Featured Product

Die Eerste Simptome van Diabetes
Tipe-2 diabetes kan ernstige gevolge inhou.


Dit is hoekom dit uiters belangrik is om dit so vroeg as moontlik te kan identifiseer.

Hoe vroeër ons dit kan raak sien, hoe vroeër kan ons begin om dit te behandel – en as ons gelukkig is, kan ons dit dan sonder te veel moeite onder beheer kry.

So wat is die vroeë tekens van tipe-2 diabetes?

  1. Konstante dors:
Die bogenoemde proses lei tot die dehidrasie van die liggaam, wat sodoende ‘n konstante dors veroorsaak.
Wanneer ons dan meer vloeistof inneem om die dors te les, vererger dit net die urinering soos genoem in die vorige punt.
 

  1. Baie Gereelde Honger:
Dit is veral duidelik as mens nog honger is selfs direk na ‘n maaltyd.
Insulien help met die vervoer van glukose na die liggaamselle. Wanneer die selle meer bestand is teen insulien, kan glukose nie die selle bereik nie en word die selle van glukose en ontneem.
Dit veroorsaak konstante honger, selfs direk na ‘n ete.
Waarom is ons ALTYD honger? Hier is 9 goeie redes…
 

  1. Gereelde urinering:
Diabetes veroorsaak dat oortollige glukose (suiker) opbou in die bloedstroom. Dit veroorsaak dat die niere harder moet werk om die oormatige hoeveelheid glukose te filtreer en te absorbeer.
As die niere nie kan byhou met die verwerking van al die glukose nie, word die oortollige glukose, sowel as vloeistowwe wat uit die liggaamsweefsel getrek word, uitgeskei deur urinering. Dit veroorsaak meer gereelde urinering as normaal.
 

  1. Moegheid:
Dit is so ‘n moeg, uitgeputte gevoel waar jy fisies en soms selfs emosioneel swak voel. Dit word veroorsaak deur meer as een faktor.
Faktore sluit in: die konstante urinering en daaropvolgende dehidrasie, asook die liggaam se onvermoë om te werk soos dit moet omdat suiker nie behoorlik gebruik word om energie te produseer nie.
10 Ways to Boost Your Energy Levels...
 

  1. Onduidelike Visie:
Onduidelike visie is dikwels ‘n teken van diabetes. Dit is as gevolg van dehidrasie oor ‘n lang tydperk waar hoë bloedsuiker vlakke die vloeistof uit die ooglense trek. Dit veroorsaak dan dat die oë nie behoorlik kan fokus nie. As dit nie behandel word nie, kan diabetes die retina beskadig en lei tot verswakte visie of self blindheid.
Leer Hoe om Diabetiese Oog Probleme Raak te Sien...
 

  1. Stadige Genesing van Sere en Kneusplekke:
Dit is as gevolg van die hoë bloedsuiker vlakke wat die senuwees beskadig en dan sodoende die bloedsomloop verswak. Dit kan veral opgemerk word op die bene en voete.
 

  1. Gis infeksies:
Diabetes kan baie infeksies soos gis infeksies, vel infeksies, urine infeksies, of tandvleis- en mond infeksies veroorsaak.
Dit is as gevolg van diabetes wat die bloedsomloop en senuweestelsels beskadig.
 

  1. Jeukerige Vel:
Die mees algemene vorm van hierdie jeukerigheid kom gewoonlik in die vaginale- of lies-gebied voor.
Oorsake van die jeuk kan infeksie, droogheid, of swak bloedsomloop wees.
Dit is nie ongewoon om ‘n jeukerige gevoel in die geslagsgebied te ervaar wanneer hoë bloedsuikervlakke teenwoordig is nie.
‘n Teken van vroeë diabetes is jeuk in die onderste gedeelte van die bene.
 

  1. Gevoelloosheid of Tinteling in die Ledemate:
Hoë bloedsuikervlakke kan ‘n tintelende gevoel in die arms, bene, hande, en voete veroorsaak as gevolg van skade aan die senuweestelsel.
Dit staan bekend as neuropatie. Hierdie simptoom verskyn dikwels eers na ‘n paar jaar, en as dit dan dus een van jou simptome is beteken dit jy moet DRINGEND iets aan jou bloedsuiker vlakke doen.
Hier is 6 Voet Probleme Veroorsaak Deur Diabetes...

 

So hoe maak ek as ek hierdie simptome het?

Jy begin dit so vinnig moontlik onder beheer kry! Elke dag wat jy nie iets doen om dit te beheer nie, is nog 'n dag wat dit vererger en wat dit moeiliker word om te beheer. 
Om tipe-2 diabetes onder beheer te kry moet ons die wortel van die probleem aanvat: hoë bloedsuiker vlakke. 
En die hoof rede vir hierdie hoë bloedsuiker clakke is 'n ongesonde leefstyl. So as ons dit wil regmaak, moet ons 'n paar veranderinge maak aan ons leefstyl en so 'n paar gesonde gewoontes aanleer.
Kan Tipe 2 Diabetes Omgekeer Word?
 
Hier is 'n paar goeie riglyne om jou op die gesonde spoor te sit...
Eet Gesond
Kies kossoorte wat laag in vet en kalorieë en hoog in vesel is. Fokus op vrugte, groente en volgraanprodukte. Strewe na ‘n verskeidenheid om jou doel te bereik sonder om smaak en voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet eBoek af vir meer inligting, ‘n eetplan, resepte en raad om jou doel te bereik.

Kry Meer Oefening –
Mik daarna om elke dag 30 to 60 minute matige fisiese oefening te doen. Probeer om nie meer as 2 dae verby te laat gaan sonder om oefening te doen nie.
Voorbeelde: Stap elke dag teen ‘n stewige pas. Ry fiets. Swem ‘n paar lengtes. As jy nie tyd het vir ‘n lang oefen sessie nie, breek dit op in korter sesies versprei deur die dag of doen krtstondige hoë impak oefeninge, soos om voluit vir 1 minuut te hardloop en 1 minuut te rus – herhaal vir 8 keer.
Ons beveel ook aan dat jy weerstandsoefening, soos gewigoptel, 2 keer per week doen.

Verloor Oortollige Gewig –
As jy oorgewig is en jy verloor 5 tot 10 persent van jou liggaamsgewig – slegs 4.5 tot 9 kilogram as jy 90 kilogram weeg – kan dit die risiko verlaag om tipe 2 diabetes te ontwikkel. Om jou gewig binne gesonde perke te hou moet jy fokus op permanente veranderinge aan jou eet en oefen gewoontes.
Oefening hou net goeie voordele in, soos om gewig te verloor, ‘n gesonder hart, baie meer energie en in verbeterde selfbeeld.

Gebruik Manna Blood Sugar Support –
Manna Blood Sugar Support is die ideale aanvulling om bloed suiker vlakke te help beheer en om diabetes komplikasies te help voorkom.
Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete – dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.
 

Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.
As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:
 

Kry die Manna Blood Sugar Suppor by enige van hierdie plekke:

Koop Nou Groen Large

On:
person Posted By: Manna Team list In: Diabetes
Tags: diabetes

Related Articles

On:

8 Wenke Om Diabetiese Hart Probleme Te Vermy

list In: Diabetes
Diabetes verhoog die kans van hartprobleme. Dit is beslis een van die ernstigste komplikasies wat met diabetes gepaard gaan, en een wat onmiddellik na gekyk...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

9 Tekens Van Onbeheerde Bloedsuiker Vlakke

list In: Diabetes
Onbeheerde bloedsuiker vlakke kan lei tot ernstige en gevaarlike gevolge.Wanneer bloedsuiker vlakke nie beheer word nie, kan dit gesondheid kondisies soos...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

5 Skadelike Oogprobleme As Gevolg Van Diabetes

list In: Diabetes
Dit klink dalk vergesog dat diabetes oog probleme kan veroorsaak, tog is dit die grootste oorsaak van blindheid by mense bo die ouderdom van 20 jaar...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec

Comments

Created On Sunday, September 27, 2020 Posted By Pam Mbatha Comment Link
Hi. I am interested in using mannaplus products, problem i dont have that much understnding of afrikaans, can i receive all your messages in english pleas
Created On Thursday, September 10, 2020 Posted By francis fernandez Comment Link
Volgens die kliniek is my bloed suiker baie laag, maar ek het baie van dieselfde simptome. Kan ek dieselfde blood sugar support vir dit gebruik. Baie dankie
Created On Monday, September 7, 2020 Posted By John Comment Link
Dit is goed om die vroeë tekens te weet en dan daarvolgens te beplan .
Created On Monday, August 31, 2020 Posted By Maddi Comment Link
Thankyou so much I'm certain I am diabetic WHAT A DILEMMA.
MY spouse prepares the meals?

Leave your comment

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday January February March April May June July August September October November December