Manna Health Independent Distributors
  1. Die aansluitingsfooi is R 550, wat produkte insluit ter waarde van R 1000. (Jy kan slegs een maal aansluit).
  2. Klik op die skakel hieronder om jou begin-pakket te koop. Dit sal direk na jou gekoerier word. https://distributors.mannaplus.co.za/product/distributors-starter-pack/
  3. Sodra jy jou begin-pakket gekoop het en die bestelling verwerk is, kan jy begin met besigheid!
  4. Hoe die besigheid werk:
    1. Koop jou begin-pakket
    2. Wys die produkte vir mense (Moontlike kliënte)
    3. Neem bestellings vanaf jou kliënte
    4. Koop die nodige produkte aanlyn teen jou 30% Verspreider’s afslag 
    5. Verkoop die produkte teen die selfde prys as aangewys op die aanlynwinkel en pryslyste wat ons vir jou stuur.

Neem Kennis:

  • Jy kan ook die ”Best Deal” en ander kombo-pakkette met jou jou 30% afslag aankoop.

Reëls:

  • Hierdie besigheidsgeleentheid is daar om direk aan jou vriende, familie, ens. te verkoop, NIE aan winkels nie.
  • Jy moet ‘n minimum bedrag van R 500 (Na 30% afslag) aankoop om gratis koerier aflewering te ontvang. Met ander woorde, jou faktuur se totale bedrag na jou 30% afslag moet R 500 of meer wees.
  • Indien jy minder as hierdie bedrag spandeer, sal jy self die koerierkoste moet dek.
  • Aflewering neem 3 tot 5 werksdae nadat die bestelling verwerk is.
  • Ons het GEEN minimum bestelleings wat jy hoef per maand te plaas of verkope wat jy moet bereik in ‘n maand nie – dit is heeltemal jou eie besigheid wat jy teen jou eie pas kan bedryf. 

Bemarking:

  • Gesondheid Nuusbrief: Ons stuur ‘n weeklikse nuusbrief uit na ons kliënte wat jy dan weer kan aanstuur na jou kliënte.
  • Pamflette: 100 Pamflette word ingesluit by die begin-pakket, en daarna kan dit aangekoop word teen 36c per pamflet.

Sluit aan Button