Featured Product

Middellyf Vet: 'n Groot Diabetes TekenDit is ‘n skrikwekkende stelling – maar dit is baie waar!


Diabetes en gewig wat rondom die maag gedra word kan direk na mekaar verbind word.


Maagvet is soveel meer as net iets wat oor ons swembroek uitpeul in die somer, en ons jeans te styf laat sit in die winter.
Dit is beslis ‘n teken van iets baie erger….
Wanneer daar ‘n oormate van maagvet teenwoordig is, beteken dit dat daardie ver ook dieper gaan as net rondom die vel, en dat dit die organe omring.
Dit kan dan lei tot baie gevaarlike siektes, maar een van die mees algemeen en ook mees gevaarlik hiervan is tipe 2 diabetes.
 

Is maagvet meer gevaarlik as ander vet?  


In kort: ja, dit is.
Die grootste rede hiervoor is waarskynlik omdat dit tot lewersiekte kan lei. Hoewel vet in ander dele van die liggaam alles behalwe skadeloos is, plaas dit jou nie in so ‘n gevaar nie.
Maagvet is baie meer as wat ons op die oog af sien. Dit omring al die organe in die buik. In die geval van die lewer, dreineer die bloed wat deur hierdie vet vloei direk in die lewer deur die portale aar.
Dit beteken dat die gevaarlike stof wat deur die maagvet vervaardig word, direk na die lewer gaan. Dit kan die risiko van vetterige lewersiekte en hepatitis B verhoog.
 

Hoe weet ek dat ek te veel maagvet het?


Almal het ‘n unieke bouvorm. Vir ‘n normale grootte persoon sal die volgende ‘n aanduiding van te veel maagvet wees:
Mans: ‘n middellyf omtrek van 102cm of groter.
Vroue: ‘n middellyf omtrek van 88cm of groter.
 

Hoe veroorsaak maagvet tipe 2 diabetes?


Wat dit ‘n taai toffie maak om te hanteer is die feit dat dit nie bekend is hoe presies maagvet lei tot diabetes nie. Maar die feit bly staan dat talle en NOG talle studies al bewys het dat te veel maagvet keer op keer eindig in tipe 2 diabetes.
So die beste ding wat ons kan doen is om die maagvet – wat die oorspronklike oorsaak van die probleem is – weg te werk. 
 

Dit is nie altyd maklik om maagvet te verloor nie – maar dit is beslis die moeite werd.


Om gewig te verloor is meer as net te probeer goed lyk in ‘n bikini. Maagvet kan lewens-gevaarlik wees.
Daar is tot onlangs nog geglo dat vet relatief passief is. Dit is gesien as niks meer as gestoorde energie nie. Maar onlangse navorsing dui egter daarop dat vetselle biologies aktief is.
 
Hulle stel verskillende hormone en chemikalieë vry wat byna elke orgaan in die liggaam beïnvloed.
Onder normale omstandighede is hierdie hormone en chemikalieë daar om te help om jou gesond te hou. As jy egter oorgewig is, is daar baie meer vetselle wat veel groter is.
Dit beteken hulle stel baie meer van hierdie hormone en chemikalieë af, en te veel daarvan kan skadelik vir die liggaam en sy funksies wees. Dit kan lei tot ‘n groter risiko vir gesondheidskwessies soos diabetes, hartsiekte en selfs kanker.
 

So hoe raak ek dan ontsale van maagvet?


Eet gesond. Bly aktief. Neem die regte aanvullings. Kry genoeg rus. Met die regte kombinasie kan jy verby maagvet werk en jou kanse om ernstige gesondheidskwessies te ontwikkel, verminder.
Dieët:
Die eerste ding wat jy moet doen is om jou daaglikse kalorie inname te verlaag. Ons kan dit doen deur ons porsiegrootte effens te verminder, en dan kan ons ongesonde kosse met gesonder kosse (wat laer in kalorieë is) vervang. Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry. 
Oefening:
‘n Dieët gaan nie baie effektief sonder oefening wees nie. Daar word aanbeveel dat jy vir ten minste 30 minute per dag, 5 dae per week moet oefen.
Oefening hoef nie vervelig of uitdagend te wees nie. Jy kan ‘n ent in die veld gaan stap of ‘n “power walk” langs die strand onderneem en op so ‘n manier jou oefening inkry. Die belangrike ding is om dit vir jouself opwindend te maak.
 
Slaap:
Die uitwerking van ‘n goeie nagrus word heeltemal onderskat. Selfs een nag van slegte slaap kan jou gewigsverliespogings benadeel.
Manna Blood Sugar Support:
Een van die grootste dinge wat mense miskyk is om bloedsuiker vlakke stabiel te hou. Wanneer bloedsuiker vlakke nie onder beheer is nie, is dit bitter moeilik om gewig te verloor. 
Dit is waar die Manna Blood Sugar Support inkom en jou help…
 
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

Kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:



Koop Nou Groen Large
On:
person Posted By: Manna Team list In: Diabetes
Tags: diabetes

Related Articles

On:

8 Wenke Om Diabetiese Hart Probleme Te Vermy

list In: Diabetes
Diabetes verhoog die kans van hartprobleme. Dit is beslis een van die ernstigste komplikasies wat met diabetes gepaard gaan, en een wat onmiddellik na gekyk...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

9 Tekens Van Onbeheerde Bloedsuiker Vlakke

list In: Diabetes
Onbeheerde bloedsuiker vlakke kan lei tot ernstige en gevaarlike gevolge.Wanneer bloedsuiker vlakke nie beheer word nie, kan dit gesondheid kondisies soos...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

5 Skadelike Oogprobleme As Gevolg Van Diabetes

list In: Diabetes
Dit klink dalk vergesog dat diabetes oog probleme kan veroorsaak, tog is dit die grootste oorsaak van blindheid by mense bo die ouderdom van 20 jaar...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec

Comments

No comment at this time!

Leave your comment

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday January February March April May June July August September October November December