
  • Korttermyn geheue
Die vermo om inligting vir kort oomblikke te onthou, soos n telefoonnommer vir die tydjie wat dit neem om die nommer te skakel.
  • Onlangse geheue
Die vermo om dag-tot-dag gebeure te onthou, soos wanneer nuwe inligting geleer word.
  • Sensoriese geheue
Die vermo om reuke, klanke en beelde te herken.
  • Langtermyn geheue
Langtermyn geheue het met dinge in die verlede te doen, en staan in engels ook bekend as remote memory.
  • Verklarende geheue
Dit is die vermo om die betekenis van woorde, feite en algemene kennis van die wreld te onthou.
  • Prosedurele geheue
Dit is die vermo om motoriese vaardighede hoe om dinge te doen - te onthou, soos hoe om te loop, fiets te ry of te eet. Simptome van vergeetagtigheid
Die primre simptoom van vergeetagtigheid is die onvermo om inligting te onthou wanneer jy wil, maar daar is ook ander, sekondre simptome van vergeetagtigheid.
  • Sukkel om te konsentreer
  • Vergeet n onlangse gebeurtenis en onthou dit later
  • "Dowwe" denke
Wanneer n vrou eers daarvan bewus is dat sy vergeetagtig is, sal dit baie help as sy meer uitvind waarom dit gebeur. Oorsake van Vergeetagtigheid
Daar kan verskeie oorsake wees van vergeetagtigheid by menopousale vroue. Hormonale Oorsake
Net soos baie ander menopousale simptome word vergeetagtigheid grootliks veroorsaak deur n hormonale wanbalans. Vergeetagtigheid kan ook n kombinasie wees van ander menopousale simptome wat n vrou se konsentrasievlak en geestelike behoud benvloed. Estrogeen Vergeetagtigheid
Vergeetagtigheid is n algemene verskynsel by vroue tydens peri-menopouse. Soos n vrou haar menopouse nader, begin sekere hormoonvlakke in haar liggaam afneem. Hierdie verminderende vlakke, veral in estrogeen, kan verskillende uitwerkings op n vrou se liggaam en gees h. Estrogeen speel n sleutelrol in die geval van vergeetagtigheid. Dit het n groot invloed op die funksies van die brein en dit benvloed taalvaardighede, gemoedstoestand, aandag en n aantal ander funksies, insluitend geheue. Estrogeen word direk gekoppel aan verbale woordvlotheid of die vermo om name en woorde te onthou. Dit is dus geen wonder dat n vrou se geheue daaronder sal ly wanneer haar estrogeenvlakke begin daal nie. Risikofaktore
Hoewel hormoonskommelinge die mees algemene oorsaak van vergeetagtigheid by menopousale vroue is, kan ander risikofaktore ook hierdie simptoom veroorsaak, soos:
  • Oormatige hoeveelhede alkohol
  • Sommige medikasie (bv. slaappille, anti-depressante, bloeddruk- en hartmedikasie, pynstillers en kalmeermiddels)
  • Vitamientekorte
  • Swak diet
  • Tekort aan slaap
  • Oormatige werklading
Behandelings vir Vergeetagtigheid
Gelukkig is vergeetagtigheid meestal nie iets waarmee n vrou permanent saam hoef te leef nie; behandeling is beskikbaar. Gewoonlik word n vrou aangeraai om met die minste indringende metode te begin en dan later meer drastiese behandelings te oorweeg as die simptome nie verbeter nie. Leefstylveranderinge
Leefstylveranderinge kan gemplementeer word by n vrou se lewe, soos aanpassings aan haar diet of n ander oefenprogram. n Gebalanseerde diet sluit byvoegings in soos omega-3 vetsure wat n vrou se konsentrasie kan aanhelp. n Groot verskeidenheid vrugte en groente is ook nodig om geheue-bevorderende antioksidante en vitamiene B, C, D en E in te kry, wat almal belangrik is vir behoorlike breinfunksie. Daar is bewys dat brein oefeninge en speletjies, soos blokraaisels en Sudoku , geheue kan verbeter. Oefening (veral stap) en genoeg slaap help baie met geheue. Alternatiewe medisyne
Omdat die primre oorsaak van vergeetagtigheid in menopousale vroue n afname in estrogeenvlakke is, is die beste manier om dit te beheer om die fundamentele hormoon wanbalans aan te spreek. Natuurlike aanvullings kan n veilige en effektiewe behandelingsopsie wees. Probeer die Manna Menopause Support aanvulling om estrogeenvlakke op n natuurlike manier te verhoog, sonder enige newe effekte.
Menopause-Support-2017
On:
person Posted By: Manna Team list In: Menopause

Related Articles

On:

7 Kosse Om Menopouse Af Te Weer

list In: Menopause
Kan mens ooit genoeg doen om menopousale warm gloede af te weer? Menopousale warm gloede kan regtig n demper op jou dag plaas of n goeie nagrus in n...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

7 Kosse Wat Menopouse Warm Gloede Beveg

list In: Menopause
Kan jy ooit genoeg doen om warm gloede af te weer? Menopousale warm gloede kan regtig n demper op jou dag plaas of n goeie nagrus in n nagmerrie laat...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec

Comments

No comment at this time!

Leave your comment

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday January February March April May June July August September October November December