Gout toes

Jig kan effektief behandel word met ‘n aanpassing van jou dieët en met die gebruik van natuurlike aanvullings.

Jig val gewoonlik skielik en intens ‘n liggaamsdeel aan, en in meeste gevalle is die groot toon die slagoffer. ‘n Gewrig waar jig toeslaan toon rooi tekens van inflamasie.

Jig affekteer sowat 95% van mans en 5% vroue. ‘n Aanvanklike aanval van jig (50% persent behels die groot toon) kan aanhou vir ‘n paar dae en dan verdwyn, selfs sonder behandeling. Aanvalle mag wegbly vir weke, maande, jare en selfs glad nie weer terugkom nie.

Met ernstige en herhaalde aanvalle wat plaasvind oor ‘n lang tydperk kan skade aan die gewrigte, en die verlies van mobiliteit veroorsaak. Die groottoon is uiteindelik geraak in 90% van die gevalle. Die “hoe” om jig te behandel kan voorkoming verseker in die meeste gevalle.

Jig word dikwels geërf, dit word veroorsaak deur abnormaliteite in die liggaam se uriensuur wat nie verwerk kan word nie. Uriensuur vlakke word verhoog,  deur die eet van  purien-ryke voedsel soos vleis. Dit veroorsaak  die oorproduksie van uriensuur deur die liggaam, of indien die niere nie meer uriensuur uitskei nie.

Behandelings doelwitte sluit in die beëindiging van akute jig aanvalle, ‘n vinnige en veilige verligting van pyn en inflammasie en die voorkoming van toekomstige aanvalle. Asook die voorkoming van komplikasies soos die vorming van nierstene en skade aan die gewrigte.

Hoewel jig behandeling in die meeste gevalle suksesvol is en sonder komplisasies, word dit meer van ‘n uitdaging wanneer ander toestande saam met jig bestaan of indien ‘n pasiënt nie hou by ‘n aanbeveelde voorkomende leefstyl of verandering in medikasie inname nie.

Dieët aanpassings soos die vermindering van purien in die voedsel inname word aanbeveel asook die handhawing van voldoende vloeistof inname.  Gewigsvermindering en ook minder alkohol verbruik,en medikasie om hiperurisemia te verminder.

Die beste lewenstyl verandering is egter om ‘n suur/alkaliese dieët te volg en kos en drinkgoed wat die opbou van uriensuur veroorsaak uit te skakel.

Die Manna PH balans is ‘n uniek geformuleerde natuurlike produk,  wat oormaat uriensuur verhoed en permanente verligting bied vir jig aanvalle.

PH Balance-01

Print Friendly, PDF & Email

1 Comment

Comments are closed.