Candida probleme?

Daar is ‘n magdom van fassinerende inligting beskikbaar oor Candida, maar die meeste daarvan is nie te vertrou nie. Party dieet veranderinge help om gis infeksie te beheer, maar dit kan nie so drasties wees as wat die inligting mense wil laat glo nie! Hier is hoekom:

Gis is oral, dit kom voor in die grond, in die velletjies van vrugte en bessies. Dit leef in jou liggaam, party gis is goed en ander nie. Die gis, gewoonlik verantwoordelik vir die infeksie by name Candida Albicans (Candida) kom in die liggaam voor.  Alhoewel dit ‘n gewone burger van die liggaam is word dit as ‘n opportunis beskou want beteken dat dit skade kan doen en buite beheer kan raak.

Die mees algemene rede vir Candida? Wel dit is die gebruik van antibiotika, meen die kenners.  Antibiotika vernietig goeie bakterie wat die liggaam beskerm teen die versameling van te veel gis. Ander toestande wat die vermeerdering van gis in die liggaam kan aanhelp is hormoon vervangings medikasie, swangerskap, diabetes en HIV.

Gis in kos is ‘n algehele ander spesie van Candida Albicans.  Gis wat goeie voedingstowwe bevat is fungi vry, en amper soos sampioene en ander geurmiddels wat ons by kos kan sit. Saccharomyces Cerevisiae is ‘n algemene gis wat al duisende jare in brood gebruik word. Ander variasies van Saccharomyces word gebruik om druiwesap te neem van sap na wyn.  Kombuch is ‘n tee wat gemaak word van gis met hoë voedingswaarde.  Daar is tipes gis wat tot gebruik word om mielies in ethanol te omskep! 

Wat kan ek doen om Candida te voorkom? 

Vermeerder die inname van Lactobacillus Acidophilus (L. acidophilus). Hierdie goeie bakterie in die ingewande verhoed dat Candida gis selle buite beheer vermeerder. Jammer, jy sal maar die etikette op jou kos moet lees. Kos soos melk en joghurt bevat Lactobacillus Acidophilus.

Kos wat ryk aan proteïne is versterk die immuun sisteem en verhoed die groei van gis selle wat buite beheer kan raak. Dit sluit in vis, pluimvee, vleis, eiers, lae vet maaskaas, joghurt, melk boontjies, neute en neutbotters.

Die helfte van die kos op jou bord moet uit groente bestaan! Gekook of rou(die beste) gee hierdie kos goeie bakterie vir jou ingewande en hou Candida onder beheer.

Rou knoffel by jou kos het anti-fungi en anti-bakterie eienskappe. Maak dit fyn en voeg dit by slaai souse en ander vars kos.

Oorweeg ‘n probiotiese aanvulling wat Lactobacillus bevat, die goeie ouens wat die groei van Candida teenwerk. ‘n Goeie betroubare aanvulling is Manna Gut Support.

Sny op die inname van ekstra suiker, eet vrugte en vermy eetgoed en drinkgoed wat suiker bevat.  ‘n Voorstel vir ontbyt is  lae suiker joghurt wat Lactobacillus kulture bevat.

In ‘n neutedop: 

  • Vermy die gebruik van te veel antibiotika.
  • Versterk jou ingewande met goeie bakterie in die vorm van kos wat aktiewe Lactobacillus kulture bevat.
  • Eet proteïne saam met elke maal.
  • Laai jou bord met groente!
  • Vul jou dieet aan met Manna Candida Support, want dit bied jou alles wat jy nodig het vir ‘n gesonde ingewande!

Candida Support

Print Friendly, PDF & Email