
Daar is sekere simptome wat flitsende waarskuwings ligte is van diabetes.
In sommige gevalle kan die simptome stadig, oor ‘n lang tyd ontwikkel. Maar in ander gevalle kan dit skielik te voorskyn kom.
Wat ook al die geval mag wees, hier is die mees algemene simptome wat tekens van diabetes kan wees…
- Gereelde urinering:
Diabetes veroorsaak dat oortollige glukose (suiker) opbou in die bloedstroom. Dit veroorsaak dat die niere harder moet werk om die oormatige hoeveelheid glukose te filtreer en te absorbeer.
As die niere nie kan byhou met die verwerking van al die glukose nie, word die oortollige glukose, sowel as vloeistowwe wat uit die liggaamsweefsel getrek word, uitgeskei deur urinering. Dit veroorsaak meer gereelde urinering as normaal.
- Konstante dors:
Die bogenoemde proses lei tot die dehidrasie van die liggaam, wat sodoende ‘n konstante dors veroorsaak.
Wanneer ons dan meer vloeistof inneem om die dors te les, vererger dit net die urinering soos genoem in die vorige punt.
- Droë mond:
Dit is nog ‘n gevolg van die dehidrasie soos voorheen genoem, waar die gebrek aan vloeistof in die liggaam lei tot ‘n droë gevoel in die mond.
- Moegheid:
Dit is so ‘n moeg, uitgeputte gevoel waar jy fisies en soms selfs emosioneel swak voel. Dit word veroorsaak deur meer as een faktor.
Faktore sluit in: die konstante urinering en daaropvolgende dehidrasie, asook die liggaam se onvermoë om te werk soos dit moet omdat suiker nie behoorlik gebruik word om energie te produseer nie.
- Onverklaarbare Gewigsverlies:
Diabetes lyers verloor soms gewig, selfs al eet hulle die heeltyd. Dit lei tot gewig veranderings waar mens die heeltyd gewig verloor, dit optel, weer verloor, en so duur dit dan voort.
Hierdie gewigsverlies tydens diabetes kan toegeskryf word tot die gereelde urinering, omdat die glukose wat uitgeskei word kan gesien word as kalorieë wat verlore gaan in plaas daarvan dat die liggaam dit eerder effektief gebruik.
Konstante honger kan ook ervaar word aangesien diabetes veroorsaak dat die glukose nie jou liggaamselle bereik nie.
Die gesamentlike uitwerking is dan moontlik dramatiese gewigsverlies, wat veral die geval is in mense met tipe 1-diabetes. Tipe 2-diabetes lyers is nie geneig om soveel gewig te verloor nie.
- Onduidelike Visie:
Onduidelike visie is dikwels ‘n teken van diabetes. Dit is as gevolg van dehidrasie oor ‘n lang tydperk waar hoë bloedsuiker vlakke die vloeistof uit die ooglense trek. Dit veroorsaak dan dat die oë nie behoorlik kan fokus nie. As dit nie behandel word nie, kan diabetes die retina beskadig en lei tot verswakte visie of self blindheid.
- Hoofpyn:
Diabetes beïnvloed verskeie stelsels in die liggaam wat toestande kan veroorsaak wat hoofpyn veroorsaak.
Voorbeelde van sulke toestande is: probleme wat verband hou met die oë, hoë bloeddruk vlakke, hoë bloedsuikervlakke, en neuropatie.
- “Vrugtige” Asem:
Selle gebruik gewoonlik suiker om energie te produseer.
Omdat suiker nie behoorlik in die selle opgeneem word weens die ondoeltreffendheid van insulien nie, gebruik die liggaam eerder vet om energie te produseer.
‘n Spesifieke tipe ketoon in, asetoon, veroorsaak dat die asem ‘n “vrugtige” reuk het, amper soos dié van naellak verwyderaar.
- Meer Gereelde Honger:
Dit is veral duidelik as mens nog honger is selfs direk na ‘n maaltyd.
Insulien help met die vervoer van glukose na die liggaamselle. Wanneer die selle meer bestand is teen insulien, kan glukose nie die selle bereik nie en word die selle van glukose en ontneem.
Dit veroorsaak konstante honger, selfs direk na ‘n ete.
- Stadige Genesing van Sere en Kneusplekke:
Dit is as gevolg van die hoë bloedsuiker vlakke wat die senuwees beskadig en dan sodoende die bloedsomloop verswak. Dit kan veral opgemerk word op die bene en voete.
- Gis infeksies:
Diabetes kan baie infeksies soos gis infeksies, vel infeksies, urine infeksies, of tandvleis- en mond infeksies veroorsaak.
Dit is as gevolg van diabetes wat die bloedsomloop en senuweestelsels beskadig.
- Jeukerige Vel:
Die mees algemene vorm van hierdie jeukerigheid kom gewoonlik in die vaginale- of lies-gebied voor.
Oorsake van die jeuk kan infeksie, droogheid, of swak bloedsomloop wees.
Dit is nie ongewoon om ‘n jeukerige gevoel in die geslagsgebied te ervaar wanneer hoë bloedsuikervlakke teenwoordig is nie.
‘n Teken van vroeë diabetes is jeuk in die onderste gedeelte van die bene.
- Prikkelbaarheid:
Dit word veroorsaak deur die veranderinge in bloedsuiker vlakke, siende dat dit dikwels kan buierigheid of selfs net ‘n verandering in ‘n mens se bui veroorsaak.
- Gevoelloosheid of Tinteling in die Ledemate:
Hoë bloedsuikervlakke kan ‘n tintelende gevoel in die arms, bene, hande, en voete veroorsaak as gevolg van skade aan die senuweestelsel.
Dit staan bekend as neuropatie. Hierdie simptoom verskyn dikwels eers na ‘n paar jaar, en as dit dan dus een van jou simptome is beteken dit jy moet DRINGEND iets aan jou bloedsuiker vlakke doen.
- Erektiele disfunksie of impotensie:
Tipe 2-diabetes kan seksuele verwante probleme veroorsaak wat die seksdrang beïnvloed, erektiele disfunksie by mans veroorsaak, en probleme, ongemak of pyn tydens seks vir vroue veroorsaak.
Dit is weereens weens beskadigde senuwee- of bloedsomloop stelsels wat tydens seksuele omgang belangrik is.
- Vel Probleme:
As gevolg van die dehidrasie is vel irritasie baie algemeen. Bakteriese infeksies en swam infeksies is algemene probleme onder diabetes lyers.
Een van die mees algemene hiervan is ‘n infeksie bekend as “acanthosis nigricans”. Simptome van dit is donker kolle op die vel me fluweel-tekstuur. Dit kom veral te voorskyn in liggaamsdele soos die nek, lies, en onderarms.
Let op na vel veranderinge soos kolle, skubbe areas, blase, bultjies, uitslae, en verdunning of verdikking van die vel.
Wat moet ek doen as ek hierdie simptome ervaar?
As jy hierdie simptome ervaar is dit tyd om dringend aksie te neem en jou bloedsuiker vlakke onder beheer te kry!
Dit help dan om diabetes met al sy simptome te bestry deur die wortel van die probleem aan te spreek.
Hoe beheer ek my bloedsuiker vlakke?
Die beste manier om jou bloedsuier vlakke onder beheer te kry is deur gesonde, volhoubare leefstyl besluite te neem en daarby te hou.
Hier is die basiese riglyne daarvoor…
Eet reg en gesond–
Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik.
Kry genoeg van die regte oefening –
Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ‘n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter.
Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel.
Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit.
Manna Blood Sugar Support –
Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete – dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.
As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels: