Featured Product

10 Gesondheidsfoute Wat Meeste Mans MaakNet omdat jy n man is, beteken dit nie jy is immuun teen al die bekende en onbekende kwale en gesondheidskwessies op die planeet nie.

Hier is n 10 dinge wat jy moet uit kyk voor.
  1. Die Dokter vermy
Jy weet reeds hoe om n paar kilogram te verloor en dus sny jy op die bier en aartappelskyfies. Wat meer is, jy voel goed. Mans is slim as dit kom by redes om nie dokter toe te gaan nie. Maar een van die belangrikste dinge wat jy kan doen vir jou gesondheid is om n afspraak by die dokter te maak, en daarvoor op te daag!
  1. Dink Jy Kan nie n Hartaanval kry nie
Die Groot Een is iets waaroor meeste mans bekommerd is vir hul pas of oupas. Maar die gevaar is ook daar vir jonger mans. As daar hartsiektes in jou familie is, kan dit jou selfs in jou 30s tref. Maak nie saak hoe oud jy is nie, maak n punt daarvan om jou hart goed op te pas.
  1. Ignoreer die Snork
Saag jy snags balke? Omtrent die helfte van mans wat snork het iets wat obstruktiewe slaap-apnee genoem word. Dit is meer as net iets wat jou bedmaat irriteer. Hierdie toestand kan jou vir n paar sekondes laat ophou asemhaal. Dit hou ook verband met hartsiekte en ho bloeddruk.
  1. Vermy die Sonskerm
Ons praat nie net van gholf- of stranddae nie. Jy moet elke keer wanneer jy uitgaan n produk met n SPF van 30 of meer aansmeer om velkanker te voorkom. Meeste mans smeer dit nooit op hul gesigte of enige ander deel van hul liggaam nie. Beskerm jouself.
  1. Weier om Hulp te Kry vir Impotensie
Moenie skaam wees nie. Probleme in die slaapkamer het niks met jou manlikheid te doen nie. Die kans is goed dat dit ook nie met jou gemoedstoestand te doen het nie. Die hoofoorsaak van impotensie is gewoonlik n gebrek aan bloedvloei na die penis. Dit kan ook n teken van hartprobleme wees, so skuif jou trots eenkant en sien die dokter. As jy weet jy het nie hartprobleme nie, probeer die Manna T-Boost saam met die Manna Blood Circulation Support om hierdie slaapkamerprobleme te help oplos.
  1. Drink die Mistroostigheid Weg
Meer vroue as mans raak depressief. Dit is deel van die probleem die idee dat dit n vroueprobleem is, verhoed dat die meer as 6 miljoen mans wat dit het, gaan hulp soek. As gevolg hiervan wend meer mans hulle tot dwelms en alkohol om hulle beter te laat voel. Dit maak die depressie soveel moeliker om raak te sien en te behandel. Kies eerder oefening en n natuurlike produk soos Manna Calmer (volwasse of ekstra weergawe) om stress en depressie hok te slaan.
  1. Gaan Saam met die Vloei
Hoeveel keer het jy vandag die badkamer besoek? Regtig, wie het tyd om telling te hou? Miskien moet jy. As jy meer as agt keer per dag of meer as twee keer snags gaan, kan dit meer as net n beslommernis wees. Dit kan n teken wees van n mediese probleem, soos n vergrote prostaat, ooraktiewe blaas (OAB), of selfs sekere vorms van kanker. Praat met jou dokter daaroor. Jy kan ook die Manna Andropause gebruik om te help met prostaatprobleme. Hierdie produk bevat natuurlike bestanddele wat op prostaatgesondheid fokus.
  1. Hou Jou Mond Toe
Vroue is meer geneig om roetine tandarts-ondersoeke te laat doen as mans. Maar mans moet ook gereeld die tandarts besoek. Nie net omdat hulle tandprobleme vroegtydig kan opspoor en vermy nie, maar omdat hierdie terugsit en ah s ook simptome van siektes soos diabetes, Crohn se Siekte, lupus en selfs leukemia kan toon.
  1. Bly By Vleis en Aartappels
Min mans kry genoeg vrugte en groente in gedurende die dag. Dokters beveel vier tot vyf porsies van elk aan as deel van n hart-gesonde diet. Asof dit nie genoeg is nie, verlaag die inname van hierdie gesonde kosse ook die kanse dat jy n beroerte, kanker of spysverteringsprobleme sal h. En dit reguleer jou bloedsuiker. Probeer die Manna Diet as n gesonde alternatief en om te help met bloedsuiker beheer.
  1. Daag die Noodlot Uit
Sommige ouens is lief daarvoor om te drink, rook, dobbel, vinnig te bestuur of om uit vliegtuie te spring. Natuurlik is dit pret, maar al hierdie dinge kan sleg wees vir jou gesondheid. Om die waarheid te s, mans is meer geneig om al hierdie dinge te doen as vroue. Hoekom? Sommige ouens drink meer, en dit meng in met hul oordeelsvermo. Ander spandeer eenvoudig minder tyd daaraan om bekommerd te wees oor die gevolge van hul dade. Soms is dit lonend om twee keer te dink. Manna T-Boost Afrikaans
On:
person Posted By: Manna Team list In: Andropause
Tags: gesondheid

Related Articles

On:

10 Gesondheid Foute Wat Mans Maak

list In: Andropause
Net omdat ons mans is, beteken dit nie ons is immuun teen al die bekende en onbekende kwale en gesondheidskwessies op die planeet nie. Hier is 'n 10 algemene...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

3 Key Natural Remedies for Male Menopause

list In: Andropause
Men also go through menopause.It might not be exactly the same as female menopause, but it can be just as devastating. The male version of menopause is...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec
On:

4 Body Changes During Andropause

list In: Andropause
Everybody thinks menopause is just for woman. Well think again!Andropause or, male menopause as it is sometimes called is what happens when a mans male...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec

Comments

No comment at this time!

Leave your comment

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday January February March April May June July August September October November December